PERMANENTE INK HERSIENINGSTOETS (Hoofstuk 1–38)
Vraag 1 Verander die sin om dit waar te maak
1.1 Al die gewroeg en
die Slipknot-songs maak Robert depressief, dink Zelda. (1)
1.2 As die pers niks meer oor die
Romeo-en-Juliet-reeksmoordenaar sê nie, sal dit hom frustreer en dit sal hom
laat ophou moorde pleeg. (1)
1.3 Werner gaan dikwels na die Ou
Koshuis toe, want hy steek sy hond Bullebrak daar weg. (1)
1.4 Dr. Marais steek die tieners se
selfone en rugsakke weg om te verhoed dat hulle met hul ouers en die polisie
kan kontak maak. (1)
1.5 Konstabel Mentoor slaan die
reeksmoordenaar katswink met haar vuurwapen om te keer dat hy Robert met gif
inspuit. (1)
Vraag 2 Karakters
Skryf die karakters na wie hier verwys word, se name
neer.
2.1 Hierdie karakter se ouers het
hoë verwagtings van hom en wil hê hy moet trots op sy kulturele erfenis wees.
(1)
2.2 Hierdie karakter is baie gesteld op
haar gewig en is nie bang vir Robert nie. (1)
2.3 Hierdie karakter is baie kunstig,
maar het baie seergekry in die lewe. Dit maak hom morbied. (1)
2.4 Hierdie karakter is baie skeppend en
skryf die hele tyd gedagtes neer. Sy sien die lewe asof sy deur ʼn kameralens
kyk. (1)
2.5 Hierdie karakter dink baie van
homself en het min empatie met ander mense. Hy is kru en maak lelike opmerkings
teenoor ander mense. (1)
Vraag 3 Kontekstuele vrae
Lees die onderstaande gedeelte deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
"Van ver af lyk dit na ʼn mooi maar afgeleefde Victoriaanse huis. Van naby is dit ʼn imposante dubbelverdiepinghuis met ʼn wye stoep wat reg rondom strek. Breë erkevensters sit weerskante van ʼn houtdeur met loodglasvensters. ʼn Toring wat lyk soos ʼn dwergie se hoed steek bo die dak uit. ʼn Klein donker venster loer vanuit die toring." [Permanente ink, bl. 87) "Dit is diep, aards, grommend. Dan styg dit na ʼn skril skree. Harder en harder. Dit kom vanuit die huis." [Permanente ink, bl. 89) |
3.1 In hierdie
verhaal word die Ou Koshuis ʼn karakter. Lees die twee aanhalings hierbo en sê
dan in watter paragraaf die Ou Koshuis ʼn antagonis is. (1)
3.2 Jy het nou die hele verhaal gelees.
Watter sinspeling tref ons in "ʼn Klein donker venster loer vanuit
die toring" aan? (2)
3.3 Die Ou Koshuis is verwaarloos en
onbewoon. Wat het hier gebeur dat niemand hier wil woon nie? (2)
3.4 Wat gaan die vyf tieners in die Ou
Koshuis doen? Verduidelik volledig. (2)
3.5 ʼn Huis behoort sy mense te beskerm.
Wat gebeur in die huis dat die tieners onbeskermd is? (1)
3.6 Hoe word die tieners gered? (2)
Vraag 4 Waar of Onwaar
4.1 Dr. Burke het aan die
Universiteit van Stellenbosch studeer. (1)
4.2 Dr. Marais is ʼn goeie padelspeler en
dis ook op hierdie baan waar konstabel Mentoor hom opspoor. (1)
4.3 Die reeksmoordenaar spog dat hy gif
in sy een hand het en ʼn mes in die ander hand. (1)
4.4 Amir word deur die reeksmoordenaar
vergiftig en hy steek Werner met ʼn mes. (1)
4.5 Amir is baie verbaas as dr. Burke sê dat hy nooit toestemming gegee het
dat Amir moet aanhou om by stelsels in
te breek nie. (1)
Vraag 5 Skryf telkens die korrekte kleur neer.
5.1 Zelda het lang _____ hare en _____
oë. (1)
5.2 Bella is ʼn groot _____ hond. (1)
5.3 Mia se selfoon is _____. (1)
5.4 Werner dra _____ jeans. (1)
5.5 Die papier waarop die
reeksmoordenaar sy briewe skryf is _____ (1)
Totaal (30)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking