LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 24
DIE TOPPIE SONDER BATES
Inhoud
Tannie Bets bied vir Lien 'n agtiende verjaarsdagete aan. Haar ma, Braam, Wouter en Miemie is ook daar. Miemie dra 'n wulpse swart toppie, maar sy lyk duidelik ongemaklik daarin en dit doen nie veel vir haar afwesige bates nie. Wouter gesels gemaklik met haar ma en Braam en sy en Miemie gaan help tannie Bets in die kombuis.
Nadat tannie Bets weer aan alles geproe het, sê sy dat hulle moet aansit vir ete. Sy stel voor dat Wouter vir hulle wyn skink, maar dan besef sy dat hulle nie drank voor Lien se ma moet bedien nie. Lien se ma gee egter nie om as die ander wil wyn drink nie. Tannie Bets vra verskoning en stel voor dat hulle almal eerder vrugtesap drink en sy en Wouter gaan haal twee bekers vrugtesap uit die kombuis. Die aand is 'n groot sukses en daar word baie gelag en geskerts. Die kos en die geselskap is baie lekker en almal geniet hulleself in 'n ontspanne en aangename atmosfeer.
Lien is tevrede met haar agtiende verjaarsdagpartytjie, al is dit soveel anders as die meeste ander verjaarsdae waaroor daar by die skool gepraat word. Daar is nie nuwe motors, groot somme geld en baie drank soos by die ander partytjies nie. Lien luister in haar bed na Norah Jones se nuwe CD wat Miemie vir haar gegee het en sy wonder of sy haar ma, Braam en Wouter sal mis as sy nie meer hier is nie. Die woorde van Norah se liedjie suggereer dat sy eensaam sal voel, dus draai Lien vies om en probeer slaap.
In die video sit die seuntjie en dogtertjie by 'n verjaarsdagkoek met 'n blou vliegtuigie op. Die seuntjie druk sy vinger in die koek en dit lyk asof die dogtertjie op hom skree.
Hy kyk 'n rukkie besluiteloos na die skerm nadat die video opgehou het, soek dan na nog 'n kasset, maar dan skakel hy die televisiestel af.
Bespreking – enkele belangrike aspekte in hierdie hoofstuk
Tannie Bets gee vir Lien 'n ete vir haar agtiende verjaarsdag. Haar ma, Braam, Wouter en Miemie word ook genooi. Ten spyte van tannie Bets se aanvanklike verleentheid oor die wyn-kwessie, verloop die partytjie in 'n gesellige atmosfeer. Lien se ma lyk meer ontspanne en daar is iets van die ou Christien Jooste terug in haar. Braam is ontspanne en vol grappies en Wouter se natuurlike interaksie met mense maak van hom 'n ware steunpilaar. Miemie geniet die aand terdeë en daar word baie gelag. Lien besef met groot dankbaarheid dat sy, onder die omstandighede, nie vir 'n beter aand kon gevra het nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking