Dinsdag 24 April 2018

Kort skryftaak: Advertensie


Lees die onderstaande en voer dan die opdrag uit:



Koos wil sy huis verkoop. Hy vra 'n eiendomsagent om 'n advertensie op te stel. Die agent maak so en in die advertensie word 'n paleis van 'n huis beskryf.
Toe Koos die advertensie lees, vra hy verbaas: "Sjoe! Is dit regtig my huis dié?"
"Ja," sê die agent selfvoldaan.
"Kanselleer dan die verkoop," sê Koos. "Dis presies die huis waarna ek soek!"

[Uit: HUISGENOOT, 19 April 2018]



Jý is die eiendomsagent vir wie Koos gevra het om sy huis te bemark en te verkoop. Ontwerp en skryf nou 'n advertensie waarin jy al die goeie eienskappe van die huis noem om dit aanloklik vir kopers te maak. Die advertensie moet 80 - 100 woorde lank wees.  



Fokus in jou advertensie op aspekte soos die volgende:

  • Beskrywing van  die huis/noodsaaklike inligting oor die huis
  • Ligging/omgewing
  • Prys/deposito
  • Ander dinge wat die huis besonders en 'n goeie kopie maak.
  • Kontakbesonderhede

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking