LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 2 (Hoofstuk 6–10)
ANTWOORDE
HOOFSTUK 6 A CHANGE OF SCENERY
1.
Hy het vir haar 'n Milo-bar gegee
met 'n briefie waarin hy jammer sê dat hy haar die vorige dag ontstel het en
haar die volgende dag vir koffie by die Wimpy nooi.
2.1 Die
koffie by die Wimpy is net wat Lien nodig het om 'n bietjie haar gedagtes van
die probleme in haar lewe af weg te kry.
2.2 Sy
geniet dit baie as van Jakaranda se kinders daar verbystap wanneer sy en Wouter
buite op die stoep sit – en hulle wonder wat tussen Lien en Wouter aangaan.
2.3 Die
gepratery oor die matriekafskeid irriteer Lien grensloos. Die rokke en
beplanning is die sirkus van die jaar. Sy en Wouter het besluit hulle gaan die
matriek-afskeid misloop, maar wanneer hy haar plegtig op sy knie vra om hom te
vergesel, besluit hulle om verspotte uitrustings aan te trek en Wouter skimp
selfs dat Lien se ma vir hulle drankies kan saamsmokkel.
3. Wouter
het haar aangemoedig om vir die oudisie te gaan en sy is bang sy stel hom
teleur. Sy besluit om maar te gaan, al lees sy nie eers vir 'n rol nie.
4.1 Christiaan,
wat geen kultuur het nie, sit en grappies maak tussen die ander ouens.
4.2 Daar
is maar net agt karakters in die toneelstuk, sonder die skoonmaker en die
onderwyser aan diens in die biblioteek.
4.3 Lien
hou nogal van die deurmekaar juffrou, wat voor die verhoog staan en verduidelik
hoe die oudisie gaan werk.
4.4 Riani
moet die rol, van Rona, 'n bedorwe brokkie wat, ten spyte van haar pa se geld,
baie ongelukkig is en met dwelms deurmekaar is.
4.5 Die
seuns se bravade val baie gou weg wanneer hulle alleen op die verhoog moet
staan, sonder hul kamerade om hulle te ondersteun.
4.6 Miemie
is 'n introvert, maar moet die rol van 'n terterige meisie, Jenny, lees.
4.7 Miemie
trek skielik met 'n bulderende stem, wat almal laat skrik, weg en maak
swaai-bewegings met haar arms.
4.8 Riekie
en Sanet sit langs Lien en lag onbedaarlik vir Miemie se optrede.
4.9 Lien
kan nie haar gevoelens beskryf nie, maar daar is iets van die atmosfeer agter
die gordyn wat haar hoendervleis gee.
4.10 Lien
wonder waarom juffrou Breytenbach hierdie rol vir haar gekies het, want Maria
is 'n eienaardige karakter wat haar karakter deur haar gesigsuitdrukking en
liggaamshouding aan die gehoor moet oordra.
5.1 Sy
sien haar ma voor die stoof en daar kom heerlike kosreuke uit wat nie die
gewone roereiers is nie.
5.2 Sy
kan die volgende dag om twee-uur by die haarsalon begin werk. Sy word ook
sterkte toegewens.
5.3 Hy
praat oor die krieketoefening en die goeie kans wat hulle het om die liga te
wen. Hulle soek nog 'n borg vir sy span en Grobbies het belowe dat die spanlid
wat 'n borg werf, vyftien persent kommissie kan ontvang.
6. Lien
het gehoop dat die aand se gebeure 'n teken is dat haar ma dalk besig is om
weer te verander, maar wanneer sy vir haar gaan koffie maak, kry sy haar ma in
die gang met die boks wyn op pad kamer toe. Dus is die aand nog nie verby nie.
HOOFSTUK 7 EFFENS LAST SEASON
1. Donovan
sê Lien se haarstyl is 'effens last season' wanneer hy dit in die spieёl
bestudeer om vir haar 'n nuwe haarstyl te kies.
2.1 Donovan
is die baas by Millennium Creations en hy is in beheer. Dirkie praat nie veel
nie, steur hom nie aan Donovan nie en konsentreer op die hare waarmee hy besig
is.
2.2 Dirkie
konsentreer meer op die vrouens se hare en luister goed na wat hulle vir hom
sê.
3.1 Sy
moet die telefoon antwoord en die afspraakboek op datum hou. Sy moet elke
halfuur vee en vir die kliënte iets te drinke aanbied. Sy moet na die kombuis
omsien en die tydskrifte in die salon op netjiese hopies hou. En sy moet die
trollie met die botteltjies en die toonbank netjies hou.
3.2 Dis
nie baie prakties ingerig nie, want die ketel staan ver van die rak af waar die
koppies, pierings en bekers gehou word, en te ver van die yskas af. Sy plaas
die breekgoed wat hulle gereeld gebruik naby die ketel.
3.3 Sue-Ellen
mag dalk gou verveeld raak met haar baba.
3.4 Hulle
sê sy het 'n natuurlike aanvoeling en sy het goed gedoen op daardie eerste dag.
Sy moet vir haar gratis haarsny kom sit en Braam mag ook vir 'n gratis haarsny
kom.
3.5 Hy
laat nie sy hare by daardie plek sny nie.
3.6 Hy
moet vir Dirkie en Donovan vra om hul span te borg. Hy kan R200 kommissie
verdien en vir hom 'n nuwe denim koop.
4. By
die ingang staan 'n vrou met 'n plakkaat en bedel en die mense stop haar nou en
dan iets in die hand.
5. Sy
wonder wat van hulle honde geword het en of hulle nog lewe.
Paragraaf
- Haar gewig, wat sy eet en die eindelose stryd om gewig te verloor.
- Sy eet soms melktert, te veel brood en het swartwoudkoek geёet. Sy gee soms 'n aartappel prys vir 'n glasie wyn.
- Hy lyk soos 'n seekoei, is ook reeds jare lank lid van Weigh-Less en het ook 'n nimmer-eindigende stryd teen die vet.
- Mara weeg hulle, vertel hulle vertroulik wat hul gewig is. Sy was eens ook 'n vet vrou.
- Die persone wat geweeg word haal alles af wat iets kan weeg en die weegproses vind 'n entjie weg van die ander af plaas.
- Mara fluister die gewig vir elkeen en teken dit in 'n boekie op. sy bemoedig hulle ook.
- 'n Mens bou hierdie tyd van die jaar vog op wanneer dit so warm is.
- Tannie Bets gewoonlik met melktert en oom Faantjie beloon homself met koue bier.
- Die mans wat sy kon kry, wou sy nie hê nie en die mans wat sy wou hê, wou haar nie hê nie.
HOOFSTUK 8 WEIRD MARIA
1.
Dit verwys na Lien, wat eintlik 'n
eienaardige karakter is, maar wat ook die rol van Maria, die weird karakter in
die toneelstuk gaan speel.
2.1 Hulle
was almal goed, maar daar is net tien rolle in die toneelstuk.
2.2 Hulle
almal gaan iets doen in of vir die toneelstuk.
2.3 Sy
voel daar is heelwat kinders wat beter as sy in die oudisie gevaar het.
2.4 Daar
is nie baie dialoog nie – sy moet die karakter met gesigsuitdrukkings en
liggaamshouding aan die gehoor oordra.
3. Wouter
vertel opgewonde dat hy en sy suster vir die vakansie by sy pa in Bloem-fontein
gaan kuier. Hy mis sy pa en vertel dat hy en sy suster nie vir sy pa kan kwaad
wees soos sy ma nie. Hulle kan hom nie haat nie en kan nie help om van sy nuwe
vrou te hou nie. Hy sê sy ouers het net aanhoudend baklei. Lien is onkant
gevang wanneer hy vra of sy haar pa mis en vra net woordeloos vir die rekening.
Dagboekinskrywing
- Hy wou nie sy hare by die salon laat sny nie.
- Donovan wil die krulle bo-op bietjie minder maak.
- Dirkie stel voor dat hy moet doen wat hy met Barry se hare gedoen het.
- Lien besluit om voor te stel dat Braam vir Dirkie en Donovan vir 'n borgskap moet vra.
- Lien verduidelik dat dit nie 'n groot borgskap hoef te wees nie en dat dit vir kriekethempies, pette en sportsakke gaan en dalk ook 'n braai vir die pa's vir spangees.
- As Creations se naam op die seuns se hempies pryk, sal dit wys dat hulle omgee vir die gemeenskap en die seuns se ma's en susters sal na Creations toe stroom vir hul hare.
- 'n Vrou met wie se hare Dirkie besig is stem saam en sê die gemeenskap sal sien hulle gee om omdat hulle so baie geld by Creations spandeer.
- Braam vra onverwags vir R3000.
- Donovan sê hy en Dirkie weet niks van krieket af nie, maar Lien sê sy en Braam sal hulle alles leer.
- Hulle wil hul logo op alles hê. Hulle wil ook
die kleur van die hemde ens. kies.
Hy lyk beïndruk nadat Donovan klaar is.
HOOFSTUK 9 'N RUS OP DIE MENU
1.
Dit verwys na die Russiese
komponis waarvoor haar ma die naweek sal lus wees.
2. Donovan
en Dirkie is baie koel met mekaar en hulle maak asof hulle mekaar nie raaksien
nie. Hulle gee vir mekaar boodskappe deur Lien.
3. Tot
haar verbasing is alles weer teruggeskuif soos dit was en sy besef dat dit Mary
Morning Glory se werk moes wees.
4.1 Lien
moet nou help om mense se hare te was voordat Dirkie en Donovan hulle beetkry.
4.2 Sy
gril haar eers dood om met die mense se hare te werk, maar later raak sy dit
gewoond.
5. Dirkie
het vir Donovan 'Gert Petrus Engelbrecht' genoem, en sy wonder nou waar die
naam 'Donovan' vandaan kom.
6. Donovan
sê dat sy vandag 'n ster was en baie professioneel. Sy moet vir haar iets nice
met die geld gaan koop. Sy koop kos en vir haar en Braam elkeen 'n Bar One.
7.1 Sy
stel voor dat haar ma weer begin klavierlesse gee. Sy kan baie meer geld maak
as by die staatsdepartement.
7.2 Sy
storm na die klavier toe en begin hard en vals die Blou Donau speel. Dan slaan
sy die klavier se deksel hard toe en sit 'n rukkie stil op die stoeltjie.
8. Sy
wens daar was iemand met wie sy kon gesels. Sy wonder wat van haar vriende uit
haar 'vorige lewe' geword het. Sou iemand nog aan haar dink? Sy twyfel. Hulle
lewens gaan aan en arme Lien Jooste is nie meer deel van hul lewens nie. Sy
oorweeg dit om vir Wouter te bal, maar besef dat hy seker saam met sy vriende
kuier. Sy dink hoe dinge die afgelope twee jaar verander het en moet haarself
partymaal knyp om te voel of sy nog sy is. Sy behoort met juffrou Breytenbach,
tannie Bets of die predikant te gaan praat. Hulle het almal al hul hulp
aangebied.
9.1 Die
drie dogtertjies het op die dak geklim om die katjie te red en kon waarskynlik
nie weer afkom nie.
9.2 Dit
is Lien en haar tweelingmaatjies van toe sy klein was.
9.3 Hy
mis die man en sal graag weer met die man wil kontak maak.
10. Die
dogtertjie met die swart hare is veronderstel om in die middel te sit en sy
moet 'n katjie op haar skoot vashou.
HOOFSTUK 10 IETS OM DIE PALAAT TE VERFRIS
1. Dit is
Miemie by tydens haar verjaarsdagete by die Wimpy saam met Lien. Sy roep die
kelner nader om na die ete 'n soetigheidjie te bestel 'om die palaat te
verfris'.
2. Sy
sien Riekie met Wouter gesels, giggel en aan sy arm knyp terwyl sy hom 'n nar
noem. Sy is kwaad en wonder wat Riekie nou eintlik dink sy weet van Wouter af.
Sy weet niks van hulle planne vir die matriekafskeid en waaroor hulle by die
Wimpy gesels nie.
3.1 Sy
kan sien dat Lien ook nie eintlik pelle by die skool het nie en sy wou graag
haar verjaarsdag saam met Lien vier. Sy vat nie nonsens van die skool af nie en
dit beïndruk Miemie.
3.2 Sy
maak self nooit kos nie.
3.3 Hy
is nooit by die huis nie, maar wanneer hy wel daar is, sit hy in sy
studeerkamer en bou modelvliegtuigies.
3.4 Nee.
Sy word deur 'n motorbestuurder skool toe geneem, haar ma sit heeldag voor die
TV en haar pa is nooit by die huis nie. Sy wou nie haar verjaarsdagete saam met
hulle vier nie. Miemie self wil beslis ook nooit kinders hê nie.
3.5 Die
steak is taaierig, maar dit is die lekkerste stuk vleis wat sy in 'n lang tyd
geёet het. En die skyfies smelt in haar mond. Sy voel skuldig oor Braam wat
vanmiddag Marmite- toebroodjies sal moet eet.
4. Lien
sal te skaam wees om iemand na so 'n karig-gemeubileerde, vuil plek toe te
bring. Braam het 'n vriend, Deon, saamgebring en hulle speel videospeletjies op
die verslete banke en mat en dit lyk nie asof dit Braam hoegenaamd pla nie.
5. Die
meubels en matte is stukkend en dit is vuil. In die video is daar 'n gelukkige
gesin wat Kersfees in hul huis deurbring by 'n kersboom wat pragtig opgemaak
is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking