Maandag 01 Junie 2026

PERMANENTE INK HERSIENINGSVRAE 4

PERMANENTE INK HERSIENINGSVRAE 4 (Hoofstuk 16–20)
Vraag 1  Inhoudsvrae

Beantwoord die volgende vrae kortliks.
1.1  Wat vorm ʼn mooi agtergrond vir die ou Victoriaanse huis op die skoolterrein? (1) 
1.2  Wie gaan kyk een pouse na die ou Victoriaanse dubbelverdiepinghuis? (1)
1.3  Die twee meisies sien vir _____ wat na die ou huis toe draf. Hy het ʼn _____ in sy hand. (2)
1.4  Wat doen die persoon wat jy in vraag 1.3 identifiseer het, wat 'n mens agterdogtig maak? (3)
1.5  Wat laat die twee meisies verskrik van die huis af weghardloop? (1)
1.6  Wat is vir Amir baie eienaardig in sy soektog na inligting oor dr. Burke? (1)
1.7  Waarom is Morfeus so woedend? (1)
1.8  Wat bring konstabel Mentoor vir inspekteur Liebenberg wat hom baie ontstel? (1)
1.9  "Die hef is in my een hand ..." Hierdie woorde kan ʼn dubbele betekenis hê. Verduidelik. (2)
1.10 Werner verduidelik aan Zelda wat die skreeu is wat sy en Mia gehoor het. Wat was dit? (2)

[15] 

Vraag 2  Kontekstuele vrae

Lees die onderstaande aanhaling en beantwoord dan die vrae wat volg.

"Hy steek sy arms uit, vou dit agter sy kop en leun terug teen die boomstam. Sy T-hemp se kort moue skuif op en daar steek swart getatoeëerde syfers aan die binnekante van sy boarms uit."

2.1  Wie is "hy" van wie daar in die aanhaling gepraat word? (1)
2.2  Wat is die swart getatoeëerde syfers wat Zelda sien? (2)
2.3.1  Watter ander tatoeëermerk het die persoon? (1)
2.3.2  Wat is die betekenis van dié tatoeëermerk? (1)
2.4  Wat sê die persoon vir Zelda in verband met die skoolsielkundige? Gee twee feite. (2)
2.5  Wat vertel Zelda vir die persoon van die skoolsielkundige? Noem drie feite. (3)

[10]

Vraag 3  Waar of Onwaar

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is.

3.1  Dit is eintlik ʼn mak dier wat ʼn diep, aardse gebrul in die ou huis maak.
3.2  Amir is alleen besig met sy internetsoektog na dr. Harry Burke.
3.3  Zelda raak jaloers as sy sien hoe die meisies na Amir in die koffiewinkel kyk.
3.4  Morfeus dink die polisie is pateties, want hý is die een met mag oor lewe en dood, die een wat besluit wie lewe en wie sterf.
3.5  Werner wil nie verdere tatoeëermerke laat doen nie, want hy doen dit net om sy ma te gedenk.

[5]
Totaal: 30 punte

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking