LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 6 (Hoofstuk 26–30)
HOOFSTUK 26 CHEERS OP BINNELANDSE SAKE
1. Beskryf Christien Jooste se optrede wanneer
sy 'geel en gelukkig' is. (3)
2. Hierdie hoofstuk se naam is 'Cheers
op Binnelandse Sake'.
2.1 Wie sê hierdie woorde? (1)
2.2 Wat het daartoe gelei dat sy hierdie
woorde sê? (3)
2.3 Vertel kortliks wat gebeur net nadat
sy hierdie woorde gesê het. (2)
3.1 Wie het skynbaar die woorde
'brandewyn het nie brieke nie' gebruik? (1)
3.2 Wat beteken die woorde? (1)
3.3 Wat besef Lien oor dooswyn? Sê
volledig. (3)
4. Lien besef dat sy nie meer al haar
straatgeld sal kan spaar nie. Hoekom nie? (2)
5. Maria word 'n 'verlossing' vir Lien –
5.1 Wat, dink jy, beteken hierdie
woorde? (1)
5.2 Noem twee eienaardige karaktertrekke
van Maria wat vir Lien na 'n ruk glad nie meer 'weird' is nie. (2)
6. Vertel kortliks waarom tannie Bets
een middag vir Braam en Lien dringend na haar woonstel toe laat kom. (2)
7. 'Waar is meneer die prokureur nou?
wonder Lien.' Kan jy op hierdie stadium reeds sê na wie jy dink 'meneer die
prokureur' verwys? (1)
8. Hoe reageer Lien en Braam op tannie
Bets se voorstel dat hulle vir 'n ruk by oom Frank en tannie Poppie moet gaan
bly? (2)
9. Hoe voel Lien aan die einde van
hierdie hoofstuk oor haar situasie? Sê in een sin. (1)
HOOFSTUK 27 DIE TOWN CLOWN
1.1 Wie is die 'town clown' na wie
daar in die titel van hierdie hoofstuk verwys word? (1)
1.2 Die 'town clown' het onverwags die
paspoort na Lien se vryheid geword. Verduidelik kortliks hoe dit gebeur het. (2)
1.3 Waarom monitor meneer Moller nie die
'town clown' se pligte baie akkuraat op hierdie stadium nie? (1)
2. Lyk dit asof Lien se plan om meer
geld te spaar op hierdie stadium vrugte afwerp? Verduidelik. (3)
3. Hoe plaas Christiaan uiteindelik vir
Lien onder druk? (2)
4. Lien besef dat sy nie regtig vir hom
kwaad kan wees daaroor nie. Hoekom nie? (1)
HOOFSTUK 28 SOMETHING FOR THE POOR, MY KONING
1.1 Wanneer hoor Lien Tibbey die
woorde 'something for the poor' sê? (1)
1.2 Wat hoor sy egter net daarna? (2)
2. 'Sproet' verduidelik later aan Lien
wat presies met Tibbey gebeur het
2.1 Wat het skynbaar met Tibbey gebeur?
(3)
2.2 Waarom was Lien aanvanklik bly om
'Sproet' te sien? (1)
2.3 Wat lei egter later daartoe dat sy
so gou as moontlik van 'Sproet' af wou wegkom? (2)
3. "Jammer . . . ek dog . . ."
Wat het Sproet skynbaar gedink? (1)
4. Lien het uiteenlopende gedagtes
wanneer sy op pad huis toe is.
4.1 'Lyk sy dan vir hom soos . . . Dink
ander mense ook só? Verduidelik presies wat jy dink Lien met hierdie woorde probeer sê. (2)
4.2 'Sy sou tog nie . . . sou sy dalk .
. . vir géld?' Watter skokkende gedagte kom hier by Lien op? (1)
5.1 Waar hoor Lien later die lied 'Panis
Angelicus'? (1)
5.2 Waarom haat sy die lied? (1)
5.3 Hoekom, dink jy, huil sy nietemin?
(2)
Ooggetuieverslag
Die polisie neem verklarings af by almal wat moontlik gesien het wat by
Entertainment Corner gebeur het. Skryf Lien se verslag kortliks neer. Onthou:
sy mag net neerskryf wat sy gesien het en nie wat ander mense haar vertel het
nie. (10)
1. 'Toe vertel sy van Tibbey, nét van Tibbey, haar kollega by die werk.'
1.1 Wat vertel Lien nie vir Dirkie wanneer hy haar probeer troos nie? (2)
1.2 Hoe probeer Dirkie vir Lien help om Tibbey op te spoor? (2)
1.3 Hoe kom die titel van die hoofstuk hier ter sprake? (1)
1.4 Waar, stel Lien uiteindelik voor, moet hulle na Tibbey probeer soek? (1)
1.5 Watter nuus kry hulle uiteindelik by hierdie instansie? (3)
2. Toe Lien later die aand wakker skrik, voel sy dat sy dadelik met haar ma wil praat. Waarom kan hierdie optrede van Lien as 'vreemd' beskryf word? (2)
3. Watter gedagtes maak Lien nog meer rusteloos net voordat sy aan die slaap raak? (1)
HOOFSTUK 30 DIE GRAFSTEENSANGERS
1. Lien het aan Tibbey gesê dat 'alles sal regkom'. Hoe weerspreek sy haarself wanneer sy by Dirkie in sy Uno klim? (1)
2. Wat bekommer haar die meeste wanneer sy aan Tibbey in die hospitaal dink? (1)
3. Lien het aan die einde van die vorige hoofstuk verwarde gedagtes gehad na haar ondervinding met Sproet. Wat besef sy egter net voordat sy aan die slaap raak? (1)
4. Vertel kortliks hoe die titel van hierdie hoofstuk by die gebeure inpas. (3)
Paragraaf
Ons lees: "Tibbey, alles gaan regkom. Ons sal 'n plan maak," sê slim Lien Jooste terwyl 'n hele klomp hane kraai.
Skryf nou 'n paragraaf wat op bogenoemde aanhaling gebaseer is. Bespreek onder andere die volgende aspekte:
Wat beteken hierdie Bybelse verwysing in die konteks?
Vertel kortliks watter skokkende nuus Lien die volgende oggend by die hospitaal ontvang.
Verduidelik ook die bogenoemde aanhaling in die konteks van haar besoek aan Tibbey. (5)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking