Maandag 10 Augustus 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE –HERSIENINGSVRAE 6

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 6 (Hoofstuk 26–30)

ANTWOORDE

HOOFSTUK 26  CHEERS OP BINNELANDSE SAKE
1.  Sy sit met oorfone en 'n koffiebeker op die sitkamermat. Haar oë is toe en sy skud haar kop heen en weer op maat van die musiek waarna sy luister. 'n Sterk wynreuk hang in die vertrek.  
2.1  Lien sê dit wanneer sy self 'n groot glas wyn wegslaan uit frustrasie met haar ma se drinkgewoontes.  
2.2  Lien se ma het pas weke lank behandeling vir alkoholisme in 'n kliniek ondergaan, maar sy het kort daarna weer begin drink. Lien is geskok, teleurgesteld en gefrustreerd met haar ma. Haar ma het so pas vir Lien vertel dat sy nie meer vir die Departement van Binnelandse Sake werk nie, en nou stel Lien 'n heildronk daarop in.  
2.3  Oomblikke nadat Lien die glas wyn met een teug gedrink het, word sy so naar daarvan dat sy in die badkamer gaan opgooi.  
3.1  Lien se pa  
3.2  As 'n mens eers aan brandewyn verslaaf geraak het, is daar nie omdraaikans nie.  
3.3  Lien dink dat wyn dieselfde verslawende effek as brandewyn het. Aanvanklik het haar ma stadig gedrink aan die wyn, maar nou is die wynboks leeg en haar ma is vinnig op die afdraande pad. Daar is weer eens nie kos in die huis nie, want as haar ma drink, gee sy nie om wat van hulle word nie.  
4.  Lien moet kos en ander noodsaaklikhede uit haar eie geld koop omdat haar ma nie meer 'n geldelike bydrae tot die huishouding lewer nie.  
5.1  Terwyl Lien die rol van Weird Maria vertolk, kan sy van die werklikheid ontsnap.  
5.2  Vir Maria bestaan die hemelruim in skakerings van groen.
Maria het 'n obsessie om die bladsye van haar gunsteling-biblioteekboek uit te skeur en te kou.  
6.  Kuifie is ook in tannie Bets se woonstel wanneer Lien en Braam daar aankom. Hulle vertel vir Lien-hulle dat hulle ma vroeër daardie dag vir winkeldiefstal voorgekeer is (sy het 'n boks wyn probeer steel) en dat sy weer in die kliniek opgeneem is.  
7.  Lien se pa is moontlik die prokureur.  
8.  Hulle weier om soontoe te gaan en Lien sê dat hulle op hul eie sal regkom.  
9.  Sy wil sover moontlik wegkom van al haar probleme af.  

HOOFSTUK 27  DIE TOWN CLOWN
1.1  Christiaan, 'n seun in Lien se klas  
1.2  Christiaan is Lien-hulle se klasleier en hy moet rekord hou van afwesighede in sy klas. Sy administrasie is nie baie goed nie en Lien besluit om dit tot haar eie voordeel te gebruik deur meer dikwels afwesig te wees.  
 1.3  Meneer Moller is die afrigter van die eerste rugbyspan. Sy span speel oor twee weke in die kwarteindrondte van die Stadsbeker en al sy aandag is nou daarop gefokus.  
2.  Lien verdien meer as dubbeld soveel geld in die oggende as in die middae en dit begin lyk asof die R10 000 wat sy benodig nie meer so ver buite haar bereik is nie. Sy hoop haar ma se pensioengeld sal vir die res sorg.  
3.  Christiaan het agtergekom dat Lien dikwels nie by die skool is nie. As sy vir hom die brief gee wat sy namens haar ma geskryf het, is hy nie oortuig dat dit voldoende sal wees nie; hy sê meneer Moller sal op 'n mediese sertifikaat aandring.  
4.  Christiaan doen maar net sy plig; dit word van hom verwag om afwesighede op te volg.   

HOOFSTUK 28  SOMETHING FOR THE POOR, MY KONING
1.1  Dit is Tibbey se woorde waar hy by sy bedelhoek geld vra. Hy maak grappies en voer verspotte danspassies uit terwyl hy motoriste vermaak.  
1.2  Sy hoor 'n slag en skreeuende motorremme; dan begin 'n vrou histeries gil. 
2.1  Skynbaar het Tibbey voor 'n motor ingeloop en is toe raakgery. Hy het deur die lug getrek en toe hy op die grond beland, het 'n afleweringstrok oor sy bene gery.  
2.2  Lien is baie geskok oor wat met Tibbey gebeur het en sy is verlig om 'n bekende gesig te sien. Sproet bied ook aan dat Lien by sy huis kan gaan was, want haar klere is met bloed besmeer. Daarna sal hy haar huis toe neem.  
2.3  Hy soek seksuele toenadering by haar wanneer hulle alleen in sy woonstel is.  
3.  Hy het gedink sy sal bereid wees om toe te gee aan sy seksuele toenadering.  
4.1  Sy wonder of sy die indruk teenoor ander mense skep dat sy bereid is om deur mans opgetel en seksueel gebruik te word.  
4.2  Lien sal nie haar liggaam vir geld uitverhuur nie; sy sal nooit by prostitusie betrokke raak nie. Tog wonder sy wat sy sou doen as sy werklik desperaat vir geld was.  
5.1  In 'n klein kerkie oorkant die plek waar sy uit die taxi klim.  
5.2  Dis 'n lied wat Lien se ma dikwels kliphard speel wanneer sy dronk is.  
5.3  Dis moontlik Lien se reaksie op al die skokkende dinge wat sy daardie dag ervaar het: eers Tibbey se ongeluk en net daarna Sproet se seksuele toenadering.  

Ooggetuieverslag

  • Lien was op pad Spar toe om hoofpynpille te gaan koop.
  • Lien het die slag gehoor asook die geluid van skreeuende remme, maar sy het nie gesien hoe Tibbey raakgery is nie.
  • 'n Vrou het histeries begin gil.
  • Baie mense het na die ongelukstoneel toe gestorm.
  • Toe Lien naderkom, het sy gesien dat mense buk by die beseerde man op die grond.
  • Sy het Tibbey se plakkaat op die toneel gevind en in haar sportsak gedruk.
  • Lien het vir haar 'n pad oopgedruk en Tibbey roerloos op die grond sien lê.
  • Sy het by Tibbey gaan kniel en gesien hoe 'n vrou ('n dokter) noodhulp toepas.
  • 'n Man het Tibbey se broekspype met 'n knipmes oopgesny; sy bene was 'n groot gemors. Die man het die bloeding met 'n handdoek probeer stop.
  • Lien het 'n ambulans-sirene in die verte gehoor.
  • Lien het vir omstanders gevra of hulle Tibbey se Bloubul-pet gesien het.
  • Die ambulans het stilgehou en Tibbey op 'n draagbaar gelaai; dit het onmiddellik weer vertrek.
  • Die vrou wat Tibbey gestabiliseer het, het vir Lien 'n kalmeerpil gegee toe sy sien dat Lien in 'n toestand van skok verkeer.

HOOFSTUK 29  WAT IS SY VAN NOU WEER?
1.1  Sy vertel hom nie wat by Sproet se woonstel gebeur het nie.  
1.2  Hy begin telefoonoproepe maak. Hy bel die polisie, maar hy kry geen inligting by hulle nie. 
1.3  As Dirkie probeer navraag doen, wil hulle weet wat Tibbey se van is, maar Lien weet nie. 
1.4  By die Akademiese Hospitaal.  
1.5  Hulle het vroeër die middag 'n ongelukslagoffer opgeneem wat klink of dit Tibbey kan wees. Hy is ernstig beseer en word op die oomblik geopereer.  
2.  Sy is nog kwaad vir haar ma na oor die winkeldiefstal en oor die feit dat sy weer begin drink het. Sy het tot dusver nie baie simpatie met haar ma gehad nie.  
3.  Die ding met Sproet teister haar nog steeds. Sy wonder of sy dan soos 'n prostituut lyk en hoekom sy nie dadelik weggeruk het toe hy aan haar begin vat het nie.  

HOOFSTUK 30  DIE GRAFSTEENSANGERS
1.  Lien sê vir Dirkie dat sy nie dink Tibbey gaan dit maak nie.  
2.  Dit bekommer Lien dat daar skynbaar niemand anders is wat omgee wat van Tibbey gaan word nie.  
3.  Sy wonder of sy aan Sproet sou toegegee het as sy werklik desperaat genoeg was.  
4.  Wanneer Lien en Dirkie van die hospitaal af kom, neem hy haar vir koffie na 'n nabygeleë teetuin. Hulle gaan sit in die welige tuin en sien 'n bont papegaai in 'n hok in die hoek van die tuin. Op 'n stadium sê d
ie papegaai: "Die Grafsteensangers is hier". Lien is nie seker of sy reg gehoor het nie.  

Paragraaf

  • Lien verwys na die klomp hane wat gekraai het. Dit verwys na die dissipel Judas wat Jesus verraai het toe hy ontken het dat hy hom ken. Lien voel ook dat sy die waarheid verraai wanneer sy vir Tibbey sê dat alles sal regkom en dat hulle 'n plan sal maak.
  • Lien het nie veel hoop dat Tibbey dit sal maak nie en sy het ook nog nie 'n plan om die situasie op te los nie.
  • Lien is geskok om te hoor dat hulle Tibbey se bene onder sy knieë geamputeer het. Volgens die dokters was dit nie moontlik om sy bene te red nie.
  • As Lien by Tibbey kom, sien sy hy is allerhande apparate gekoppel. Hy lê asof hy dood is.
  • Tibbey reageer nie as hy Lien sien nie. Alhoewel sy oë oop is en hy haar herken, toon hy geen reaksie op haar teenwoordigheid nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking