PERMANENTE INK HERSIENINGSVRAE (Hoofstuk 1–5)
Vraag 1 Inhoudsvrae
Beantwoord die volgende vrae hieronder kortliks.
1.1 Waarom is daar nie ooglopende beserings
aan die Romeo-en-Juliet-reeksmoordenaar se slagoffer, Johannes Harmse, gevind
nie?
1.2 Hoeveel tieners is tot op datum al
vermoor?
1.3 Die skoolhoof besef dat detensie nie
meer gaan werk as straf vir die vier graadelf-leerders nie. Op watter manier
straf hy hulle hierdie keer?
1.4 Wat sal met die vier leerders gebeur
as hulle weier om saam te werk?
1.5 Watter naam gee die Romeo-en-Juliet-reeksmoordenaar
vir homself?
1.6 Die boodskap in die brief aan
inspekteur Liebenberg is ontstellend. Wat maak die brief nog erger?
1.7 Waarom het Robert du Toit ʼn
"oppasser" en "instaanma" nodig?
1.8 Waarom noem Robert die Ou Koshuis ʼn
"slaghuis"?
1.9 Wat is die enigste twee maniere om leerders
ten volle teen die Romeo-en-Juliet-reeksmoordenaar te beskerm, volgens die
skoolhoof?
1.10 Hoe weerlê "Die
Oggendblad" die feit dat die polisie eers ʼn verslag kan uitreik as die nadoodse
ondersoeke afgehandel is?
Vraag 2 Vul die ontbrekende woord in
Skryf slegs die ontbrekende woord/woorde neer.
2.1 Die
graadelf-leerder met die _____ hare se naam is Robert du Toit.
2.2 Die graadelf-leerder met die lang
kuif se naam is _____.
2.3 _____ is byna noot sonder sy
skootrekenaar nie.
2.4 Die skoolsielkundige by Hoërskool
Duiwelspiek se naam is _____.
2.5 _____ verwys na die
Romeo-en-Juliet-moorde as ʼn "gedoente".
2.6 _____ fokus nie, volgens die
skoolhoof van Hoërskool Duiwelspiek.
2.7 _____ word vergelyk met die
Rottevanger van Hameln.
2.8 Hierdie twee leerders oortree skool-
en landswette: _____ en _____.
2.9 Robert vertel _____ van sy nuutste
oortreding.
2.10 _____ het ʼn nuwe tatoeëermerk op sy
maag.
Vraag 3 Waar en onwaar
Dui elke keer aan of die feit wat gegee
word Waar of Onwaar is.
3.1 Amir het ʼn ma, ʼn pa en susters.
3.2 Zelda het lang, donker hare en blou
oë.
3.3 Die vier tieners moet dertig uur
lank in die Ou Koshuis gaan werk.
3.4 Mia dink Amir is cool en Werner is
hot.
3.5 Die Ou Koshuis staan op die
skoolterrein en is in ʼn Neogotiese boustyl gebou.
3.6 Zelda is baie gefrustreerd oor die
werk in die Ou Koshuis, want sy wil graag haar draaiboek klaar skryf.
3.7 Die polisiekommissaris Jakes Tshabalala
vra ouers om deurentyd bewus te wees wat hul kinders doen en dat enige
inligting by die naaste polisiestasie aan die polisie verskaf moet word.
3.8 Werner het donker hare en donkerblou
oë.
3.9 Inspekteur Liebenberg vermoed dat die
brief wat hy van die Romeo-en-Juliet-moordenaar ontvang deur ʼn na-aper geskryf
is.
3.10 Daar is nie vingerafdrukke op die
koevert wat by die polisiestasie afgelewer word nie, maar daar sal moontlik DNS
van die moordenaar gekry kan word waar hy die seël gelek het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking