Maandag 20 Julie 2026

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 3

LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 1 (Hoofstuk 11–15)

HOOFSTUK 11 JULIA ROBERTS SONDER DIE MOND

1.  In watter konteks kom die titel van hierdie hoofstuk ter sprake? (1)
2.  'Dit was die meeste pret wat sy in jare gehad het.' Vertel kortliks van die pret wat Lien en Miemie in die rekwisietekamer gehad het. (4)
3.  Hoe gebeur dit dat Lien haar werk by die haarsalon verloor? Noem slegs twee feite. (2)
4.1  Waar bevind Lien haar in die laaste deel van hierdie hoofstuk? (1)
4.2  Waarom sal Lien nie net op haar spaargeld kan staatmaak om weg te kom nie? (2)
5.1  Verduidelik kortliks wat die vereistes vir 'n werksvakansie in Engeland is. (2)
5.2  Watter soort werk sal Lien waarskynlik daar moet doen? (2)

HOOFSTUK 12 DIE TRAANDRUPPEL
1.  Na watter 'traandruppel' verwys die titel van hierdie hoofstuk? (1)
2.  In hierdie hoofstuk besef 'n mens weer dat Braam sy omstandighede heeltemal anders as Lien hanteer.
2.1  Watter optrede van Braam is vir Lien onverstaanbaar? (2)
2.2  Watter gevoelens ervaar Lien wanneer sy dit sien? (2)
3.  Wat laat Lien verder besef dat sy dringend ander werk sal moet kry? (4)   
4.  Hoe bewys Donovan en Dirkie weer dat hulle geen kennis van krieket het nie? (1)
5.  Lees weer die laaste deel van die hoofstuk. Waaraan kan 'n mens sien dat Lien se ma weer baie gedrink het? (3)

HOOFSTUK 13 'N HUIS SONDER 'N MOEDER
1.  Die aand voor die gebeure in hierdie hoofstuk maak Lien 'n lysie van dinge wat sy alles moet doen. Skryf nou Lien se lysie puntsgewys neer. (5)
2.  Hoekom moet Lien en die ander seun soggens hul rekenaarwerk by die skool kom doen en nie by die huis nie? (1)
3.  Wat doen Lien daardie oggend om in meneer Visagie en juffrou Breytenbach se goeie boekies te bly? (2)
4.  'Sy kan nie glo dit was so maklik nie'. Wat het Lien nie nodig gehad om te gebruik voordat sy die rekwisietekamer se sleutel in die hande kon kry nie? (1)
5.  As ons die hoofstuk deurlees, sien ons dat Lien se ma wel in die hoofstuk is. Hoekom, dink jy, word die hoofstuk dan ''n Huis sonder 'n moeder' genoem? (2)

HOOFSTUK 14 'N CHANGE OF SCENERY (RÉGTIG)
1.  Wat, dink jy, het Lien die vorige dag op die skool se drukker uitgedruk? (1)
2.  Wat het sy skynbaar daardie aand met die uitdrukke gedoen?  (2)
3.  Wanneer en waar het Lien die idee gekry om vir geld te begin bedel? (Sien hoofstuk 7 – Effens last season) (2)
4.  Die titel van hierdie hoofstuk is 'n herhaling van dié van hoofstuk 6. Waarin lê die verskil egter? Sê kortliks. (2) 
5.  Lien klim by 'n kleinerige sentrum af wat sy nie ken nie. Waarom het sy waarskynlik hierdie sentrum gekies? (2) 
6.  Wie is die 'twee afhanklikes' op Lien se plakkaat? (2)
7.  'Ek haat jou, dink sy vir die soveelste keer'. Na wie, dink jy, verwys hierdie woorde? (1)
8.1  Waarom moet Lien die geld wat sy verdien in Braam se ou sportsak gooi? (1)
8.2  Wat, besef sy later, gaan vir haar die grootste probleme veroorsaak? (1)
8.3  Watter probleem duik egter op as gevolg van die plek wat sy gekies het om te staan en bedel? (2)
9.  Na haar onderonsie met Roos oorweeg Lien dit om om te draai bushalte toe. Watter drie dinge laat haar egter besluit om te bly? (3)
10.  Beskryf Tibbey se voorkoms en optrede kortliks. Sê ook wat Lien tydens teetyd omtrent hom en Roos uitvind.
11.1  Roos ignoreer Lien egter heeltemal. Watter raad gee sy wel later vir Lien, en waar vind hierdie gesprek plaas? (4)
11.2  Hoe los Lien haar een probleem op pad huis toe op? (1)
11.3  Kan jy reeds op hierdie stadium die titel van die verhaal met die gebeure in verband bring? Verduidelik in een sin. (2)
12.  Lien maak dikwels van kleur gebruik om mense en hul emosies te beskryf. So beskryf sy byvoorbeeld haar ma dikwels as 'geel'. Wat bedoel sy wanneer sy haarself aan die einde van daardie eerste dag as bedelaar as 'half swart, half wit' beskryf? (2)
13.  Waar was die gesin waarskynlik in die videobeeld aan die einde van hierdie hoofstuk? (1)

HOOFSTUK 15 'N BOTTEL ENERGADE
1.  Verduidelik hoekom hierdie hoofstuk se naam ''n Bottel Energade' is. (1)
2.  Sê kortliks wat jy in hierdie hoofstuk van Roos se verlede en haar gesin leer. (4)
3.  'Haar nuwe skoene maak die staan makliker …' Aan watter ander dinge van die lewe op die straathoek raak Lien ook gewoond? (5)
4.  Hoe verskil die mense in die motors se optrede? (3)
5.  'Sy het die hoek versigtig gekies'
5.1  Verduidelik hierdie aanhaling kortliks. (2)
5.2  Watter bekendes het sy wel eendag raakgeloop? (1)
6.  'Dis asof sy 'n ander mens word as sy smiddae tien oor twee van die bus afklim.' Noem 3 verskille tussen Lien se persoonlike lewe en haar lewe as bedelaar. (3)

Opsomming
Lien en Tibbey kliek goed. Sy lag vir sy sêgoed en sy goeie beskrywings van mense wat by hulle verbyry.

Maak 'n opsomming van 7 punte waarin jy Tibbey en sy optrede op die straathoek beskryf. Verwys na sy lewensomstandighede en sê hoekom hy nie skuldig voel omdat hy bedel nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking