Woensdag 23 Mei 2018

VAN PRECIOUS: 'N BUISIE SALF deur Maretha Maartens (Ruimte/Milieu)


RUIMTE/MILIEU

Coenie se huis
Die donker gang word met 'n grot vergelyk (hy voel dus bedreig in sy eie leefruimte); sy ma staan in die grot se bek.
Die toe kamerdeur dui op Coenie se behoefte om homself van ander mense af te sluit
Die privaatheid van sy eie kamer word bedreig deur Mari. "Sy is tien en vind 'n toe deur onweerstaanbaar. As 'n deur toe is, stamp en ruk daaraan. Hamer daarteen." Mari kom Coenie se kamer ongenooi binne. "Dit voorspel niks goeds" as sy op die leunstoel se armleuning gaan sit nie.
Die kamerspieël reflekteer nooit die volle prent nie; iets word gedurig afgesny (uitgesluit) en hy kan nie 'n geheelbeeld vorm nie; hy kan dus nie dinge in perspektief sien nie.

In die mikrobus
'n Beperkte ruimte waarin hulle hulself bevind.
Die redenaarskompetisie is die faktor wat hulle saambind – eenheid in verskeidenheid.
Reuke (toiletseep, reukweerder, skoenpolitoer) vermeng hier net soos die verskillende bevolkingsgroepe meng:
  • Coenie – Afrikanerseun
  • Solomon Chauke – swart seun
  • Vassilis Efstratoudakis – Griekse seun
  • Precious Bapela – swart meisie
  • Louise Alberts - Afrikanermeisie

Ten spyte van gedwonge samesyn sit Coenie doodstil en neem nie aan gesprekke deel nie.
"Arms en bene en lywe tol in die rondte soos wasgoed in 'n wasmasjien" as die mikrobus deur die reling bars en oor die rotse tuimel – alles is so deurmekaar dat 'n mens nie weet wat behoort aan wie nie. 

Die ongelukstoneel
Mevrou Buchner hou haar erg beseerde seun vas, Solomon probeer verbygangers se aandag trek en Louise en Vassilis probeer teen die skuinste uitklouter.
Vanweë hule beserings en die posisies waar hulle lê, bevind Coenie en Precious hulle noodgedwonge in mekaar se geselskap terwyl hulle wag om gered te word.
Coenie is bang Precious gaan dood en moedig haar aan om te probeer vasbyt. Hy besef dat hulle mekaar nie ken nie, al is hulle in dieselfde klas. Hy besef ook dat hulle uit twee verskillende wêrelde kom.
Coenie en Precious bieg hul geheime teenoor mekaar. Albei erken dat hulle al gewens het dat hulle dood kon wees.
Dit is asof hulle Coenie en Precious hul eie Waarheidskommissie is. Sy laat hom besef dat sy velprobleem net tydelik is en opgelos kan word, maar dat hare (verkragting) vir altyd 'n deel van haar sal wees. 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking