LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 1 (Voorspel – Hoofstuk 5)
VOORSPEL
1. Sê kortliks wat jy dink die funksie van 'n voorspel in hierdie verhaal is. (2)2. Ons lees: 'Die kameraman is duidelik 'n amateur.' Watter bewyse hiervan kry ons in die teks? (2)
3. In watter ruimte is hierdie video verfilm, met ander woorde, waar speel dit af? (2)
HOOFSTUK 1 GEEL EN GELUKKIG
1.1 Waarna verwys die titel van hierdie hoofstuk? Sê kortliks, maar volledig. (1)
1.2.1 Hoe kan 'n mens sien dat Lien se ma haar kinders verwaarloos en haar min aan hulle steur? Noem 4 dinge. (4)
1.2.2 Hoe kan 'n mens aflei dat Lien se ma 'n drankprobleem het? Noem 3 dinge. (3)
1.3.1 Met wie vergelyk Lien se ma haar broer Braam in hierdie hoofstuk? (1)
1.3.2 Watter ooreenkoms is daar tussen hierdie persoon, Braam en die seuntjie in die voorspel? (1)
1.4 Gee twee voorbeelde van Lien se onderdrukte aggressie aan die einde van hierdie hoofstuk. (2)
HOOFSTUK 2 JOU STANDAARDSKOOLNOMMERTJIE
2.1 Waarna verwys die titel van hierdie hoofstuk? (1)
2. Tannie Bets het vir Lien werk gekry.
2.1 Waarom kies Lien aanvanklik die werk by die koffiewinkel bó die werk by die haarsalon? (2)
2.2 Noem 'n paar dinge wat Wouter sê om Lien positiewer oor die werk by die koffiewinkel te laat voel. (4)
3. Lien sukkel om aan die nuwe skool gewoond te raak.
3.1 Wat doen Lien sedert Wouter deesdae gereeld voor skool krieketvergadering toe gaan? (1)
3.2 Waarom, dink jy, doen Lien spesifiek dít? (jou antwoord in 3.1) (1)
4. Verduidelik kortliks waarom Mister MacMillan waarskynlik Lien se gunsteling-onderwyser is. (4)
5. In die Lewensoriëntering-klas moet die klas hul name en beroepskeuses op 'n vormpie invul.
5.1 Waarom, dink jy, is Lien verbaas wanneer sy outomaties 'prokureur' op die vormpie invul? Verwys in jou antwoord na haar reaksie later wanneer Miemie haar vra of sy 'n prokureur ken. (2)
5.2 Wat sou sy eintlik graag op die vormpie wóú skryf? Watter implikasies hou dit egter in? (2)
6. Die klas word volgens hul beroepskeuses in groepies ingedeel.
6.1 Verduidelik kortliks waarom Lien haar groep as 'n 'groepie made in hell' beskryf. (4)
6.2 Wat is Lien se funksie in die groep? (1)
HOOFSTUK 3 'N KAKOFONIE VAN KLANK
1. Lien daag vir haar onderhoud by Malie se Tuin/Malie's Garden op.
1.1 Hoe gebeur dit dat sy sommer dadelik moet inspring en begin werk? (2)
1.2 Bespreek die reëls van die koffiewinkel kortliks. (6)
2. Noem 'n paar dinge wat Lien deur die loop van die middag oor die ander kelnerinne, die oumense en die betaalmetodes leer. (3)
3. Verduidelik kortliks watter fout Lien reeds op haar eerste dag as kelnerin begaan. (2)
4. Hoe slaag Wouter daarin om haar dag beter te maak na haar insident met die moeilike tannie Malie? (3)
5. Terug by die huis vind sy 'n briefie van Braam wat sê hy studeer by Deon en in die sitkamer luister haar ma met die oorfone na musiek.
5.1 Aan die einde vra Lien: "Waar is Ma?" en "Ek bedoel, wanneer kom Ma weer terug?" Verduidelik kortliks wat Lien met hierdie woorde bedoel. (2)
5.2 'haar goudgeel ma met die less than perfect pitch'. Verduidelik hierdie aanhaling in jou eie woorde. (Verwys ook na die eerste hoofstuk in jou antwoord). (3)
6. Wie is waarskynlik die kameraman in die laaste video wat in die skuinsgedrukte gedeelte beskryf word? (1)
7. Na watter kakofonie van klank verwys Lien in die titel van hierdie hoofstuk? Gee 'n akkurate antwoord. (1)
HOOFSTUK 4 DIE MEESTERSTUK
1. Die hoofstuk heet 'Die meesterstuk'
1.1 Na watter meesterstuk verwys die titel van hierdie hoofstuk? (1)
1.2 Hoe voel Lien aanvanklik oor dié meesterstuk? Sê kortliks. (3)
2. Skryf twee feite oor elkeen van die volgende karakters:
2.1 Juffrou Breytenbach (2)
2.2 Christiaan (2)
3.1 Sê kortliks waaroor Juffrou Breytenbach Lien na die periode wil spreek. (4)
3.2 Watter drie verskonings bied Lien aan waarom sy nie 'n oudisie vir die stuk wil kom doen nie? (3)
4.1 Watter uiteenlopende emosies ervaar Lien nadat sy met die onderwyseres gepraat het? (3)
4.2 Waaroor vererg sy haar vir Wouter? (1)
4.3 Noem drie dinge by die huis wat haar nog verder ontstel. (3)
HOOFSTUK 5 LIENTJIE LIEFLIK
1. Die woorde 'Lientjie Lieflik' word reeds in die vorige hoofstuk gebruik. Waarom word hierdie hoofstuk dan só genoem? (1).
2. Vertel kortliks hoe Lien haar werk by die koffiewinkel verloor. (5)
3. Beskryf hoe die jong predikant se besoek afloop. (4)
4. Na die jong predikant se besoek vra Lien: "Wanneer het jy so 'n goorgat geword?" vir die dogtertjie met die vreemde swart hare en die skewe mond.
4.1 Van watter dogtertjie word hier gepraat? (1)
4.2 Hoe is iemand wat 'n 'goorgat' is? (1)
4.3 Wie het in die vorige hoofstuk ook gesuggereer dat Lien 'n 'goorgat' is? (1)
5. Tannie Bets vertel Lien van 'n ander moontlike middagwerk.
5.1 Waar is die werk? (1)
5.2 Watter inligting kry sy by Dirkie van woonstel 401 oor die werk? (4)
6. Lien lê later in die bad en voel asof sy haar 'brother in arms' verloor het. Aan wie dink sy hier, en hoekom voel sy só? (1)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking