Opsomming
|
Hattie ontmoet vir Gerhard tydens die Kersvakansie wanneer sy per ongeluk teen sy bene vasduik. |
|
Hulle bring daardie aand en die volgende dag (Kersdag) saam deur en doen allerhande dinge. |
|
Na Kersfees gaan Gerhard vir twee weke Maritius toe en Hattie mis hom vreeslik terwyl hy weg is. |
|
Hulle ontmoet mekaar eers die volgende jaar op die eerste skooldag – hulle is in dieselfde skool. |
|
Hattie en Gerhard se verhouding groei stadig – sy wil nie oorgretig in 'n verhouding instorm nie. |
|
Na 'n paar maande saam het Hattie en Gerhard seks op Hattie-hulle se seiljag en sy raak swanger. |
|
Sy besluit om 'n aborsie te ondergaan en Gerhard is baie bly, want hy is nie gereed vir 'n kind nie. |
|
Hattie vertel vir niemand anders van haar aborsie nie en sy is baie depressief en hartseer daaroor. |
|
Haar ma kan sien hoe ongelukkig en hartseer Hattie is en sy wil weet of sy 'n aborsie gehad het. |
|
Hattie ontken dit, maar haar ma besef intuïtief wat Hattie gedoen het en sy is baie ondersteunend. |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking