Sondag 13 September 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS HOOFSTUK 1-3

LIEN SE LANKSTAANSKOENE OPSOMMINGS VOORSPEL

VOORSPEL

Inhoud

Hy vind die kasset waarna sy vingers soek in die boks en druk dit in die kassetspeler in. Hy druk die speelknoppie en leun terug in sy stoel

Op die TV-skerm sien hy die dogtertjie in die swembad. Sy beduie met die een hand en praat met iemand buite die beeld, maar daar is geen klank nie. Dan beweeg die kamera na 'n seuntjie wat op die rand van die swembad agter twee hondjies aanhardloop. Na 'n rukkie draai die krulkopseuntjie terug na die swembad toe en hy urineer in die water. Nou fokus die kamera weer op die dogtertjie en wys hoe sy gillend na die seuntjie wys.

Die kamera beweeg na 'n lang, sterkgeboude man met swart krulhare wat langs die swembad staan en vleisbraai. Hy probeer laggend met die braaivleistang keer dat hy afgeneem word. Skielik ruk die kamera en fokus dan op 'n paar voete in pienk plakkies met geel rosies op.

Bespreking – enkele belangrike aspekte in hierdie hoofstuk

Die verhaal begin met 'n kort voorspel (kursief gedruk) wat die leser se belangstelling prikkel en laat wonder hoe gebeure verder gaan ontwikkel.

Karakters wat beslis 'n rol in die verhaal gaan speel, maak in die videoinsetsel hul verskyning: Wie is die seuntjie en dogtertjie in beeld? Wie is die man wat staan en vleisbraai? Wie is die amateurfotograaf wat nie die kamera kan stilhou nie? Hoekom fokus die kamera skielik op 'n paar voete in pienk plakkies?

Hopelik sal die beelde in dié video mettertyd duidelik word en in konteks geplaas word.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking