VERHOUDINGS
Coenie en sy
omstandighede
Hy
kom in opstand teen sy omstandighede en het al gewens hy was eerder dood.
Hy
is ongelukkig by die huis en skynbaar ook by die skool.
Coenie en sy ma,
Pat
Hy
noem meer as een keer dat sy vet geword het.
Hy
is geïrriteerd met haar onkunde.
Sy
is bang hy maak 'n krater van homself
Hy
is krities oor haar keuse van 'n tweede eggenoot."Ma het haar hart op 'n drip loop staan en verloor en dis nou
haar saak.Ons het ons lewens, sy het hare."
Hy
is krities oor die feit dat sy ma skynbaar stilletjies met die onderwyseres
gaan praat het oor sy inkennigheid.
Coenie en sy
suster, Mari
Coenie
beskou haar as 'n indringer in sy privaatheid.
Haar
teenwoordigheid in sy ruimte voorspel niks goeds nie.
Coenie
beskou Mari as 'n voortdurende irritasie ("Dis Mari, soos altyd") en
hy is ongeduldig en onsimpatiek teenoor haar.
Coenie/Mari en hul
stiefpa, Willem
Ma
Pat probeer die vrede bewaar tussen seun en stiefpa.
Coenie
is geïrriteerd met sy onkunde.
Hy
noem oom Willem 'n drip.
Hulle
dink hy het hulle ma verander.
Coenie
en Mari is krities oor sy slegte eetgewoontes: Coenie – vark, Mari – haas.
Mari:
"Ek hou nie van oom Willem nie. Kan Ma weer van hom skei?"
Coenie en Precious
Coenie
moedig haar aan om vas te byt en aan positiewe dinge te dink, selfs te bid.
Hulle
word 'n eie Waarheidskommissie waarin hulle mekaar van hul grootste smart
vertel.
Sy
probeer Coenie leer dat daar genesing vir sý probleem is, maar nie vir hare
nie. Ander se smart is dikwels veel erger as jou eie.
Volgens
Coenie suggereer haar naam dat haar lewe kosbaar is, ten spyte van haar
nagmerrie-ervaring vroeër in die jaar.
In
die kort rukkie wat hulle saam op hulp wag, leer hulle baie van mekaar en
mekaar se probleme ken.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking