Woensdag 23 Mei 2018

VAN PRECIOUS: 'N BUISIE SALF deur Maretha Maartens (Karakters)


KARAKTERS

Precious

Sy is 'n talentvolle swart meisie wat 'n donker geheim saam met haar dra.
Sy is gewild: Sy het vriende by die skool en sy en Louise Alberts is skynbaar ook vriendinne.
Dit lyk of haar verhouding met haar broer beter is as Coenie s'n met Mari.
Na haar verkragting wou sy nie langer lewe nie; haar grootste triomf het daardie dag haar grootste nagmerrie geword.
Dit lyk asof Precious haar eie smart goed begin verwerk:
  • Aanvanklik het sy gewens sy gaan dood – "'n Mens moet eers verkrag word … om te kan weet … doodgaan is beter."
  • Nou sê sy: "Nou weet ek nie of ek regtig wil (doodgaan) nie" – die ongeluk en haar moontlike beserings is dus nie naasteby so erg as die verkragting nie.
  • Uiteindelik sê sy: "Ek bring dit Maandag vir jou saam" – sy glo dus dat sy vinnig van hierdie terugslag sal herstel. Die verkragtingservaring het haar dus sterker en positiewer gemaak om ander krisisse beter te kan hanteer.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking