Versamelname
'n Versameling boeke
vir die gebruik van die publiek word 'n __________ genoem. Daar staan 'n klomp
vuil koppies, pierings en borde in die kombuis – ek moet nou die __________
gaan was voordat 'n _________ vlieë daarop gaan toesak. Die klomp skoolleerders
storm by die trappe af. Hulle klink vir my nes 'n _________ wilde diere. Ons
___________ bestaan uit 'n ma, 'n pa en drie kinders. Ek wil baie graag saam
met sestig ander mense in 'n __________ gaan sing, terwyl ons deur 'n _________
begelei word. 'n Mens noem 'n pak van 500 velle papier 'n __________ papier. Ek
het vandag 'n _________ visse in die dam sien swem, maar het gou daarna huis
toe gegaan. Ek is bang vir die __________ rowers wat elke dag in die omgewing
toeslaan.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking