Sondag 25 Oktober 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 19-21

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 21

SJERRIE VIR DIE KOUE 

Inhoud

Wanneer Lien by die sentrum afklim om in die kleedkamer te gaan verklee, ruik sy die naderende reёn. Sy dink aan die veranderings by hul ou huis en wonder of die seun in die BMW in haar of Braam se ou kamer slaap. Haar kamer het meer son gekry, al was dit kleiner.

Sy druk haar straatklere, pruik en plakkaat in die sak en besef hoe slegter dit lyk, hoe meer simpatie wek dit by verbygangers. Sy moet gou kos vir haar en Braam koop en sien dat sy goed gedoen het, al was sy daardie middag net 'n kort rukkie daar. Sy koop ook 'n paar luukshede vir haar en Braam: mayonnaise, ham en twee Milo Bars. Lien is haastig, want Miemie-hulle kom haar binnekort oplaai vir die repetisie. Buite die winkel word sy egter in 'n donderstorm vasgevang en sy reën papnat wanneer sy die straat oorsteek. 'n Motor toet, die agterdeur gaan oop en die vrou skree dat sy moet inklim. Eers wanneer Lien inklim, besef sy dat dit Hein en sy ouers is. Sy ma is 'n kort, vriendelike vroutjie en sy pa lyk soos 'n ouer weergawe van Hein. Hein lyk effens ongemaklik wanneer hy Lien aan sy ouers voorstel, maar gelukkig babbel sy ma aanhoudend oor die storm en sy pa groet vriendelik. Hulle laai 'n oorblufte Lien voor die woonstel af. Sy besef dan dat daar darem iemand in die skool met doodgewone ouers is – Hein.

Terwyl Joe later die aand met Lien en Miemie terugry, sê Lien dat sy die naweek by Miemie sal kom kuier en dat Braam na Deon toe gaan. Miemie is baie bly. Nadat Lien haarself aan lasagne in die kombuis gehelp het, gaan sit sy by Braam waar hy op die bank lê en sport kyk. Braam vertel haar terloops dat haar ma gebel het en dat sy dalk aan die einde van die week huis toe kom. Lien kan nie glo dat dit al vier weke is dat haar ma in die kliniek is nie. Sy weet nie wat om te verwag nie en wonder of haar ma werklik genees is van haar drankprobleem …

Lien besef dat Tibbey reg was – dit is beter op straat gedurende die winter. Wanneer Lien net na twee-uur op haar hoek gaan staan, is die ergste koue verby. Dis net Roos wat aanhoudend oor die koue kla, al dra sy dik sykouse, 'n dik pienk trui en 'n mus. Tibbey spot haar dat sy oud word en stel voor dat sy 'n bietjie sjerrie teen die koue moet drink, soos Johnny. Roos antwoord woedend dat sy niks van Johnny wil hoor nie en dat sy nie suip nie. Lien is baie bly vir Roos se onthalwe as die lente uiteindelik aanbreek.

Bespreking – enkele belangrike aspekte in hierdie hoofstuk

Lien ontmoet Hein se ouers onder baie vreemde omstandighede. Hulle laai haar een middag op nadat sy papnat gereën het. Hulle is vriendelike, doodgewone mense wat 'n mens gou op jou gemak laat voel. Wanneer hulle Lien voor die woonstelgebou aflaai, sê hulle vriendelik en spontaan tot siens en Lien besef 'iemand in dié skool het 'n gewone ma en 'n gewone pa. Heeltemal ongewoon.' By die huis deel Braam haar mee dat haar ma gebel het en dat sy moontlik aan die einde van die week huis toe kom. Lien kan nie glo die tyd het so vinnig verbygegaan nie, en sy wonder heimlik of haar ma nou opgehou drink het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking