LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGVRAE 8 (Hoofstuk 36–Naspel)
HOOFSTUK 36 COOL, SOU ÉK SÊ,
ACTUALLY
1. Wanneer
Lien Tibbey die eerste keer na Entertainment Corner toe help, voel sy asof sy
hom kan skud en sy sê vir hom om 'n greep op die lewe te kry. Wat verander
gelukkig die hele situasie nadat Lien hom op sy hoek agtergelaat het? (3)
2. Tydens hul teepouse kry Lien vir die
eerste keer positiewe terugvoering van Tibbey af. Hoe gebeur dit? (1)
3. Waarna verwys die titel van hierdie
hoofstuk? (1)
4. Hoe 'ontbloot' Miemie die waaghalsige
en rebelse kant van haar karakter in hierdie hoofstuk? Noem twee dinge. (2)
Dagboekinskrywing
Dit was vandag Tibbey se eerste dag terug by sy bedelhoek. Hy is uitgeput,
maar gelukkig wanneer hy daardie aand gaan slaap. Voordat hy egter die lig
afskakel, besluit hy om gou in sy dagboek te skryf oor die dag se gebeure en
hoe hy daaroor voel (10)
HOOFSTUK 37 KOUE GOED IN GROOT GLASE
1. Dit is Augustus en Lien vind die
gebedel baie uitputtend. Waarom kan sy egter nie van haar hoek af wegbly nie?
(1)
2.1 Hoe gebeur dit dat Kuifie Lien een
middag op haar hoek herken? Sê kortliks. (2)
2.2 Wat laat haar besluit om nie weg te
hardloop nie? (2)
2.3 Wat is Kuifie se reaksie, en
waarheen neem hy haar? (2)
2.4 Hoe pas die titel van die hoofstuk
by hierdie gebeure in? (1)
2.5 Kuifie sê dat hy nie bekommerd is
oor Lien se geldmaakmetode nie, maar oor iets anders. Wat is dit? (1)
2.6 Watter finansiële hulp bied Kuifie
vir Lien aan? (3) 2.7 Hoe sal sy egter
moet kan bewys dat hulle hulp nodig het? (1)
2.8 Wat kan Lien ook vir hom en sy vrou
doen om ekstra geld te verdien? (1)
3.1 Van wie droom Lien hoofsaaklik
wanneer sy later daardie dag in die woonstel aan die slaap raak? (1)
3.2 Watter effek het dié droom op haar
wanneer sy later natgesweet wakker skrik? (1)
4. Alhoewel Lien nie daardie dag by die
skool is nie, gebruik sy die tyd by die woonstel baie produktief. Noem vier
dinge wat sy doen. (4)
5. Lien besluit om Donovan se werkaanbod
te aanvaar, al is die geld minder.
5.1 Hoekom behoort die minder geld nie
regtig 'n probleem te wees nie? (1)
5.2 Watter voorwaardes stel Lien egter
aan Donovan voordat sy bereid is om die werk te aanvaar? (2)
5.3 Wat is sy bereid om ekstra te doen?
(3)
6. Hoekom is daar nie meer sterretjies
voor en na die kursiewe deel in hierdie hoofstuk nie? (1)
7. Dis nie die eerste keer dat ons van
hierdie spesifieke video lees nie. Wanneer het ons ook hiervan gelees? (1)
HOOFSTUK 38 DIE DING MET DIE KUIF
1. Lien besoek Roos en Tibbey vir
die eerste keer na 'n maand.
1.1 Wat ontstel Lien as sy daar aankom?
(1)
1.2 Hoe reageer Tibbey wanneer hy haar
sien? (1)
1.3 Waarom is Roos aanvanklik kortaf met
Lien? (1)
1.4 Hoe het Sello se lewe ingrypend
verander? (1)
2. Wat wil Roos by Lien weet net voordat
Lien loop? (1)
E-pos
Juffrou Breytenbach stuur 'n kort e-pos aan al die kinders wat betrokke was
by die toneelstuk. Skryf die e-pos, wat Lien ook sou ontvang het, en verwys na
die volgende dinge:
- Die rede vir die e-pos
- Wie genooi mag word
- Die formaat van die aand se verrigtinge
- Hoeveel gaste elkeen mag nooi (5)
Dagboekinskrywing
Lien se eerste week terug by Creations is verby en sy skryf in haar dagboek
oor hierdie ervaring. Laat Lien in dié inskrywing fokus op die redes waarom dit
vir haar 'onverwags lekker' is om terug te wees. (10)
HOOFSTUK 39 DIE BESOEK (1)
1. Na watter besoek word daar in die
titel van hierdie hoofstuk verwys? (1)
2. Lien en haar ma probeer gesels.
2.1 Wat was vir haar ma die moeilikste
ervaring by die kliniek, volgens haar? (2)
2.2 Vertel kortliks wat Lien se ma se
terapie behels. (5)
3. ' … waar berge soos kléin molshopies
gelyk het'.
3.1 Op watter bekende idioom is hierdie
stelling gebaseer? (1)
3.2 Bespreek die verwringing van dié
bekende idioom wat Lien se ma tydens hulle gesprek gebruik. (2)
4. Bespreek die simboliek van die wit
skoenlapper op haar ma se hand. (2)
5. Watter vraag vra Lien oor haar pa, en
hoe reageer haar ma op die vraag? (2)
6.
In hoofstuk 19 (Báie sterker
as Camel filters) is Lien se ma die eerste keer in die kliniek opgeneem en
Lien het gewonder oor haar ma en die inrigting: 'Sal iemand vir haar 'n bietjie
musiek speel?' Waar kry Lien se ma die geleentheid om haar liefde vir klassieke
musiek uit te leef terwyl sy in die kliniek behandel word? (1)
7. Waarom wil Christien nie meer klavier
speel nie, volgens haar? (3)
8. Lien verbaas haarself toe sy haar ma
vra om huis toe te kom.
8.1 Hoekom? (1)
8.2 Watter geskenk gee sy vir haar ma
voordat sy loop? Sê volledig. (1)
HOOFSTUK 40 DIE BESOEK (2)
1. Na watter besoek word daar in die
titel van hiérdie hoofstuk verwys? (1)
2. Kyk na die beskrywing van Lien se pa
wanneer sy hom die eerste keer weer sien.
2.1 Hoe het sy voorkoms verander, as 'n
mens dit met die video's vergelyk? (3)
2.2 Hoe het sy persoonlikheid verander?
(1)
3. Wat het haar pa gedoen wat hom in die
tronk laat beland het? (2)
4.1 Hoe lank moet hy nog in die tronk
bly? (1)
4.2 Wat beplan hy vir wanneer hy
vrygelaat word? (2)
4.3 Waarom twyfel Lien of sy nuwe
toekomsplanne gaan slaag? (2)
3.3 Hoekom, dink jy, beoog hy nie om
weer as prokureur te gaan praktiseer nie? (1)
5. Wat het Lien vir haar pa as geskenk
saamgebring? (1)
HOOFSTUK 41 'N BIETJIE KULTUUR
1. Juffrou Breytenbach het in
hoofstuk 38 vir die toneelgeselskap elk ses kaartjies belowe.
1.1 Aan wie het Lien skynbaar haar
kaartjies gegee? (6)
1.2 Vir wie sal die toneelstuk
waarskynlik ' 'n bietjie kultuur' wees? (2)
2. Die spyseniering
2.1 Wie het vir die verversings gesorg? (2)
2.2 Waarom, dink jy, bespreek tannie
Bets en oom Faantjie die inhoud van hulle borde so druk? (1)
2.3 Wie neem verversings huis toe? (1)
3. Wie steel die kalklig by Mathilda
Hanekom, en hoekom? (2)
4. Wat gee Lien hoop dat haar ma dalk 'die
slag regtig terug' is? (2)
5. Waarheen word Lien aan die einde van
die aand genooi, en deur wie? (2)
6. Waarheen, dink jy, is Lien aan die
einde van die hoofstuk op pad? (2)
NASPEL
1. Lien wonder op 'n stadium (bladsy
170): 'Kan dinge ooit weer wees soos dit
was nadat soveel goed gebeur het?" Hierdie
vraag word in die naspel beantwoord. Wat is die antwoord op dié vraag? Gee ook
redes hoekom jy so sê. Moenie net herhaal wat hierbo gesê word nie. (5)
2. Identifiseer die vier mense in die
videobeeld en sê ook wie vermoedelik die kameraman is. (5)
3. Party verhale het tog nog 'n
gelukkige einde. Bespreek hierdie stelling kortliks na aanleiding van wat ons
in 'Naspel' lees. (3)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking