LIEN SE LANKSTAANSKOENE – HERSIENINGSVRAE 1 (Hoofstuk 11–15)
ANTWOORDE
HOOFSTUK 11 JULIA ROBERTS SONDER DIE MOND
1. Terwyl Lien en Miemie die rekwisietekamer
regpak, sit Lien 'n lang, rooibruin pruik en brilletjie op. Miemie sê dan dat
sy soos Julia Roberts lyk, maar sonder die mond.
2. Miemie en Lien moes die
rekwisietekamer gaan regpak. Hulle het met die kostuums en pruike gespeel en
Lien kon nie ophou lag nie. Lien het ook Miemie se snaakse laggie geniet. Hulle
gee mekaar byname wanneer hulle die kostuums aantrek. Hulle kry dit reg om orde
in die deurmekaarspul te skep en Lien voel skielik tuis in die kamer. Al die
reuke, grimering, klere, kleure en stukke dekor laat haar skielik tuis voel.
3. Sue-Ellen het die salon kom besoek.
Sy het haar werk teruggevra en Donovan het vir Lien gesê dat Sue-Ellen die
Maandag weer gaan begin. Die baba gaan by 'n tannie bly.
4.1 Sy bevind haar in 'n reisagentskap
om meer uit te vind oor wat sy alles nodig sal hê om Londen toe te gaan.
4.2 Sy sal tydelik R20 000 in haar
rekening moet hê om die Britse owerhede gerus te stel dat sy darem genoeg geld
het om vir haarself te sorg.
5.1 Lien moet R20 000 in haar rekening
hê, sy mag vir twee jaar gaan, maar net vir 'n jaar werk.
5.2 Gewoonlik hotelwerk of in 'n
restaurant of sekuriteitswerk. Dit hang af van wat beskikbaar is.
HOOFSTUK 12 DIE TRAANDRUPPEL
1. Dit verwys na een van Frederic Chopin is
impromptu komposisies. Lien se ma kan nie verstaan waarom hulle dit só noem
nie, want dit klink nie vir haar tranerig nie.
2.1 Lien woon die krieketwedstryd by
waar Braam-hulle die eerste keer met hul geborgde klere speel. Braam lyk tuis
tussen sy maats en hy maak kort-kort grappies.
2.2 Sy verstaan nie hoe hy kan leef asof
daar niks verkeerd is in sy lewe nie. Dit maak haar jaloers.
3. Sy sien geskok hoe gaar Braam se
beenskutte is. Sy besef dat Braam se R450 nie genoeg daarvoor en 'n nuwe denim
sal wees nie. Sy het ook gehoop hy sou iets bydra tot die leё kombuiskaste. En
sy wil liewer nie dink aan die duisende wat sy nodig het om in Londen te kom
nie.
4. Hulle het vir die verkeerde span
gejuig toe Renier deur een van Fonteine se manne uitgeboul is.
5. Sy gooi baie wyn en ys in haar glas
en beskryf Frederic Chopin as 'cute ou Fred' wat 'amazing' musiek met baie
goedjies en nootjies in geskryf het. Sy leun terug teen die bank met haar
oorfone op en haar gesig is 'n groot, rooi son. Sy lyk gelukkig.
HOOFSTUK 13 'N HUIS SONDER 'N MOEDER
1.1 Vroeg skool toe om eerste by die rekenaars en
drukker te wees.
1.2 Wag vir juffrou Breytenbach.
1.3 Vra of ek iets uit rekwisietekamer
kan leen.
1.4 Pruik en ou brilletjie.
1.5 Dink 'n leuen uit indien die
onderwyseres agterdogtig is.
2. Nie een van hulle het internet by die
huis nie.
3. Sy bied aan om vir meneer Visagie die
rekenaars aan te skakel en sy help juffrou Breytenbach om haar boeke klas toe
te dra en om die klas oop te sluit.
4. Sy het 'n klomp stories en
verskonings uitgedink.
5. Alhoewel haar ma daar is, is haar
prioriteite nie by haar kinders of haar huishouding nie; sy sorg net vir haar
eie behoeftes.
HOOFSTUK 14 'N CHANGE OF SCENERY (RÉGTIG)
1. 'n Plakkaat wat sy op die straathoek wil
gebruik waar sy gaan staan en bedel.
2. Sy het dit uitgeknip, dit op 'n
plakkaat geplak en dit toe netjies met plastiek oorgetrek.
3. Die aand toe sy saam met tannie Bets
na die Weigh-Less-sessie toe was. Op hul pad huis toe het tannie Bets by 'n
winkelsentrum gestop en terwyl Lien in die motor gewag het, het sy die vrou met
die plakkaat sien bedel.
4. In hoofstuk 6 was die ete by koffie
by die Wimpy bloot 'n verandering van omstandighede omdat sy nie direk na haar
huis hoef te gegaan het nie. Hier bevind Lien haar nou in 'n situasie waarin sy
haar nooit kon indink nie, en uit desperaatheid bedel sy op 'n straathoek omdat
nie een van haar vorige werke uitgewerk het nie.
5. Dit is ver van haar eie huis af en sy
hoop om hier in niemand bekend vas te loop nie. Niemand behoort haar hier te
herken nie.
6. Haar ma en Braam.
7. Waarskynlik haar pa wat hulle in
hierdie situasie laat beland het, maar dit kan ook haar ma wees wat nie
behoorlik na haar kinders omsien en 'n inkomste in die huis inbring nie. Drank
is haar eerste prioriteit.
8.1 Die stokou rok wat Lien bo uit haar
ma se kas gekry het, het nie sakke nie.
8.2 Sy sal ander skoene moet kry, want
die skoene druk haar voete vreeslik.
8.3 'n Bruingebrande vroutjie vol plooie
het haar kom wegjaag van die plek af waar sy gestaan het en geskree dat dit
haar plek was. Sy kon op die ander hoek gaan staan waar Johnny voorheen gewerk
het.
9. Die leё yskas by die huis, Braam se
stukkende krieketbeenskutte en die geld wat sy gaan nodig hê om oorsee te gaan.
10. Tibbey dra 'n geldsak om sy middel
en skud 'n blikkie. Tibbey kom nie elke dag op sy hoek bedel nie. Hy dra 'n pet
met 'n Bloubul-wapen op. Hy sê dat die mense in hierdie stad daarvan hou as
hulle sien jy ondersteun die Bloubulle. Roos en Tibbey praat Sotho met mekaar.
Roos staan elke dag op haar hoek en bedel. Sy is onvriendelik en rook tydens
teebreek. Sy dra 'n pienk handsakkie onder haar arm en besluit wanneer teetyd
verby is.
11.1 Lien gaan na die sentrum se
kleedkamer toe om te verklee. Roos is in die toilet langs hare. Roos sê vir
haar dat haar bord te spoggerig is – die mense gaan nie dink sy is arm nie. Sy
sê ook dat haar voete nie gaan hou in daardie skoene nie.
11.2 Sy koop 'n paar gemaklike, plat
swart skoene by Pep Stores op pad huis toe vir R38,99.
11.3 Hierdie paar swart skoene gaan die
skoene word waarin Lien vir lang tye op die straathoek gaan staan om vir geld
te bedel.
12. Sy voel skuldig omdat sy ander mense
se geld gevat het en niks daarvoor gedoen het nie, maar ook goed omdat sy iets
doen wat haar situasie gaan verbeter. Sy vergelyk dit met 'n diep rivier
waardeur sy alleen geswem het, en nog gaan swem.
13. Waarskynlik by die
Victoria-watervalle in Zimbabwe.
HOOFSTUK 15 'N BOTTEL ENERGADE
1. Lien het geleer om elke dag 'n bottel
Energade saam te bring, want dit maak die middag korter.
2. Roos het lank gelede, ver van hier af
op 'n plaas gebly en dis waar sy leer Sotho praat het. 'n Meisie met vreeslik
blond-gekleurde hare met drie blondekop kindertjies kom haal Roos elke middag
in 'n ou oranje Datsuntjie. Roos en Tibbey is baie na aan mekaar van baie jare
se saamwerk.
3. Sy raak gewoond aan die petroldampe,
die hitte van die teer is nie meer so erg nie en die geraas van die motors pla
haar nie meer nie. Sy drink Energade om die middae korter te maak en hou haar
geldsak byderhand, maar buite sig van die motoriste sodat dit nie lyk asof sy
daarop uit is om te veel geld te maak nie. Sy smeer alles wat uitsteek goed met
sonroom voordat sy op die bus klim en sy bring elke dag 'n vrug saam vir
teetyd.
4. Die mense is haastig en altyd iewers
heen op pad. Mense maak hul vensters toe as hulle naby haar stilhou, hulle
vermy oogkontak, maar die wat wel onderlangs loer, kyk na haar asof hulle iets
ruik wat stink. 'n Paar gaap haar openlik aan. Die meeste maak net of hulle
haar nie raaksien nie. Hulle loer vir haar met afsku, maar ook met vrees.
5.1 Dit is naby genoeg dat sy binne tien
minute met die bus hier kan kom, maar ver genoeg dat sy nie sommer bekendes sal
raakloop nie.
5.2 Die Van Aswegens wat in woonstel 204
in dieselfde blok as Lien-hulle woon.
6. Hier dra sy 'n rooibruin pruik en
klein brilletjie. Sou mense besef dat sy die rol van Weird Maria in juffrou
Breytenbach se jongste toneelstuk speel? Dat sy soggens die Internet surf en
spaar vir 'n eenrigtingkaartjie Europa toe, werksvakansie of nie? Hier is sy
iemand in 'n ander vel, bedelaar, laer as slaksleepsel; iemand vir wie die
samelewing sy neus optrek of tog bietjie jammer voel.
Opsomming
- Tibbey hou nie by die reëls wat hy vir Lien voorlê nie.
- Hy is 'n groot aantrekkingskrag op sy hoek waar hy soos 'n hanswors tekere gaan.
- Roos noem Tibbey se hoek 'Entertainment Corner'.
- Hy is nie nederig en skaam om geld uit die mense te kry nie.
- Hy maak dubbeld soveel geld as die ander.
- Hy swaai gewoonlik net sy Bloubul-vlag en 'n blikkie, maar soms 'n plakkaat.
- Hy het gereeld nuwe plakkate.
- Hy weet nie waar sy ma is nie en het nie sy pa geken nie.
- Hy bly in 'n buitekamer by die rolbalklub waar hy twee dae per week in die tuin werk.
- Hy glo nie hy vat mense se geld nie – hulle betaal hom vir die vermaak op sy hoek. (enige 7 toepaslike punte)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking