Mooi Melina
stap vinnig winkel toe om 'n dosyn eiers te gaan koop waarmee sy ses omelette
vir ontbyt wil maak.
Die naam Melina is 'n __________ naamwoord, en
spesifiek 'n __________, want dis die naam waarmee sy geïdentifiseer word. Die
woord winkel is 'n __________, want
dit benoem 'n ding, en die woord dosyn
is 'n __________, want dit is die naam van 'n groep dinge. Die woord mooi is 'n __________ naamwoord, want
dit beskryf 'n selfstandige naamwoord. Die woord 'n is 'n __________ lidwoord, want dit verwys nie na 'n bepaalde
ding nie. Die woord stap is 'n
__________, want dit dui 'n handeling aan. Die woord sy is 'n __________, wat dui op Melina, maar haar naam hoef nie
weer herhaal te word nie. Die woord omelette
is die _________ van die woord omelet. Die woord ses is 'n __________.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking