Maandag 27 Julie 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 4

 LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 4 (Hoofstuk 16–20)

HOOFSTUK 16  DIE PUSSYCAT DOLLS
1.  Waar kom die titel van hierdie hoofstuk ter sprake? (1)
2.  'Die repetisies is aanvanklik chaoties'
2.1  Hoekom wil Lien aan die begin van die repetisies kop uittrek? (1)
2.2  Waarom spoor Riekie almal in die toneelstuk aan om vas te byt en nie moedeloos te raak nie? (2)
2.3  Hoekom trek Lien tog later nie kop uit nie? (1)
2.4  Hoe kom Lien na die eerste aand se repetisie saans by die huis? (1)
3.1  Ons lees in hierdie hoofstuk van twee dinge wat Lien dankbaar maak wanneer sy by die woonstel aankom. Watter twee dinge is dit? (2)
3.2  Wat ontstel haar egter ook? (1)
4.  Lien verdien op Saterdae meer geld as in die middae. Hoekom sal sy dalk binnekort nie meer op Saterdae kan werk nie? (1)

HOOFSTUK 17  DIE AFGEVAARDIGDE VAN TIBET
11.  Lien se eerste ontmoeting met die man met die wit Volvo.
1.1  Beskryf die man en sy optrede kortliks. (2)
1.2  Hoe word Lien deur die man se rooikopdogtertjie beledig? (2)
1.3  Hoe tree sy vrou op? (2)
2.  Lien se tweede ontmoeting met die bestuurder van die wit Volvo.
2.1  Hoe beledig die dogtertjie hierdie keer vir Lien, en wat wil sy deur middel van haar Barbie-pop by Lien uitvind? (2)
2.2  Watter kontrasterende gevoelens ervaar 'n mens teenoor die bestuurder van die Volvo na hierdie ontmoeting? (2)
3.1  Tibbey sukkel om Lien se naam en van uit te spreek. Hoe hou dit verband met die titel van hierdie hoofstuk? (2)
3.2  Watter nuwe inligting kry die leser in hierdie hoofstuk oor Tibbey? Sê kortliks. (4)
4.  Daar is beslis agteruitgang in die omstandighede by die Joostes se huis. Bespreek hierdie stelling kortliks na aanleiding van wat ons in hierdie hoofstuk lees. (6)

HOOFSTUK 18  TEE EN KAASKOEK
1.  Lien stem weer in om Wouter matriekafskeid toe te vergesel. Watter voorwaarde stel sy egter? (1)
2.  Lien se ma daag dronk by die skool op. (3)
2.1  Hoe help Wouter om die hele situasie op te los? Sê volledig.
2.2  Wat is vir Lien uiters vernederend? (1)
2.3  Watter belangrike besluit neem sy wanneer hulle in die motor klim? (1)
3.  Dirkie is die enigste persoon wat sien wanneer hulle Lien se dronk ma by die woonstelgebou inhelp. (1)
3.1  Verduidelik hoe die titel van die hoofstuk hier inpas.
3.2  Watter voorstelle maak Dirkie wanneer hulle sit en gesels? (2)
4.  Lien gaan Gerhard, die predikant, by sy huis spreek.
4.1  Watter dinge maak van hom 'n ongewone, onkonvensionele predikant? (3)
4.2  Hoe laat dit Lien voel oor sy vermoёns as predikant? (1)
4.3  'Jy preek en dis pienk.' Wat, dink jy, bedoel Lien met hierdie woorde?(2)
4.4  Hoe reageer Lien wanneer Gerhard prekerig begin raak?(1)

HOOFSTUK 19  BÁIE STERKER AS CAMEL FILTERS
1.  Braam stap die oggend na Lien se ma se petalje by die skool saam met haar en Wouter skool toe.
1.1  Waarom, dink jy, ry hy nie vanoggend met sy fiets skool toe nie? (1)
1.2  Lien is baie senuweeagtig oor hoe die skoolkinders sal optree. Waarom was haar vrese egter ongegrond? (1)
1.3  Hoe lei die vorige dag se gebeure tot 'n beter verhouding tussen Lien en Sally Swanepoel? (2)
1.4  Hoe kom die titel van hierdie hoofstuk hier ter sprake? (1)
2.  Tannie Bets nooi Lien en Braam om daardie aand by haar te kom eet.
2.1  Wie is reeds by tannie Bets se woonstel as hulle daar aankom? (1)
2.2  Wat het hy en tannie Bets daardie oggend gedoen? (1)
2.3  Wat was die uiteinde van wat hulle daardie oggend gedoen het? (2)
3.  Wat het beide Sally en Tibbey vir Lien gesê wat haar laat besluit om nie haar ma te gaan besoek nie? (1)
4.  Hoe het Hein en Lien onverwags vriende geword tydens die repetisies vir die toneelstuk? Verwys in jou antwoord ook na hul eerste ontmoeting in hoofstuk 16. (3)
5.1  Waarheen word Lien onverwags vir die naweek genooi, en waarom? (2)
5.2  Watter deel van die uitnodiging, dink jy, behoort baie aanloklik vir Lien te klink? (1)
5.3  Wat bedoel Miemie wanneer sy vir Lien sê: "Kóm, man, carpe diem!" (2)
6.1  Vertel kortliks wat Lien daardie nag van haar gewese vriendinne, die blonde tweeling Su-Marie en San-Marie, droom. (3)
6.2  Wanneer Lien wakker skrik, oorweeg sy dit om die tweeling te bel. Waarom besluit sy egter daarteen? (1)
6.3  By watter twee vorige geleenthede het jy van 'n blonde tweeling gelees? (2)

HOOFSTUK 20  NUWE MENSE RELAX NOU HIER
1.  Waarom, dink jy, het Lien besluit om hul ou huis te gaan besoek? Verwys in jou antwoord na haar droom in die vorige hoofstuk. (2)
2.  Terwyl Lien in die bus ry, klim 'n groepie kinders van haar vorige skool in skooluniform op. Watter gevoelens ervaar Lien as sy hulle sien? Sê kortliks. (5)
3  Lien staan uiteindelik op die sypaadjie buite hul ou huis –
3.1  Watter dinge aan die huis het verander sedert Lien-hulle se vertrek? (2)
3.2  Noem 'n paar bekende dinge wat Lien vlugtig te sien kry. (5)
3.3  Verklaar hoe die titel van die hoofstuk by hierdie toneel pas. (2)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking