TUIMELTREIN TAALOEFENINGE 4 – Hoofstuk 7 & 8
Vraag 1 Sinstrukture
Skryf die sinne hieronder oor soos aangedui. Moenie die basiese betekenis daarvan verander nie.
1.1 Scooby gee vir Henri 'n Taser om homself teen
Jakkals te beskerm.
Henri kry ... sodat ...
1.2 Die jonges ontmoet ouma Linah. Sy
woon langs Scooby-hulle.
Die jonges ontmoet ouma Linah wat
...
1.3 Wanneer Abby-hulle daar aankom, sit
sy op die voorstoep en wag.
Toe ..., ...
1.4 Sy gaan graag begrafnis toe, want sy
hou van die verversings.
Aangesien ..., ...
1.5 Het Scooby se ma al (alreeds) die
verversings vir die begrafnis voorberei?
Nee, sy ma ...
1.6 Ouma Linah sê: "Kollenel, kom
groet die mense."
Ouma Linah sê vir Kollenel dat
...
Ouma Linah sê vir Kollenel om ...
1.7 Jasper sê: "Jy moenie so kwaai
met my wees nie, Kollenel."
Jasper sê Kollenel hoef ...
1.8 Scooby gebruik ouma Linah se blou
motortjie om begraafplaas toe te ry.
Ouma Linah se motortjie ... om
begraafplaas toe te ry.
1.9 Abby wil weet of hulle almal in die
klein motortjie sal inpas?
Abby vra: "...?"
1.10 Henri-Etta het pepersproei in haar handsak om in 'n noodgeval te gebruik.
In haar handsak ... wat sy ...
Vraag 2 Woordstrukture
Kyk na die woorde tussen hakies en voer die instruksies uit soos aangedui.
Op een van die 2.1 (video - meervoud) _____ op die selfoon verskyn Jonah met 'n verband
oor sy 2.2 (toeswel - verlede deelwoord) _____ oog. Abby is 2.3 (baie kwaad - intensiewe vorm) _____ vir Jonah wat so 2.4 (oop - afgeleide bywoord) _____ staan en 2.5 (jok - sinoniem)
_____
Jonah 2.6 (skuldig - afgeleide werkwoord) _____ die ander daarvan dat hulle
hom probeer 2.7 (kidnap
- Afrikaans) _____ het en dat hy 2.8
(hard - intensiewe vorm) _____ moes
terug baklei.
Wanneer Henri met perfekte 2.9 (grimeer - afgeleide naamwoord) _____ by die badkamer uitkom, kan die ander nie hul 2.10 (oog - meervoud) _____ glo nie. Abby voel skoon 2.11 (jealous - Afrikaans) _____ as sy hom sien.
Ouma Linah is 'n klein 2.12 (vrou - verkleining) _____ in haar 2.13 (vroeg - regte vorm) _____ sewentigs. Kollonel is 'n 2.14 (aggressief - regte vorm) _____ pug, maar hulle is baie lief vir 2.15 (each other - Engels) _____.
Ouma Linah se 2.16 (kind + jaar - samestelling) _____ was dikwels 2.17 (maklik - antoniem) _____, want hulle was 2.18 (baie arm - intensiewe vorm) _____ 2.19 (T.s.v. - skryf in woorde) _____ hul armoede het sy egter 'n vol en gelukkige lewe 2.20 (gely, gelei, gelui - kies die regte woord) _____
Vraag 3 Kommunikasie
Lees die vrae noukeurig deur. Voer die
instruksies by elke vraag uit en beantwoord net wat gevra word.
3.1
Kies die korrekte respons op Vraag 3.1.1 en 3.1.2. Skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
3.1.1 Situasie
Henri bied aan om vir Jakkals in 'n kroeg te ontmoet en die waarheid uit hom te probeer kry. Scooby is baie beïndruk hiermee. Hy spreek sy bewondering uit en komplimenteer Henri vir sy dapperheid en waagmoed.
Kies Scooby se moontlike respons op Henri se aanbod, en skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
A Nee Henri, jy kan dit nie doen nie. Dis
heeltemal te gevaarlik en die waagstuk is te groot.
B Sjoe Henri, dis 'n groot waagstuk wat jy
neem. Ek dink jy het baie moed om so iets te doen.
C Ek wil graag saam met jou gaan as jy dit
doen, Henri. Dit klink vir my baie opwindend.
D Ai Henri, ek gaan so lekker lag as Jakkals
jou nie met 'n rok en grimering herken nie.
(2)
3.1.2 Situasie:
Jasper is ontsteld dat ouma Linah se hondjie, Kollenel, hom aan die broekspyp gegryp het toe hy die badkamer gebruik het. Ouma Linah vind dit amusant en verseker Jasper dat Kollenel dit nie sou doen as hy nie van Jasper gehou het nie.
Kies die korrekte woorde wat sy aan Jasper sal sê, en skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
A Jammer Jasper, maar dis duidelik dat Kollenel
glad nie van jou hou nie.
B Jasper, dis oukei. Kollenel doen dit
met almal wat my badkamer gebruik.
C Dis vreemd, Kollenel het dit nog nooit
voorheen met iemand gedoen nie.
D Geluk ou Jasper, Kollenel doen dit net
aan mense van wie hy baie hou.
(2)
3.2
Lees die situasie wat beskryf word, deeglik. Skryf dan die korrekte antwoord wat jy by 3.2.1 en 3.2.2 kies, korrek oor. Kies elke keer die antwoord wat die sin logies, betekenisvol en taalkundig korrek voltooi.
Situasie:
"Julle beter bid.
Times ten. Ek gaan my grootste rol nog speel."
Henri kan nie wag om vir Jakkals in 'n lokval te lei nie. Hy nooi die ander vol selfvertroue uit om te kom kyk hoe hy sy vertoning van 'n
leeftyd op die begrafnis gaan lewer.
Ek voel so 3.2.1 (bang
/ opgewonde / onseker) om Jakkals vas te trek.
3.2.2 (Kom kyk gerus hoe oortuigend ek die skelm uitoorlê. / Ek sal my bes
probeer om julle nie teleur te stel nie / Ek gaan vir hom wys dat ek 'n beter
akteur as hy is).
(2)
3.3
Skryf elke keer wat jy dink die persoon in die situasie sou
sê. Jou respons moet 15–20 woorde lank wees en jy moet nie die vetgedrukte
woorde herhaal nie.
3.3.1 Scooby maak die ander drie wakker
waar hulle in die doodskiste slaap. Hy jaag
hulle aan, want hy is bang sy pa
kom in en vind hulle daar. Wat sê hy vir hulle?
(2)
3.3.2 Henri kom by die badkamer uit en lyk
ongelooflik in vroueklere. Abby kyk hom verbaas
aan en komplimenteer hom met sy nuwe
voorkoms. Wat sê sy vir Henri?
(2)
[10]
Meer moontlike scenario's by Vraag 3.3:
> Johannes van die
buurtwag vertel dat Izzie dwelms in sy roomys versteek en dit aan skoolkinders
verkoop het. Abby is geskok en
terselfdertyd baie kwaad as sy
daarvan hoor. Wat sê sy vir die ander?
> Ouma Linah is uitgesproke en waarsku
die jonges om Jakkals nie te vertrou nie en dat hy 'n gevaarlike man is. Sy kritiseer hom omdat hy mense probeer
omkoop. Wat sê sy vir die drie?
> Ouma Linah is ongeduldig om by die
begrafnis te kom en raas met
Henri-Etta wat sukkel om agterin haar motortjie in te pas. Wat sê sy dreigend?

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking