UITDRUKKINGS
uit sy dop wou krap
|
Sy wou hom help om
minder skaam te wees.
|
diep in sy dop
wegkruip
|
Hy is baie
skaam/inkennig.
|
Die selfvertroue
moet uit jou straal.
|
Almal moet kan sien
dat jy baie selfversekerd is.
|
Jy moenie lyk asof
die hond jou in die saal ingedra het nie
|
Jy moenie pateties
lyk nie.
|
Niemand oorweeg dit
…
|
Niemand sal eers
daaraan dink om …
|
Sy vind 'n toe
kamerdeur onweerstaanbaar
|
As sy 'n toe
kamerdeur sien, wil sy weet wat binne aangaan.
|
omkyk-omkyk
|
Kyk die hele tyd
terug of jy agtervolg word.
|
Dit voorspel niks
goeds nie.
|
Hy verwag die
ergste.
|
om dop toe hou
|
om na te kyk
|
Hulle gesels asof
hulle op pad is na 'n piekniek.
|
Hulle is baie
vrolik en uitbundig.
|
Dis doodskiste met
nuwe enjins.
|
Alhoewel hulle
gemoderniseer is, is hulle baie gevaarlik.
|
Hy kreun soos 'n
gewonde dier.
|
Hy ervaar baie pyn.
|
Ek lê in 'n hangmat
van groen takke.
|
Hy lê tussen
struike wat sy val gestuit het.
|
Die berge bly
kantel.
|
Hy is duiselig
|
Byt vas
|
Wees sterk
|
uit die bloute
|
onverwags
|
Sy woon in 'n ander
wêreld as hy.
|
Haar
(sosio-kulturele) agtergrond is heeltemal anders as syne.
|
Sy maak 'n geluid
soos 'n hond wat in die straat raakgery is.
|
Sy kerm (tjank) van
die pyn.
|
Sy lig haar
wenkbroue.
|
Sy verstaan nie wat
hy bedoel nie.
|
wat die ander drie
se ware storie is
|
watter geheime
hulle wegsteek
|
Jou naam pas by
jou.
|
Jou naam sê dat jy
baie spesiaal is.
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking