KARAKTERS
Coenie
- Hy is 'n baie ongelukkige tienerseun met 'n swak selfbeeld.
- Hy het skynbaar vrede gemaak met die feit dat oom Willem 'n permanente deel van hulle lewens is – dis iets wat onvermydelik is. Tog lyk dit nie of hy gelukkig hieroor is nie.
- Hy is eensaam en dit lyk nie asof hy regtig vriende het nie.
- Sy liggaamstaal weerspieël 'n gevoel van minderwaardigheid en 'n gebrek aan selfvertroue.
- Hy walg van sy eie voorkoms; hy wil nie voor mense optree nie, en dink hulle vind sy voorkoms afstootlik. Sy spieël is beplak met vliegtuie en motorfietse; dit beperk wat hy van homself kan sien. Tog wil hy nie homself in die spieël aanskou nie (ironie). Hy vergelyk homself met die Ondier in die klassieke verhaal, hy noem homself 'n "monster". "Een van die dae sluip ek snags gebukkend tussen die struike rond; een van die dae brul ek my smart snags onder die volmaan uit."
- Hy het swak menseverhoudings en toon 'n gebrek aan respek.
- Dis vir hom moeilik om sy gevoelens met ander mense te deel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking