Maandag 17 Augustus 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 7

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 7 (Hoofstuk 31–35)

HOOFSTUK 31  DIE CORNER SONDER ENTERTAINMENT

1.  Ons lees in die vorige hoofstuk: 'Plan, plan, maar watter plan?'
1.1  Watter plan bedink Lien om Tibbey te probeer help? (1)
1.2  Hoe het sy geweet dat hierdie persoon haar sou kon help? (1)
1.3  Aan watter vereistes moet die 'stoel' wat Lien beplan, voldoen? (3)
2.  Juffrou Breytenbach het duidelik Lien se akademiese potensiaal raakgesien en sê vir haar dat dit nog nie te laat is vir 'n onderskeiding in Afrikaans nie. Verduidelik hoe die video-uittreksel wat net daarna volg, die juffrou se mening bevestig. (2)
3.  Wat is vreemd aan Roos se optrede wanneer Lien haar konfronteer oor waar sy tydens Tibbey se ongeluk was? (2)
4.  Hoe kan 'n mens sien dat Roos nietemin baie vir Tibbey omgee? (2)
5.  Waarom is Roos skepties oor Lien se plan om vir Tibbey 'n ryding aan te skaf? (2)
6.  Verduidelik die titel van hierdie hoofstuk in die konteks. (1)

HOOFSTUK 32  IETS WAT PICASSO KON BEDINK HET
1.1  Waar het Tibbey voor die ongeluk gewoon en op watter manier het hy vir sy verblyf  betaal? (2)
1.2  Wie is James van Biljon? (1)
1.3  Watter voorstel maak Lien oor hoe Tibbey nou vir sy verblyf kan betaal? (1)
1.4  Hoekom is meneer van Biljon skepties oor hierdie voorstel, maar watter oplossing het Lien hiervoor? (2)
2.  Watter plan het Johnny bedink om meer simpatie by die motoriste te probeer kry? (2)
3.  Ons lees van 'iets wat Picasso kon bedink het'
3.1  Waarvoor het Picasso beroemdheid verwerf? (1)
3.2  Van watter 'iets wat Picasso kon bedink het' lees ons in hierdie hoofstuk? (1)
3.3  Verduidelik kortliks wat Lien met hierdie metafoor bedoel. (1)

Skets
Teken die skets wat Hein op die eksamenblok gemaak het wat lyk soos 'iets wat Picasso kon bedink het'. Gee jou eie interpretasie van hoe dit moontlik gelyk het.

HOOFSTUK 33  GELDIG VIR DERTIG DAE
1.1  Watter skok kry Lien as sy die kwotasie vir die karretjie kry? (1)
1.2  Hoe probeer Hein haar tegemoet kom? (1)
2.  Lien het gehoop dat sy by die ander bedelaars 'n finansiёle bydrae sou kry. Vertel kortliks wat hul reaksie is. (2)
3.  Wat leer jy uit die video-uittreksel oor Lien se pa en haar verhouding met hom? (2)
4.  Lien besoek Tibbey in die hospitaal. Vertel in een sin hoe die besoek verloop. (1)
5.  Watter goeie nuus kry Lien later oor verblyf vir Tibbey? (2)
6.  Lien gaan praat met Suster Vermeulen oor Tibbey se vordering. Wat vind sy alles uit? (3)
7.  Waaroor wonder Lien aan die einde van hierdie hoofstuk? Noem twee dinge. (2)

HOOFSTUK 34  SHOPPING IS NIE VIR SISSIES NIE
1.1  Watter vreemde gevoel ervaar Lien terwyl sy en Wouter sy rybewys by Wimpy gaan  vier? (1)
1.2  Watter guns vra sy hom net voordat sy die bus moet haal? (1)
2.  Op pad bushalte toe keer Donovan Lien voor.
2.1  Hoekom bied hy weer vir haar werk aan? (1)
2.2  Hoe probeer hy die aanbod aantrekliker laat klink? (1)
2.3  Hoe pas die titel van hierdie hoofstuk by Donovan en Lien se gesprek in? (2)
3.  Lien wil by Roos weet wat van haar man geword het.
3.1  Vertel kortliks wat Roos haar van hom vertel. (3)
3.2  Hoe het Roos se dogter by die gesellinklub beland? (2)
4.  Watter voorstelle maak Hein alles wanneer Lien hom saamneem na Tibbey se kamer toe? (3)

HOOFSTUK 35  WERK DINGE IN LONDEN OOK SO?
1.1  Waarom is Lien aanvanklik teleurgesteld as sy die karretjie sien wat Hein gebou het? (1)
1.2  Waarom vererg sy haar vir Tibbey? (2)
1.3  Wat verander egter Lien se opinie van die karretjie? (1)
2.  Lien is bekommerd wanneer hulle Tibbey in sy kamer agterlaat. Hoe probeer Hein haar gerus stel? (1)
3.  Waarheen is Lien aan die einde van die hoofstuk op pad? (1)
4.  'Werk dinge in Londen ook so?' Wat laat hierdie gedagte (die titel van die hoofstuk) by Lien opkom? (2)
5.  Wat doen Lien uiteindelik? (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking