Maandag 17 Augustus 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 7

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 7 (Hoofstuk 31–35)

ANTWOORDE

HOOFSTUK 31  DIE CORNER SONDER ENTERTAINMENT
1.1  Lien wil vir Tibbey 'n karretjie, soortgelyk aan 'n rolstoel, laat maak waarmee hy vrylik kan rondbeweeg sodat hy steeds by die winkelsentrum kan gaan bedel.
1.2 
Hein is baie vaardig met sy hande en sal 'n werkbare konsep kan uitdink.
1.3 
Dit moet 'n sterk struktuur hê en moet vrylik kan beweeg, ook op 'n teerpad.
2. 
Die video-uittreksel wys hoe 'n groep klein skoolkindertjies sertifikate op die ver-hoog ontvang. Dit wys ook 'n klein meisietjie (moontlik Lien) wat 'n trofee ontvang en trots vir die kamera glimlag.
3. 
Roos probeer Lien se vraag oor waar sy was, ontwyk, alhoewel dit duidelik is dat sy presies weet wat gebeur het.
4. 
Toe Johnny Tibbey se bedelhoek tydelik wou oorneem, het Roos so verwoed op hom afgestorm dat hy dadelik gevlug het.
5. 
Roos dink nie dat een van die bedelaars bereid sal wees om 'n geldelike bydrae te lewer nie.
6. 
Entertainment corner is die plek waar Tibbey altyd gebedel het en die motoriste vermaak het. Dié hoek is nou leeg en daar is dus nie meer 'entertainment' nie.

HOOFSTUK 32  IETS WAT PICASSO KON BEDINK HET
1.1  By die rolbalklub, twee blokke van sy bedelplek af. Tibbey het in die klub se tuin gewerk om vir sy kamer te betaal.
1.2  Die bestuurder van die rolbalklub.
1.3  Hy kan gedurende naweke motors oppas wat by die rolbalklub geparkeer is.
1.4  Hy wil weet hoe Tibbey sonder bene motordiewe sal afskrik en hulle verjaag as hulle motors wil steel. Lien-hulle sal vir hom 'n fluitjie koop sodat hy 'n harde geraas kan maak as hy motordiewe teëkom.
2.  Hy dra 'n sonbril en gee voor dat hy blind is. 'n Seuntjie lei hom in die parkeer­terrein rond terwyl hy geld bedel.
3.1  Hy was 'n beroemde moderne skilder.
3.2  Die karretjie wat Hein vir Tibbey ontwerp het.
3.3  Hein se voorlopige skets vir die karretjie lyk soos 'n moderne kunswerk. Lien kan nie kop of stert daarvan uitmaak nie.
 
Skets

  • Die karretjie is iets soos 'n kruis tussen 'n rolstoel en 'n kaskar.
  • Dit het drie wiele: twee fietswiele agter en een kleiner wiel voor wat 'n ketting-meganisme het.
  • Dit het twee trappedale wat met die hande beheer word.

HOOFSTUK 33  GELDIG VIR DERTIG DAE
1.1  Die karretjie gaan heelwat meer kos as wat Lien verwag het.
1.2  Hy vra niks vir arbeid nie, net vir die materiaal wat hy gaan gebruik.
2.  Elkeen het 'n ander verskoning om nie 'n bydrae te lewer nie. Lien kry dus geen geldelike steun van die ander bedelaars nie.
3.  Hy lyk na 'n baie joviale en vriendelike ekstrovert. Daar was skynbaar 'n baie sterk band tussen pa en dogter.
4.  Hy staar Lien net woordeloos aan en reageer nie op haar teenwoordigheid nie, alhoewel hy van haar bewus is.
5.  Die rolbalklub is bereid om sy kamer aan hom terug te gee, maar hulle is nie bereid om vir hom te sorg nie.
6.  Hy ly aan erge depressie, maar dis normaal onder die omstandighede. Hy behoort goed te herstel wanneer hy weer 'n vaste roetine het. Hy vorder goed met die fisioterapie.
7.  Sy wonder of sy haar ma in die kliniek moet gaan besoek. Sy wonder of haar ma ooit sodanig sal herstel dat sy weer die ma word wat hulle geken het.

HOOFSTUK 34  SHOPPING IS NIE VIR SISSIES NIE
1.1  Dit voel vir Lien asof dit baie lank gelede was dat sy saam met Wouter hier gesit het. So baie dinge het intussen gebeur dat Lien nou op 'n nuwe manier na dinge kyk.
1.2  Sy vra of hy vir haar 'n Bloubul-vlag, -pet en 'n skeidsregtersfluitjie by die geskenk-winkel by Loftus Versvelt sal gaan koop.
2.1  Sue-Ellen wil graag soggens werk en dan is haar pos in die middae vakant.
2.2  Hy bied aan om Lien meer te betaal. Hulle sal ook steeds Lien en Braam se hare gratis sny. 
2.3  Donovan dra swaar aan 'n klomp inkopiesakke wanneer hy Lien nader roep, en sy gesig is rooi en sweterig van uitputting.
3.1  Hy was 'n plaasvoorman naby Tzaneen. Hulle het baie lekker daar gebly totdat Roos se man geld van die boer gesteel en sy werk verloor het. Toe hulle die plaas verlaat het, het hy met 'n jong meisie weggeloop wat by die koöperasie gewerk het en Roos en haar kind moes self verder oor die weg kom.
3.2  Haar dogter het getrou en drie kinders gehad. Toe haar man hulle verlaat het, het sy by die gesellin-agentskap begin werk om vir haar gesin te kan sorg.
4.  Hy stel voor dat hulle 'n oprit na die kamer toe bou sodat Tibbey met sy karretjie tot daar kan ry. Hy sal die bed en die kas se pote afsaag sodat Tibbey dit makliker kan bereik. Hy sal ook 'n kassie voor die toilet installeer sodat Tibbey sonder moeite by die toilet en wasbak kan uitkom.

HOOFSTUK 35  WERK DINGE IN LONDEN OOK SO?
1.1  Die karretjie het 'n vreemde voorkoms en is in 'n aaklige blou kleur geverf.
1.2  Tibbey wys geen dankbaarheid nie en sê dat hy nie die karretjie wil hê nie.
1.3  Lien begin die karretjie uittoets en vind dat dit fantasties werk. Die trappe werk maklik en die karretjie beweeg geluidloos oor die vloer.
2.  Hy sê Tibbey sal moet leer om alleen oor die weg te kom. Lien moet net geduldig wees. 
3.  Na die kliniek waar haar ma behandel word.
4.  Lien stap deur die rustige woonbuurt waar die kliniek is, 'n buurt van gewone mense wat gewone dinge doen. Dan wonder sy of die lewe in Londen ook so is, dié lewe wat sy vir haar in die toekoms beplan.
5.  Net voordat sy die interkomknoppie by die kliniek druk, begewe haar moed haar; sy draai om en stap bushalte toe.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking