Woensdag 23 Mei 2018

VAN PRECIOUS: 'N BUISIE SALF deur Maretha Maartens (Kortvrae)


KORTVRAE (VRAAG 1 – 11)

1.
1.1    Wat is die hoofrede waarom oom Willem nie van die tema van Coenie se toespraak hou nie? Sê in jou eie woorde.
1.2    Waarom voel hy dat die tema nie gepas is nie?

2.      Hoe bewys oom Willem kort hierna dat hy nie eintlik veel van die tema van Coenie se toespraak af weet nie?

3.      Hoe reageer Coenie op oom Willem en sy ma se onkunde oor die Waarheids­kommissie?

4.
4.1    Wat merk Coenie op wanneer sy ma aan die onderpunt van die gang teen die lig afgeëts staan?                                     
4.2    Waarom, dink jy, vergelyk Coenie die gang met 'n donker grot?

5.      Coenie se ma is bang hy maak 'n gek van homself tydens die redenaars­kompetisie. Hoe voel Coenie oor sy deelname?

6.      Coenie se ma konkel agter sy rug.
6.1    Met wie het sy gekonkel en wat was die uiteinde daarvan?
6.2    Waarom het sy ma agter Coenie se rug gekonkel?

7.
7.1    Watter raad gee oom Willem vir Coenie aangaande sy voorkoms tydens die redenaarskompetisie?                                                          
7.2    Waarom, dink jy, glimlag Coenie nie wanneer hy sy toespraak lewer nie? Gee twee moontlike redes.

8.
8.1    Waarom kan Coenie homself nie behoorlik in sy kamerspieël bekyk nie?
8.2    Waarom moet hy vandag op sy ken konsentreer wanneer hy in die spieël kyk?
                                                           
9.      Coenie het baie aknee op sy gesig.
9.1    Hoe laat dit hom voel?                      
9.2    Hoe verskil hy van die monster in Skoonlief en die Ondier?    
9.3    Hoe kan jy sien dat Coenie 'n kwaai probleem met aknee het?
9.4    Hoe, dink Coenie, sal meisies reageer as hy probeer om hulle die hof te maak?

10.    As watter soort mens sal jy Coenie se tienjarige sussie, Mari, beskryf na aanleiding van die karaktertrekke van haar wat Coenie opnoem? Gee net drie enkele beskrywende woorde.

11.    Jy het vroeër van die spanning tussen Coenie en oom Willem gelees.
11.1  Wat is Mari se gevoelens teenoor oom Willem?
11.2  Waar, dink Coenie, staan hy en Mari nou in hul ma se lewe?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking