LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 1 (Voorspel – Hoofstuk 5)
ANTWOORDE
VOORSPEL
1. Dit prikkel die
leser se belangstelling en laat die leser wonder hoe gebeure verder gaan
ontwikkel.
2. Die beeld kantel links en regs, fokus
rukkerig op die dogtertjie se gesig. Aan die einde kantel die kamera ook na
onder, asof dit geglip het.
3. Dit speel in 'n tuin af, waarskynlik
'n agterplaas, waar 'n gesin om 'n swembad baljaar en die pa vleisbraai.
HOOFSTUK
1 GEEL EN GELUKKIG
1.1
Lien se ma word as 'geel' beskryf wanneer sy dronk is – dis ook wanneer
sy op haar gelukkigste is.
1.2.1 Sy kook nie ordentlike aandete
nie, daar is feitlik niks in die yskas nie, maar haar ma koop wel vir haar
dooswyn en Lien moet Braam se skoolbroek regmaak waar dit geskeur is.
1.2.2 Sy is nie bekommerd oor haar
kinders nie, koop drank i.p.v. kos, eet deesdae feitlik niks en raak sommer met
hare klere aan op die bed aan die slaap. Sy loop onvas op haar voete in die
gang af kamer toe.
1.3.1 Sy sê hy lyk elke dag meer na Josh
Groban.
1.3.2 Elkeen van hulle het 'n swart bos
krullerige hare.
1.4 Sy sê vir haarself in die spieël dat
sy 'hom' haat (twee maal) en sy steek tong uit vir Norah Jones oor die woorde
van haar liedjie.
HOOFSTUK
2 JOU STANDAARDSKOOLNOMMERTJIE
1.
Dit verwys na Sally Swanepoel se skoolrokkie, wat baie kort is, en
waarmee sy die seuns in die skool verlei.
2.1 By die haarsalon is die betaling R15
'n uur sonder fooitjies, maar by die koffiewinkel is dit R10 'n uur en
fooitjies.
2.3 Hy sê dat hy gereeld 'n draai sal
kom maak, dis dalk pret en die fooitjies is dalk so goed dat die geld sal inrol, en hy maak grappies oor al die dinge wat in die koffiewinkel kan gebeur.
3.1 Sy gaan biblioteek toe en sit naby
die oorsese tydskrifte en die rekenaars waarop hulle tien minute op 'n keer mag
werk. Agterin haar Biologie-boek maak sy 'n lysie van al die plekke wat sy
eendag gaan besoek.
3.2 Dit gee haar hoop om eendag weg te
kom uit haar omstandighede en dit is vir haar ontvlugting uit die situasie
waarin sy vasgevang is – iets om voor te lewe en om oor te droom.
4. Hy trek weird aan, hy steur hom nie
aan reëls en regulasies nie, hy maak selfs vervelige letterkunde interessant en
hy behandel die gedigte op so 'n manier dat dit haar hoendervleis gee.
5.1 Dit is wat sy altyd wou word, maar
haar lewe het so verander dat sy haarself glad nie kan indink in dié beroep
nie. Wanneer Miemie haar vra of sy 'n prokureur ken, jok sy en sê sy ken nie
een nie.
5.2 Sy sou 'weg' wou skryf. Hoe kry 'n
mens egter 'weg' reg en waar kan 'n mens dit bestudeer?
6.1 Daar is klein, maer Miemie Spies met
die yl haartjies met wie sy dalk oor die weg sal kan kom, maar sy is baie
eienaardig. Dan is daar terterige Sally Swanepoel, van wie sy niks hou nie, met
'n reputasie onder die seuns. Dan is daar Hein Venter wat omtrent niks praat
nie en wat glo baie dom is, volgens die intellektueles in haar klas.
6.2 Lien moet navorsing op die internet
gaan doen oor wat die universiteite wil hê as 'n mens vir 'n prokureur wil gaan
leer.
HOOFSTUK
3 'N KAKOFONIE VAN KLANK
1.1
Die koffiewinkel is 'n malhuis en die ander twee kelnerinne, Agnes en
Sophie, kan nie voorbly nie.
1.2 Dinsdae en Donderdae kry die
ouetehuis se inwoners 20% afslag, alles moet glad verloop sodat die kliënte
altyd tuis voel, Lien moet altyd vriendelik en geduldig wees, want baie van die
kliënte is baie oud. Sodra nuwe kliënte by die deur inkom, moet hulle dadelik
na 'n tafel toe geneem word en hulle moet 'n spyskaart kry. Lien moet hulle van
die koek van die dag vertel en hulle 'n rukkie gee om te besluit. Sy moet hulle
nooit 'oom' of 'tannie' noem nie, maar 'meneer' en 'mevrou'. Tafelnommer in
linkerkantse boonste hoekie en bestelling moet presies neergeskryf word. Gee
bestelling vir Agnes in kombuis en gaan kyk na tien minute of dit reg is. Net
tant Malie werk die kasregister.
2. Die lang meisie is Agnes en die
korter een met die vlegseltjies is Sophie. Die meisies is vriendelik, maar daar
is nie tyd vir praatjies nie. Die ou mense is baie verstrooid en sy moet hul
bestellings herhaal omdat hulle soms vergeet. Die oumense is baie suinig met
fooitjies.
3. Lien het vir 'n gesin met 'n klein
seuntjie afslag gegee. Hulle was nie bejaardes of pensioentrekkers nie. Die
geld vir die afslag gaan van Lien se betaling afgetrek word.
4. Hy bestel 'n Coke en 'n groot stuk
koek, alhoewel hy nie eintlik 'n soet tand het nie. Hy los vir haar 'n R10
fooitjie en dring daarop aan dat sy dit moet vat. Na die tyd wag hy vir haar en
sê dat sy die voorval met Malie Dry as ondervinding moet afskryf.
5.1 Sy wil weet waar die ma is wat sy as
kind geken het en wanneer sy weer normaal gaan wees en gaan ophou drink.
5.2 Haar ma is heeltemal dronk en weet
nie eens wat om haar aangaan nie. Alhoewel sy 'n musiekkenner is, sing sy van
noot af. Die drank dra waarskynlik daartoe by dat sy effens vals sing.
6. Die pa van die gesin. Hy neem die ma
af wat klavier speel en die kinders wat saam met haar sing.
7. Haar ma is besig om na Prokofiëf se
derde te luister wanneer Lien by die huis aankom. Dis 'n swaar stuk musiek wat
geleidelik al hoe hewiger word, met klanke wat soms nie eens heeltemal sin maak
nie.
HOOFSTUK 4 DIE MEESTERSTUK
1.1
Juffrou Breytenbach verwys na elke jaar se toneelstuk as ' 'n
meesterstuk'.
1.2 Die toneelstuk gaan oor Amerikaners.
Lien haat Amerikaners en besluit om af te skakel wanneer die onderwyseres
daaroor wil begin lees. Sy dink sy het genoeg probleme van haar eie en wil nie
van 'n klomp raserige Amerikaanse tieners se probleme hoor nie.
2.1 Juffrou Breytenbach is Lien se
Afrikaans-onderwyseres en sy rig ook die jaarlikse toneelstuk af. Sy raak baie
opgewonde oor die toneelstukke.
2.2 Christiaan stel nie regtig in die
toneelstuk belang nie, want hy is nie geïnteresseerd in kultuur nie. Volgens
Lien is hy die klas se 'town clown'
en eintlik die 'village idiot'.
3.1 Sy wil weet waarom Lien so kwaad is
vir hulle. Alhoewel sy nie Lien se agtergrond ken of weet wat by hulle huis
aangaan nie, kan sy sien dat Lien baie kwaad is vir iets, en sy dink nie dis
regverdig dat sy dit op hulle uithaal nie. Na meer as 'n jaar by die skool het
sy nog nie vriende gemaak nie. Sy vermy buitemuurse aktiwiteite en neem
halfhartig aan alles deel. Haar deur staan oop vir Lien om met haar oor
enigiets te kom praat. Sy wil hê Lien moet Donderdag vir een van die rolle kom
lees.
3.2 Sy hou nie van die arrogante
Amerikaners nie. Sy werk in die middag en wil ook nog hierdie jaar probeer om
matriek deur te kom.
4.1 Sy kan nie help om 'n bietjie
beïndruk te wees nie. Sy het die juffrou onderskat – iemand het uiteindelik vir
Lien Jooste raakgesien. Maar dan word sy kwaad en wonder wie die juffrou die
reg gee om in haar lewe in te meng.
4.2 Hy vra of Lien nie 'n bietjie
oorreageer nie en sê dat Lien nou nie eintlik 'Lientjie Lieflik' is vandat sy
by die skool aangekom het nie.
4.3 Braam lê soos gewoonlik voor die
televisie en Lien wil weet of hy nie huiswerk het nie. Die televisie speel
kliphard. Haar ma is nie daar nie, alhoewel sy vanoggend gekla het oor 'n
loopmaag, iets wat sy deesdae gereeld doen. Lien is bekommerd dat haar ma haar
werk by Binnelandse Sake gaan verloor.
HOOFSTUK 5 LIENTJIE LIEFLIK
1. Lien wens dat Wouter 'n draai by die
koffiewinkel wil kom maak, maar sy weet hy sal nie kom nadat sy die vorige dag
so 'n tantrum oor die
woorde 'Lientjie Lieflik' gegooi het nie.
2. Lien het met 'n skinkbord vol leё
koppies kombuis toe geloop. Toe sy die deur oopstoot, het Agnes met 'n spoed
uitgekom met 'n vol gelaaide skinkbord in die lug. Hulle het in mekaar
vasgeloop en alles het op die vloer geval. Tant Malie het na haar berekeninge
gesê hulle sal vir 'n paar dae sonder fooitjies moes werk om die skade te
betaal. Toe Lien sê dat dit 'n ongeluk was, het tant Malie gesê dat sy nie van
Lien se houding hou nie. Lien het gesê sy kom nie weer terug nie en dat
sy die geld sal bring wanneer sy dit het.
3. Lien was onvriendelik en het net
eenwoord-antwoorde gegee. Die predikant en Braam het die hele tyd oor die Super
14 gesels en hy het hulle na die Sondag se jeugdiens genooi. Hy het ook gesê
dat hulle moes kom praat as hulle hulp nodig het.
4.1 Die dogtertjie in Braam se geraamde
prentjie bo die kombuiskas – 'n tekening van hulle gesin waarin die dogtertjie
sy is.
4.2 Mislik en ongeskik. Kwaad vir die
hele wêreld.
4.3 Wouter, toe hy gesê het dat sy nou
nie eintlik 'Lientjie Lieflik' is nie, maar ook juffrou Breytenbach, wat gesê
het dat dit lyk of Lien vir almal kwaad is.
5.1 Dirkie en Donovan soek iemand om
tydelik in die haarsalon te kom help.
5.2 Dis net tydelik. Sue-Ellen het 'n
baba gehad en is vir 'n paar maande op kraamverlof. Sy kom weer terug wanneer
die babatjie groter is. Lien sal net in die middae en Saterdagoggende werk en R15
per uur verdien. Hulle sal ook haar hare gratis sny. Die ure is van 2 tot 5.
6. Sy dink aan haar enigste vriend,
Wouter. Hy het deel geword van die skool se lewe en ander vriende begin maak.
Sy is nie meer die belangrikste vriendin in sy lewe nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking