Maandag 27 Julie 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 4

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 4 (Hoofstuk 16–20)

ANTWOORDE 

HOOFSTUK 16  DIE PUSSYCAT DOLLS
1.  Wanneer Miemie en hul motorbestuurder, Joe, haar een aand na die repetisie oplaai om haar huis toe te neem, speel die Pussycat Dolls kliphard in die motor.
2.1  Die repetisies is chaoties en dit lyk nie asof juffrou Breytenbach beheer het daaroor nie. Lien sukkel ook met haar rol as Weird Maria.
2.2  Riekie is elke jaar in die toneelstuk en sy vertel almal dat dit aan die begin altyd so chaoties is, maar dat dinge uiteindelik tog bymekaarkom.
2.3  Sy het op 'n manier geheg geraak aan Maria.
2.4  Sy het saam met Miemie en hul motorbestuurder huis toe gery.
3.1  Daar wag 'n berg vetkoeke met kerriemaalvleis van tannie Bets af in die kombuis, en wanneer sy haar geld tel, sien sy dat sy vir die eerste keer meer as R200 in 'n middag gemaak het.
3.2  Haar ma is vanaand weer dronker as ooit terwyl sy in haar kamer sit en na musiek luister.
4.  Juffrou Breytenbach wil hê dat hulle op Saterdae ook moet begin repeteer.
 
HOOFSTUK 17  DIE AFGEVAARDIGDE VAN TIBET
1.1  Die man het rooi hare en sproete. Hy groet Lien en sê dat sy seker warm kry. Hy gee Lien 'n handvol kleingeld net toe die verkeerslig groen slaan.
1.2  Die rooikopdogtertjie het 'n Barbie-pop wat sy 'Britney' noem. Eers sê sy dat Britney vir Lien moet vra of hulle arm is, en dan vra sy of Britney ook dink dat Lien se skoene lelik is.
1.3  Sy is suur en dra 'n reuse-sonbril. Sy kyk nie links of regs nie. Sy sê net een keer iets onhoorbaars oor haar skouer vir die dogtertjie.
2.1  Sy sê vir 'Britney' om te kyk hoe Lien sweet en om vir Lien te vra wat sy met die geld maak wat sy kry.
2.2  'n Mens hou van hom omdat hy Lien met soveel geld bederf, maar kan nie help om vies te wees omdat hy nie sy dogtertjie dissiplineer nie.
3.1  Hy noem haar Lieen Djôste. Vir Lien klink dit eksoties, soos iemand uit 'n vreemde land. Sy dink dit klink soos iemand wat 'n afgevaardigde uit Tibet kan wees.
3.2  Tibbey is ook soms 'n motorwag by die sentrum. Hy is mal oor sokker. Hy het al eenkeer vir een van Mamelodi se klubspanne gespeel. Hy vind sokker baie meer opwindend as rugby. Hy leer ook die name van bekende sokkerspelers en die reëls van sokker vir Lien.
4.  Lien se ma is nou selde nugter. Hulle sien haar min, maar sy bly dronk met haar voorraad wyn in die kamer. Haar deur is altyd toe. Sy bewe in die oggende wanneer sy kookwater in haar koffie probeer gooi. Sy praat nie met Lien nie en hulle vermy oogkontak. Lien sidder wanneer sy dink aan haar ma se werk by Binnelandse Sake en hoe sy in hierdie toestand gewerk kry. Braam slaap al hoe meer by Deon-hulle oor en Lien gee nie meer om wie wat dink nie.

HOOFSTUK 18  TEE EN KAASKOEK
1.  Sy wil nie na enige 'after parties' of sulke goed saam met die kinders van hulle skool gaan nie.
2.1  Hy help haar ma om in te klim. Hy vat haar ferm aan die arm en help haar in die motor in. Hy bestuur die motor rukkerig huis toe, parkeer dit onder die afdak en help haar ma uit die motor klim. Hy hou haar ook regop tot in die woonstel en help haar op die bed neerlê.
2.2  Sally Swanepoel het die hele petalje geamuseerd dopgehou. Baie van die ander kinders het ook gekyk.
2.3  Dit is die heel laaste strooi met haar ma. Sy sal 'n plan moet maak.
3.1  Hy SMS Lien later en nooi haar vir tee en kaaskoek.
3.2  Hy stel voor dat hulle haar ma moet help. Lien moet met Gerhard, die jong predikant, gaan praat. Hy werk met hierdie tipe dinge en sal weet wat om te doen. Dirkie bied aan om hom te bel. Haar ma sal dalk vir 'n rukkie na 'n kliniek of so iets toe moet gaan.
4.1  Hy dra informele klere en sandale wat alternatiewerig lyk. Hy luister na Coldplay se musiek. Hy lyk baie jonk en sy blonde kuif is gejel.
4.2  Hy is te jonk om te verstaan en sal haar beslis nie kan help nie.
4.3  Dis mooi woorde wat nie 'n indruk op haar maak nie. Hy skilder 'n prentjie waarvan hy niks weet nie. Sy woorde beteken niks.
4.4  Sy probeer haar bes om nie na hom te luister nie en konsentreer op 'n stuk uit Macbeth wat Mr Macmillan vir hulle voorgelees het.

HOOFSTUK 19  BÁIE STERKER AS CAMEL FILTERS
1.1  Hy probeer vir Lien ondersteun en wil nie hê dat sy alleen moet wees indien iemand iets leliks teenoor haar sou sê nie.
1.2  Niemand kyk regtig vir haar nie en almal tree soos gewoonlik op.
1.3  Sally vertel haar in die badkamer dat haar pa ook baie drink, maar dat hy ook dagga rook. Sy troos Lien met die woorde dat dit nie hulle skuld is nie.
1.4  Sally sê dat haar pa baie sterker goed as Camel Filters rook – hy rook waarskynlik dagga.
2.1  Gerhard / Kuifie, die predikant.
2.2  Hulle het daardie oggend met hul ma gesels en sy het ingestem om vir behandeling te gaan.
2.3  Sy is reeds daardie oggend opgeneem en sal drie of vier weke daar moet deurbring. Hulle kan haar na die eerste paar dae gaan besoek.
3.  Dit is nie haar skuld dat haar ma so baie drink nie.
4.  Lien het een aand tydens hul repetisie-breek pawiljoene toe geloop en daar vir Hein hoor mondfluitjie speel. Hulle het begin gesels. Nou is Hein steeds betrokke by die bou van die dekor. Tydens hulle pouses gesels Lien en Hein nou gereeld, ook omdat hulle in dieselfde groep vir die Lewensoriënteringsles ingedeel is.
5.1  Miemie nooi Lien om die naweek by haar huis deur te bring. Haar pa is in Egipte en sy en haar ma is alleen by die huis.
5.2  Roberta, die kok, sal vir hulle enigiets voorberei waarvoor hulle lus is.
5.3  Lien moet die geleenthede aangryp wat vir haar gebied word.
6.1  Sy droom hoe die tweeling in hul binnenshuise swembad swem. Daar is egter 'n glasafskorting tussen Lien en hulle; Lien probeer haar bes, maar sy kry dit nie reg om hulle aandag te trek nie.
6.2  Sy het nie die moed om hulle te bel nie, want sy weet nie of hulle nog vriende met haar sal wil wees na wat gebeur het nie.
6.3  Die videogreep waar die blonde tweeling benoud op die dak sit saam met die donkerkop-dogtertjie. Die videogreep waar die blonde tweeling en die donkerkop-dogtertjie kyk hoe die krulkopseuntjie skaatsplank ry.

HOOFSTUK 20  NUWE MENSE RELAX NOU HIER
1.  In die vorige hoofstuk het Lien gedroom van haar twee beste maats, die tweeling Su-Marie en San-Marie. Sy verlang na hulle en na haar vorige lewe en sy wil gaan kyk hoe dinge lyk in die buurt waar sy so gelukkig was.
2.  Sy voel jaloers op hulle. Sy besef dat sy ook 'n deel van dié groep kinders kon gewees het as dinge nie so verkeerd geloop het in haar eie lewe nie. Sy kan nie glo dat haar lewe so baie in twee jaar verander het nie. Waar hierdie kinders sorgvry en gelukkig is, moet Lien nou op 'n straathoek staan en bedel om 'n bestaan te maak. Dit voel asof hierdie kinders nou tot 'n heel ander wêreld behoort.
3.1  Die wit muur om die erf is nou helderpienk geverf. Daar is 'n nuwe posbus by die hoofhek. Daar is swaar, duur tuinmeubels langs die swembad.
3.2  Die sekuriteitshek met die luik in, die handgekerfde houtvoordeur, die swembad, die Iceberg-rose, die groot jakarandaboom.
3.3  Lien besef dat haar lewe heeltemal verander het en dat daar nou ander mense woon op die eiendom waar hulle so gelukkig was en wat hulle so geniet het. Sy sien die vrou en seun wat nou in die huis woon vlugtig wanneer hulle in 'n deftige motor by die hek uitry.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking