TUIMELTREIN TAALOEFENING 3 Hoofstuk 5 & 6
Hoofstuk 5 & 6
Vraag 1 Sinstrukture
Skryf die sinne hieronder oor soos aangedui. Moenie die basiese betekenis daarvan verander nie.
1.1 'n Polisieman wil weet hoekom Henri nie 'n
valhelm dra nie.
'n Polisieman wil by
Henri weet: "...?"
1.2 Jasper ontvlug van die polisie en hulle ry na
Jonah se huis toe.
Jasper kry dit reg om
...; daarna ...
1.3 Abby en Henri wil nie by Jonah oorbly nie,
want die kamer is baie vuil.
Abby en Henri is nie
gretig om ..., aangesien ...
1.4 Jasper vra dreigend: "Jonah, gaan jy ons nog aan die polisie rapporteer?
Jonah antwoord
verskrik: "Nee, ..."
1.5 Die jonges sien 'n lykswa oorkant die pad en besluit om daarin te ontvlug.
Wanneer ..., ...
1.6 Die lykswa word deur Scooby, 'n skoolmaat van
die drie tieners, bestuur.
Scooby, wat ..., ...
1.7 'n Rukkie later word hulle onverwags by 'n
padblokkade afgetrek.
By 'n padblokkade ...
1.8 Die polisie deursoek die lykswa, en dan kan
Scooby verder ry.
Nadat ..., ...
1.9 Scooby skrik as hy hulle sien, maar belowe om
nie die polisie te kontak nie.
Scooby skrik as hy
hulle sien, maar belowe dat ...
1.10 Hy bied vir hulle
slaapplek in die lykshuis se doodskiste aan.
Hy sê: "Julle
..."
Vraag 2 Woordstrukture
Kyk na die woorde tussen hakies en voer die
instruksies uit soos aangedui.
Op
pad Ifafi toe kry Jasper dit reg om die polisie 2.1 (afskud - regte
vorm) _____. Jonah is alleen 2.2 (by die huis - een woord) _____ wanneer
hulle daar aankom.
'n 2.3 (Dwelm - afgeleide byvoeglike naamwoord) _____ Jonah bied aan dat
hulle in sy 2.4 (netjiese - antoniem) _____ kamer kan 2.5 (nag - afgeleide werkwoord) _____
As Jonah hoor dat die polisie 'n 2.6
(reward
- Afrikaans) _____ aanbied, stel hy baie belang. Jasper dink Jonah is 'n 2.7 (verraai - afgeleide naamwoord) _____, want hulle was altyd 2.8 (goed - oortreffende trap) _____ vriende.
Die jonges besluit om Ifafi agterin 'n lykswa te verlaat. Scooby is 'n 2.9 (oplei - verlede deelwoord) _____ motorbestuurder en hy sit 2.10 (alleen - intensiewe vorm) _____ voor in die 2.11 (voertuig, vaartuig,
vliegtuig - kies die regte woord) _____ terwyl die ander 2.12 (stil - intensiewe vorm) _____ agterin wegkruip.
2.13 (Tydens - sinoniem) _____ 'n padblokkade sien die polisie niemand
agterin die lykswa nie en hulle kom 2.14
(safe
- Afrikaans) _____ by Scooby-hulle se plek aan.
Henri sê: 2.15 "(Dankie, Jammer, Asseblief - kies die
regte woord) _____ Scooby, help ons. Ons het 'n klein 2.16 (probleem -
verkleining) _____." Scooby maak 'n 2.17
(belowe - afgeleide naamwoord) _____
dat hy nie die polisie sal kontak nie.
Die jonges sien baie 2.18 (kis - meervoud) _____ op die grond
staan waarin die 2.19 (dood - korrekte vorm) _____ mense
geplaas word. Hulle sien ook 'n kas vol 2.20
(hemde, rokke, truie - geen een
woord) _____ teen die een muur.
Vraag 3 Kommunikasie
Lees die vrae noukeurig deur. Voer die
instruksies by elke vraag uit en beantwoord net wat gevra word.
3.1
Kies die korrekte respons op Vraag 3.1.1 en 3.1.2.
Skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
3.1.1 Situasie:
Jonah hoor van die geldelike beloning wat hy kan kry as hy sy vriend Jasper verraai. Dit beteken hy kan meer dagga koop. Jasper is baie kwaad hieroor en dreig dat Jonah nie hiermee sal wegkom nie.
Kies Jasper se moontlike respons op Jonah se voorneme, en skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
A Ja toe, waag dit net, en ek belowe jou jy sal
vir die res van jou lewe spyt wees hieroor.
B Dankie Jonah, jy is 'n ware vriend. Ek het
geweet ons kan staatmaak op jou hulp en ondersteuning.
C Hoe lyk dit daar met 'n bietjie dagga Jonah?
Ons twee het lanklaas iets saam gerook, of hoe?
D Asseblief Jonah, moenie die polisie kontak
nie. Hulle sal ons opsluit as hulle ons vang. (2)
3.1.2 Situasie:
Jasper stuur vir sy ouers 'n teksboodskap van Jonah se foon af om te sê dat die skoolhoof hulle bedreig en versoek hulle om die polisie dadelik te laat weet dat hul lewens in gevaar is.
Kies die korrekte boodskap wat hy aan sy ouers sal stuur, en skryf slegs die letter wat jy kies, langs die vraagnommer neer.
A Haai julle, moenie bekommerd wees nie, ons is
veilig en sal die motorfiets mooi oppas.
B Ma, Pa, ons kuier lekker hier by Jonah en sal
laat weet wanneer ons huis toe kom.
C Pa en Ma, kontak die polisie dringend.
Jakkals is op ons spoor en wil ons doodmaak.
D Hallo daar, ek kontak julle net om te sê dat
die polisie ons soek en dat ons vir hulle wegkruip. (2)
3.2
Lees die situasie
wat beskryf word, deeglik. Skryf dan die korrekte antwoord wat jy by
3.2.1 en 3.2.2 kies, korrek oor. Kies elke keer die antwoord wat die sin
logies, betekenisvol en taalkundig korrek voltooi
Situasie:
Die drie jonges agterin die lykswa skrik groot as die polisie die lykswa van die pad af trek. Henri is vreesbevange en paniekerig en maak 'n voorstel wat hulle kan doen om nie raakgesien te word nie. Hy versoek die ander om nie te beweeg of 'n geluid te maak terwyl hulle wegkruip nie. Wat stel hy voor?
Ek is 3.2.1 (verlig, opgewonde, vrekbang), julle. 3.2.2 (Kom ons gee onsself aan die polisie oor / Kom ons wees baie stil terwyl hulle die lykswa deursoek / Kom ons skree dat iemand ons moet kom help). (2)
3.3
Skryf elke keer wat jy dink die persoon in die situasie sou sê. Jou respons moet 15–20
woorde lank wees en jy moet nie die vetgedrukte woorde herhaal nie
3.3.1 Abby vra verskoning wanneer die vars blomme agter in die lykswa haar laat nies. Sy is bekommerd en vol selfbejammering. Wat sê sy vir die ander? (2)
3.3.2 Scrooby skrik
groot en is baie verbaas as die drie
jongmense uit die lykswa klim. Hy raas
met hulle omdat hulle hom so laat skrik het. Wat sê hy vir hulle? (2)
[10]
Meer moontlike
scenario's by Vraag 3.3:
> In die lykswa is Jasper onseker en huiwerig oor
wat hulle volgende stap moet wees. Wat vra
hy vir die ander twee?
> Scooby is baie joviaal en vriendelik en
nooi die drie uit om hulself tuis te maak en van die drinkgoed in die yskas te
geniet. Wat sê hy vir hulle?
> 'n Week nadat Jasper vir Jonah
uitgeslaan het, kry Jasper 'n teksboodskap van Jonah waarin hy verskoning vir sy optrede vra. Jonah is baie onderdanig (humble) en
wil weet of hy en Jasper weer kan vriende wees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking