TITEL
Die
titel van hierdie verhaal dui 'n versoeningsgebaar aan, en kan in verband
gebring word met die Waarheidskommissie waarvan die doel was om versoening te
bring. Dit suggereer ook dat heling gaan plaasvind, 'n verdere doelstelling van
dié kommissie. Hier word oor kleur en kultuur na mekaar uitgereik om die lewe
vir 'n ander meer draaglik te maak. Die titel dui dus ook hoop vir die toekoms
aan.
Van Precious: 'n buisie salf is 'n formele titel vir 'n informele saak. Precious
belowe om vir Coenie die Maandag na die ongeluk 'n buisie salf skool toe te
bring wat moontlik kan help om sy velpropbleem op te klaar. Die titel laat dit
eintlik na 'n groot en belangrike geskenk klink. Let op die gebruik van die
dubbelpunt wat die leser inlig dat belangrike inligting volg – die buisie salf
is dus belangrik. So 'n klein dingetjie kan egter wel 'n groot geskenk word as
dit heling vir Coenie kan bring. Sy obsessie met sy lelike vel het al so erg
geword dat hy homself as 'n monster beskou en dat hy al gewens het dat hy
eerder dood was.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking