KARAKTERS
Ma Pat
Haar
seun dink sy het ten slegte verander, Sy het gewig opgetel; haar lojaliteit lê
nie meer by hulle nie, maar by oom Willem – "Ons het ons lewens, sy het
hare."
Sy
het vir Coenie 'n bedreiging geword deur agter sy rug met die onderwyseres te konkel;
sy versper die uitgang van die "grot".
Sy
erken dat sy haar nie vir haar seun wil skaam nie.
Stiefpa Willem
Sy
twee stiefkinders hou nie van hom nie.
Coenie
dink hy is onkundig en woon op 'n ander planeet.
Hy
is meerderwaardig en onder die dekmantel van raad gee, is hy eintlik baie
krities teenoor Coenie.
Hy
is geïrriteerd met Coenie: "Moenie vir jou opruk nie! Ons probeer net help!"
Hy
dink Coenie kan gerus vriendeliker wees en meer glimlag.
Suster Mari
Sy
hou niks van oom Willem nie – sy kritiseer sy eetgewoontes; sy wens haar ma wil
van hom skei.
Sy
respekteer nie Coenie se privaatheid nie.
Coenie vind haar irriterend.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking