PERMANENTE
INK HERSIENINGSVRAE 3 (Hoofstuk 11–15)
Vraag 1 Inhoudsvrae
1.1 Identifiseer die karakter in die prent
hierbo. Skryf sy naam en van neer. (1)
1.2 Waarom kan hierdie karakter min of
meer doen wat hy wil? (1)
1.3 Dokter Burke gee vir hierdie
karakter 'n keuse van drie take om uit te voer. Noem hierdie drie take. (3)
1.4 Waarom dink jy is hierdie tiener so
in die donker besig? (1)
1.6 Watter groot hartseer steek hierdie karakter weg? (1)
1.7 Met wie het hierdie karakter ook nog 'n verdere probleem? (1)
1.8 Hoe reageer hierdie karakter as dokter Burke van sy hartseer aan die ander tieners vertel? (2)
1.9 Wat moet hierdie karakter vir dr. Burke inhandig? (1)
1.10 Identifiseer die karakter in die prent hierbo. Skryf sy naam en van neer. (1)
1.11 Hierdie karakter is ook met donker dinge besig. Wat doen hy hier? (1)
1.12 Wie plaas baie druk op hierdie karakter en hoekom? (1)
1.13 Waarom is hierdie karakter so verbaas oor die opdrag wat hy by dokter Burke kry? (1)
1.14 Watter raad gee die tienermeisie aan hierdie karakter? (1)
1.15 Identifiseer die karakter in die prent hierbo. Skryf haar naam en van neer. (1)
1.16 Watter opdrag kry hierdie karakter by dokter Burke? (1)
1.17 Uit watter oogpunt moet sy dit doen, volgens doktor Burke? (1)
Vraag 2 Wie sê die volgende?
2.1 "Kom ons hou dit eenvoudig
en pynloos." (1)
2.2 "... basies sê hy vir ons ons
moet aanhou met wat ons doen." (1)
2.3 "Demmit, man! Jy's my
regterhand." (1)
2.4 "Ek dink julle moet fokus op
punt sewe tot twaalf op die lys." (1)
2.5 "... ek moes gou 'n oproep maak."
(1)
Vraag 3 Kontekstuele vrae
Lees die onderstaande aanhaling en beantwoord dat die vrae wat volg.
|
"Die moordenaar volg duidelik die saak in die media en maak kontak met die polisie deur middel van die grusame briewe." |
3.1 Kies die korrekte opsie: Die vrou wat hier
praat is 'n polisiebeampte / kriminoloog / onderwyser / misdadiger. (1)
3.2 Watter voorstel maak hierdie persoon
oor die media? (1)
3.3 Hoe word hierdie voorstel wat jy in
vraag 3.2 genoem het, geïgnoreer? (1)
3.4 Hoe word die persoon wat die
oortreding begaan het, gestraf? (1)
3.5 Wie is konstabel Mentoor? (1)
Totaal: 30 punte




Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking