Donderdag 30 April 2026

TUIMELTREIN TAALOEFENINGE 6 – René van Zyl

TUIMELTREIN TAALOEFENINGE 6 – Hoofstuk 10 & 11

Vraag 1          Sinstrukture

Skryf die sinne hieronder oor soos aangedui. Moenie die basiese betekenis daarvan verander nie.

1.1  Jakkals beveel: "Staan stil of ek skiet jou."
       Jakkals beveel Abby om ..., anders sal ...
1.2  Abby probeer wegvlug, maar Jakkals skiet haar in die heup.
       Wanneer ..., ...
1.3  Sy draai haar serp om haar bobeen om die bloeding te stop.
       Sy draai haar serp om haar bobeen sodat ...
1.4  Sy volg die vurkhyser terwyl sy in geweldige pyn verkeer.
       Sy volg die vurkhyser; intussen ...
1.5  Jakkals laai die motorwrak in die kompakteerder.
       Die motorwrak ...
1.6  Henri en Jasper raak histeries wanneer hulle besef wat gaan gebeur.
       Sowel ...
1.7  Kan jy jou indink hoe bang hulle moes wees?
       Nee, ...
1.8  Abby probeer intussen desperaat om die masjien af te skakel.
       Desperaat ...
1.9  Sy stop die masjien betyds. Sy verloor haar bewussyn .
       ... nadat ...
1.10 Wanneer sy bykom, wil sy weet of Jasper oukei is, en of Henri se gesig iets oorgekom het.
       Wanneer Abby bykom, vra sy: "..., ...?"

Vraag 2          Woordstrukture

Kyk na die woorde tussen hakies en voer die instruksies uit soos aangedui.

Wanneer Jakkals die motortjie 'n 2.1 (drie - rangtelwoord) _____ keer stamp, rol die motortjie. 'n Mens hoor die 2.2 (gil - afgeleide byvoeglike naamwoord) _____ tieners en net daarna is dit 2.3 (stil - intensiewe vorm) _____.

Abby klim 2.4 (onmiddellik - sinoniem) _____ uit die motorwrak om 2.5 (help - afgeleide naamwoord) _____ te gaan soek.

By Danny's Scrapyard sien Abby hoe 'n 2.6 (vaskeer - verlede deelwoord) _____ Henri en Jasper desperaat probeer om 2.7 (uitkom - regte vorm) _____ voordat die masjien hulle vermorsel.

Na al die drama by die 2.8 (scrap yard - Afrikaans) _____ is almal 2.9 (exhausted - Afrikaans) ____. Abby, Jasper en Henri is so ernstig 2.10 (seer - afgeleide werkwoord) _____ dat hulle in die hospitaal 2.11 (land, beland, geland - regte woord) _____.

Abby het haar 2.12 (bewus - afgeleide naamwoord) _____  verloor en word eers 2.13 (fier, vier, veer, vuur - kies die regte woord) _____ dae 2.14 (laat - vergrotende trap) _____ in die hospitaal wakker. Haar 2.15 (pa en ma - een woord) _____ staan 2.16 (op, langs, met - kies die regte voorsetsel) _____ haar bed wanneer sy wakker word.

By die Lentefees is daar groot 2.17 (belangstel - afgeleide naamwoord) _____ in die fliek en die tent is 2.18 (vol - intensiewe vorm) _____ fliekgangers.

Abby-hulle besluit om die film in die 2.19 (nm. - skryf die woord) _____ weer te vertoon nadat dit die 2.20 (een - rangtelwoord) _____ keer so 'n groot sukses was.

Vraag 3          Kommunikasie

Lees die vrae noukeurig deur. Voer die instruksies by elke vraag uit en beantwoord net wat gevra word.

3.1

Kies die korrekte respons op Vraag 3.1.1 en 3.1.2. Skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.

3.1.1   Situasie:

Tydens Carolus van Niekerk se begrafnis beland Kollenel, ouma Linah se hondjie, op die kis in die oop graf. Een begrafnisgangers dink dis 'n teken van Bo. Wat sê die persoon verbaas om die situasie te verduidelik?

A  Kan jy dit glo? En die arme Carolus het nie eens van honde gehou nie.

B  Dis nou toevallig. Twee in dieselfde graf op dieselfde dag.

C  Carolus draai in sy graf om as hy moet weet wat nou net gebeur het.

D  Nou toe nou! God weet mos dat Carolus baie lief vir honde was.

 (2)

3.1.2   Situasie:

Terwyl Henri in die hospitaal was, het sy pa die hele tyd langs sy bed gesit en herhaaldelik verskoning gevra en om vergifnis gesmeek omdat hy Henri al die jare so sleg behandel het. Wat sê die berouvolle pa vir sy seun?

 

A  Dankie Seun, dit was 'n groot plesier om al die jare jou pa te kon wees.
B  Ek is jammer, Henri, vergewe my asseblief dat ek so 'n nare pa was.
C  Ai Henri, ons het al die jare so 'n goeie pa-seun-verhouding gehad.
D  Word gou gesond en moenie weer sulke stout dinge aanvang nie.

 (2)

3.2

Lees die situasie wat beskryf word, deeglik. Skryf dan die korrekte antwoord wat jy by 3.2.1 en 3.2.2 kies, korrek oor. Kies elke keer die antwoord wat die sin logies, betekenisvol en taalkundig korrek voltooi.

Situasie:

Izzie het besluit om 'n boek oor sy en Jakkals se 'heldedade' tydens hul tyd in die weermag te skryf. Hy vertel Jakkals daarvan. Jakkals is baie ontsteld en woedend en hy dreig om Izzie leed aan te doen as Izzie so 'n boek publiseer. Wat sê hy vir Izzie?

3.2.1 (Waag dit net / 'n Uitstekende plan / Nou toe nou)! 3.2.2 (Almal sal dit graag wil lees / Ek sal dit beslis nie toelaat nie / Dink net hoeveel geld gaan ons maak).

            (2)

3.3

Skryf elke keer wat jy dink die persoon in die situasie sou sê. Jou respons moet 15–20 woorde lank wees en jy moet nie die vetgedrukte woorde herhaal nie

3.3.1   Jakkals is in die tronk, maar iemand smokkel vir hom 'n selfoon in. Hy stuur 'n teksboodskap waarin hy die tieners dreig en waarsku. Skryf die teksboodskap wat hy aan hulle stuur.

            (2)

3.3.2   Abby is baie ontsteld en vreesbevange wanneer sy Jakkals se boodskap lees. Jasper stel haar egter gerus en verseker haar dat dit net bangmaakpraatjies is en dat hulle veilig is. Wat sê Jasper?

(2)

[10]

Meer moontlike scenario's by Vraag 3.3:

 

> Henri is by Abby in die hosiptaal. Hy probeer haar opvrolik en moedig haar aan om gou gesond te word voor die Lentefees. Wat sê hy vir haar?
> Na die staande applous aan die einde van die fliek bedank 'n emosionele Henri vir Scooby vir sy hulp en bystand om die film betyds gereed te kry. Wat sê hy vir hom?
> Na die Lentefees kondig juffrou Makou trots aan dat Abby-hulle se film Once Upon a Time in the North West die pryswenner van die dag se items is. Sy wens hulle geluk en roep hulle om vorentoe te kom. Wat sê sy?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking