Maandag 13 Julie 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 2

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 2 (Hoofstuk 6–10)

HOOFSTUK 6  A CHANGE OF SCENERY

1.  Hoe herstel Wouter sy en Lien se vertrouensverhouding in hierdie hoofstuk? (1)
2.1  Waarna, dink jy, verwys 'a change of scenery' in die konteks van hierdie hoofstuk? (1)
2.2  Hoe laat dit Lien voel? (2)
2.3  Twee meisies by 'n tafel langs hulle praat oor die matriekafskeid. Hoe voel Wouter en Lien daaroor en wat besluit hulle om te doen? (4)
3.  Waarom besluit Lien later dat sy wel vir die oudisie vir die toneelstuk sal gaan? (2)
4.  Skryf een volledige sin oor elkeen van die volgende punte rakende die oudisie:
4.1  Christiaan (1)
4.2  die karakters in die toneelstuk (1)
4.3  Juffrou Breytenbach (1)
4.4  Riani Scholtz/Rona (1)
4.5  die seuns by die oudisie (1)
4.6  Miemie Spies/Jenny (1)
4.7  Miemie se voorlesing (1)
4.8  Riekie en Sanet (1)
4.9  Lien se gevoelens terwyl sy agter die gordyn staan (1)
4.10  die karakter Maria (1)
5.  Lien arriveer na die oudisie by die woonstel.
5.1  Waaroor is sy stomgeslaan wanneer sy by die woonstel inloop? (1)
5.2  Watter nuus ontvang sy kort daarna per SMS? (1)
5.3  Noem 'n paar dinge waaroor Braam aan tafel gesels. (3)
6.  Die aand eindig vir Lien op 'n teleurstellende noot. Bespreek hierdie stelling kortliks. (2)

HOOFSTUK 7  EFFENS LAST SEASON

1.  Wat is skynbaar 'effens last season' in hierdie hoofstuk, en wie noem dit so? (2)
2.1  Vertel kortliks hoe Donovan en Dirkie verskil, volgens Lien. (2)
2.2  Waarom verkies die vrouens skynbaar vir Dirkie bó Donovan? (1)
3.1  Wat is Lien se take by die salon? Noem kortliks. (8)
3.2  Waarom herrangskik Lien Sue-Ellen en Mary Morning Glory se kombuis? (2)
3.3  Hoekom moet Lien, volgens Donovan, nie té geheg raak aan die werk nie? (1)
3.4  Hoe voel hulle nietemin oor Lien, en wat bied hulle vir haar aan, en uiteindelik ook vir Braam? (2)
3.5  Hoe voel Braam egter hieroor? (1)
3.6  Wat stel Lien voor om Braam te probeer oortuig om Donovan en Dirkie se aanbod te aanvaar? Hoe probeer sy die aanbod selfs aantrekliker maak? (2)
4.  Wat sien Lien terwyl sy vir tannie Bets by die Pick n Pay in die motor wag? (1)
5.  Waarvoor, dink jy, staan die ellips aan die einde van hierdie hoofstuk? (1)

Paragraaf

Skryf 'n paragraaf oor tannie Bets waarin jy na die volgende sake verwys:

  • die middelpunt van haar bestaan
  • hoe sy 'oortree'
  • Oom Faantjie
  • Mara
  • die weegproses
  • Mara se vertroulikheid
  • gewig en die tyd van die jaar
  • hoe die oorgewig mense hulself 'beloon'
  •  waarom tannie Bets nooit getrou het nie (10)

HOOFSTUK 8  WEIRD MARIA

1.  Na wie verwys Weird Maria in hierdie hoofstuk eintlik? (1)
2.  Juffrou Breytenbach sê dit was 'n baie moeilike keuse om die regte leerlinge vir die verskillende rolle te kies.
2.1  Wat het die besluit so moeilik gemaak? (1)
2.2  Wat beplan juffrou Breytenbach om te doen met dié leerlinge wat nie rolle gekry het nie? (1)
2.3  Hoekom is Lien baie verbaas dat sy 'n rol gekry het? (1)
2.4  Lien se rol is 'n moeilike een om te vertolk. Wat het ons in 'A change of scenery' van dié rol gelees? (2)
3.  Vertel kortliks waaroor Wouter en Lien die middag na skool by Wimpy gesels. Sê ook wat jy uit die einde van die gesprek van Lien en haar pa kan aflei. (4)

Dagboekinskrywing

Skryf Braam se dagboekinskrywing nadat hy die middag sy hare by Millennium Creations laat sny het. Skryf die inskrywing asof jy Braam is. Verwys na die volgende dinge:

  • Braam se aanvanklike houding by die haarsalon
  • Donovan se mening oor sy hare
  • Lien en die borgskap
  • waarvoor die borgskap bekom is
  • hoe Creations daaruit voordeel gaan trek
  • 'n ander kliёnt se opinie hieroor
  • die borgbedrag
  • Donovan en Dirkie se aanvanklike twyfel
  • Donovan se voorwaardes
  • hoe Braam oor sy nuwe haarstyl voel (10)

HOOFSTUK 9  'N RUS OP DIE MENU

1.  Sê kortliks hoe die titel van hierdie hoofstuk in die konteks van die hoofstuk inpas. (1)
2.  Hoe kan Lien sien dat daar onmin tussen Donovan en Dirkie is? (1)
3.  Wat sien sy as sy in die kombuis kom? (1)
4.  Die besige salon besorg Lien nog 'n nuwe werkie.
4.1  Wat is dit? (1)
4.2  Hoe voel Lien aan die einde van die dag oor haarkappery as beroep? (1)
5.  Wat amuseer haar nadat Dirkie by die salon uitgestorm het? (1)
6.  Waarom verdien Lien vandag R100, en wat doen sy met die geld? (1)
7.  Lien se ma sê dat sy sleg voel omdat Lien háár geld vir kruideniersware moet gebruik.
7.1  Wat stel Lien voor moet haar ma weer begin doen? (2)
7.2  Hoe toon Lien haar frustrasie as haar ma haar ignoreer? (1)
8.  Skryf kortliks neer waaraan Lien dink terwyl sy vir haar iets voorberei om te eet. Sê ook watter moontlike raad jy op hierdie stadium van die verhaal aan Lien sou wou gee.  (6)
9.  Kyk na die beskrywing van die video aan die einde van hierdie hoofstuk.
9.1  Wat het waarskynlik hier gebeur? (2)
9.2  Wie, dink jy, is die drie dogtertjies? (2) 
9.3  Hoe voel die persoon wat na die video kyk blykbaar oor die man in die video? (1)
10.  Die illustreerder het opsetlik twee foute in die skets by hierdie hoofstuk gemaak. Kyk of jy die twee foute kan raaksien en skryf dit neer. (2)

HOOFSTUK 10  IETS OM DIE PALAAT TE VERFRIS

1.  Wie sou in die konteks van hierdie hoofstuk die woorde 'Iets om die palaat te verfris' gebruik? (2)
2.  Wat dryf Lien amper tot trane na hul vry periode omdat Mr MacMillan afwesig was? (3)
3.1  Waarom het Miemie spesifiek vir Lien saamgenooi Wimpy toe om haar agtiende verjaarsdag te vier? (2)
3.2  Waarom is dit ironies dat Miemie se ma gereeld na die koskanaal op DSTV kyk? (1)
3.3  Hoekom beskryf sy haar pa as 'n 'blerrie kind'? (1)
3.4  Dink jy Miemie het 'n goeie verhouding met haar ouers? Gee redes hoekom jy so sê. (4)
3.5  Hoe voel Lien oor die steak en chips wat sy saam met Miemie geniet, maar hoekom voel sy terselfdertyd ook skuldig? (3)
4.  Kyk na die gebeure by Lien-hulle se woonstel wanneer sy van Wimpy af kom. Hoe verskil Braam van Lien? (2)
5.  Hoe kontrasteer die beskrywing van hul woonstel tydens Deon se besoek met die beskrywing in die video aan die einde van hierdie hoofstuk? (2) 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking