Maandag 07 September 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE HERSIENINGSVRAE 10

ANTWOORDE

1.  ‘n Tromp-op botsing in Malie se Tuin
1.1  Tannie Bets (1)
1.2  ‘n Koffiewinkel/koffiekroeg (1)
1.3  Dit lyk soos ‘n blomtuin aan die binnekant – die blomtema word orals in die winkel en teen die mure gebruik. (1)
1.4  Lien en ‘n ander kelnerin bots teen mekaar en alles in hulle hande beland op die vloer. Daar is groot skade, want baie breekware is stukkend. (2)
1.8  Malie sal die geld vir die skade van hulle betaling aftrek. (1)
1.6  Sy besluit om haar werk by Malie Dry te bedank. (1)

2.  ‘Halfprys is halfprys’ by Spar
2.1  Magriet (1)
2.2  baked beans (gebakte boontjies)
en pilchards (sardyne) (2)
2.3  Die spesiale aanbieding word nêrens geadverteer nie. (1)
2.4  Roos dring daarop aan dat die advertensie sê dis halfprys en uiteindelik stem die bestuurder in (om verdere konfrontasie en ‘n openbare insident te vermy). (1)
2.8  Dis Checkers wat die spesiale aanbieding het en nie Spar nie. (1)

3. ‘Lekker ou glipsie’ by Pick-n-Pay
3.1  Sy het wyn gesteel. (1)
3.2  Gerhard/Kuifie/die predikant (1)
3.3  Sy sê dit was net ‘n boksie wyn wat minder as dertig Rand gekos het/ Sy dink dit was net ‘n ongeluk. (1)
3.4  Gerhard het met die bestuurder gepraat en verduidelik dat Lien se ma weer opgeneem gaan word om behandel te word. (1)
3.8  Na oom Frank en tannie Poppie toe (Lien se pa se broer en sy vrou) (1)
3.6  Hulle besluit dat Lien en Braam in die woonstel mag aanbly en dat tannie Bets vir hulle sal sorg totdat Lien se ma ontslaan word. (1)
3.7  Hulle sal elke aand by haar kom eet. (Hulle moet ook al hulle vuil wasgoed vir haar bring en soggens hulle toebroodjies vir skool kom haal)

[20] 

4.  Jakaranda Hoërskool
1.1  Die leerders dra groen skoolbaadjies.
1.2  Lien en Wouter het in Graad 11 daar begin skoolgaan.
1.3  Die skool is baie sekuriteits- en veiligheidsbewus.
1.4  Lien dink dis ‘n baie swakker skool as haar vorige een.
1.8  Braam hou ook nie van Jakaranda Hoërskool nie.
5.  Millennium Creations
5.2  Die salon is op Dinsdagmiddae gesluit.
5.4  ‘n Vorige assistant het swanger geraak.
5.8  Daar is ‘n kombuisie aan die agterkant van die salon.
6.  Die oudisies vir die toneelstuk
6.1  Dit vind in die skoolsaal plaas.
6.3  Almal lag vir Miemie Spies se optrede.
6.8  Lien voel nie tevrede met haar oudisie nie.
7.  Lien-hulle se ou huis
7.1  Dis in ‘n goeie woonbuurt geleë.
7.4  Lien het altyd in die kleiner, maar warmer, slaapkamer geslaap.
8.  Braam-hulle se krieketwedstryd teen Fonteine Hoërskool
8.3  Al is Braam se kriekettoerusting oud, lyk hy gemaklik tussen sy maats.
8.4  Lien raak aan die slaap terwyl sy na die wedstryd kyk.
9.  Malie se Tuin/Malie’s Garden
9.2  Blomme is die deurlopende tema van die plek.
9.3  Die tafels en stoele is baie naby aan mekaar gerangskik.
9.4  Malie is baie professioneel in haar bestuur van die plek.
10.  Die skoolbiblioteek
10.1  Dit maak reeds vroeg in die oggend oop.
10.2  Lien gebruik die drukker twee keer vir haar persoonlike sake.
10.3  Meneer Visagie is in beheer van die biblioteek.
10.4  Lien hou daarvan om van vreemde, eksotiese plekke op die internet te lees.
10.8  Snip soek geskiedenis-inligting op die internet in die biblioteek.

[7]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking