KORTVRAE OOR INSIDENTE IN LIEN SE LANKSTAANSKOENE
1.
Lien verloor haar werk by Malie Dry
1.1 Wie kry vir
Lien die werk by Malie? (1)
1.2 Watter soort winkel is Malie se
Tuin/Malie’s Garden? (1)
1.3 Hoekom, dink jy, word dit so genoem?
(1)
1.4 Op die tweede dag by Malie se Tuin
is daar ‘n insident wat Lien haar werk kos. Vertel kortliks in een of twee
sinne wat gebeur het. (2)
1.5 Lien en Agnes moet betaal vir die
skade wat hulle veroorsaak het. Op watter manier moet hulle vir die skade
betaal, volgens Malie? (1)
1.6 Wat besluit Lien om te doen eerder
as om die skade af te betaal? (1)
2. Lien, Roos en Tibbey besoek Spar, want ‘halfprys is halfprys’
2.1 By wie het hulle gehoor van die
spesiale aanbod by Spar? Gee die persoon se naam. (1)
2.2 Watter twee kosprodukte is skynbaar
teen halfprys aangebied? (2)
2.3 Wat laat Lien suspisieus raak as sy
by die rakke kom waar die goedkoop blikkieskos is? (1)
2.4 Die blikkieskos is nié op ‘n
spesiale aanbieding nie. Hoe kry Lien-hulle dit uiteindelik wel teen halfprys?
(1)
2.5 Watter fout het Lien-hulle se
informant blykbaar begaan? (1)
3. Die insident met Christine Jooste by
Pick-n-Pay
3.1 Wat het Lien se ma by Pick-n-Pay
gaan doen toe sy geen geld meer oorgehad het nie? (1)
3.2 Wie is by tannie Bets se woonstel om
vir Lien en Braam van die insident te vertel?
(1)
3.3 Hoe probeer tannie Bets die insident
onderspeel (downplay)? (1)
3.4 Sê kortliks hoekom die bestuurder
van Pick-n-Pay besluit het om nie ‘n klag teen Lien se ma by die polisie te lê
nie? (1)
3.5 Waarheen wil tannie Bets-hulle vir
Lien en Braam stuur terwyl hulle ma in die kliniek is? (1)
3.6 Wat besluit hulle uiteindelik om te
doen? (1)
3.7 Wat moet Lien en Braam tannie Bets
egter belowe? (1)
[20]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking