Woensdag 23 Mei 2018

VAN PRECIOUS: 'N BUISIE SALF deur Maretha Maartens (Kortvrae)


KORTVRAE (VRAAG 12 – 22)

12.   
12.1 Waaroor is Louise Alberts bekommerd wanneer almal in die bussie inklim?
12.2  Waaroor is mevrou Buchner ten minste positief?

13.    Gee 'n moontlike rede waarom daar nie skoenpolitoer in Coenie-hulle se huis was nie.

14.    Coenie kommunikeer nie met die twee seuns aan weerskante van hom nie.
14.1  Wat doen hy om homself besig te hou?
14.2  Sê kortliks hoe die bevolkingsgroepe in die bussie saamgestel is.
14.3  Watter kontras is daar tussen die meisies en die seuns se optrede in die bussie?

15.   
15.1  Hoekom hou Coenie van Louise?
15.2  Hoe kan 'n mens sien dat sy 'n baie slim meisie is?
         
16.
16.1  Wie bestuur die bussie?
16.2  Wat het Solomon vroeër die aand oor die radio gehoor?
16.3  Watter effek het die stormwind net daarna op 'n grys bussie wat van voor af aangekom het?

17.   
17.1  Watter herinnering het deur Coenie se gedagtes geskiet terwyl die bussie besig was om teen die afgrond af te rol?
17.2  Waarom, dink jy, het Coenie spesifiek hiérdie herinnering gehad?
17.3  Haal 'n sin aan om te bewys dat Coenie gedink het hulle gaan almal sterf.

18.    Watter twee insittendes het skynbaar die ergste beserings opgedoen? Sê ook watter beserings hulle opgedoen het.

19.    Wat het gekeer dat die bussie nie verder gerol en almal se dood veroorsaak het nie?

20.    Watter soort besering het Precious Bapela blykbaar opgedoen?

21.    Hoe weet Coenie dat iemand hulle definitief sal kom help?

22.    Watter effek het die stamp teen Coenie se kop op hom gehad?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking