DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 9 – Hoofstuk 56–62 (bladsy 250–275)
VRAAG 1 Kontekstuele vrae
A
|
Dan gaan 'n lig in die vertrek op die video aan. Stemme klink op.
Onduidelik. 'n Man en 'n vrou, maak ek darem uit. "Some wine?" vra die vrou wat ek netnou gehoor het. Nader, want ek kan haar duideliker hoor. |
[bladsy 263]
Greg sit en wag om die Baker op kamera vas te lê en kry uiteindelik sy kans.
1.1 Waar is Greg terwyl hy dophou wat die Baker
doen? (1)
1.2 Wat antwoord die Baker wanneer die
vrou vir hom wyn aanbied? Sê kortliks. (1)
1.3 By watter vorige geleentheid het
hulle ook saam wyn gedrink terwyl swaar klaviermusiek gespeel het? (1)
1.4 Greg sien twee keer die Baker se
hand.
1.4.1 Wat doen sy hand die eerste keer?
(1)
1.4.2 Wat doen sy hand die tweede keer?
(1)
1.5 Volgens Greg is die Baker se hare
"die kleur van blinkgevryfde staal". Sy hare is dus
A blond
B grys
C bruin
D swart (1)
1.6 Wie praat skielik agter Greg terwyl
Greg die Baker sit en dophou? (1)
1.7 Waarvoor vra Greg verskoning noudat
hy weet wie die Baker is? Noem een ding. (1)
1.8 Oom Dirk herken die Baker die
volgende dag.
1.8.1 Wat is oom Dirk se reaksie wanneer
hy die Baker herken? (1)
1.8.2 Wie is die Baker, volgens hom? (1)
1.8.3 Oom Dirk noem die Baker 'n
"glibberige vent". Hoekom sou die polisie ook so dink? (1)
1.9 Waar het Greg die Baker al vantevore
ontmoet? (1)
1.10 Oom Dirk stel voor dat hulle 'n
strydkamer (war room) moet inrig.
Watter ruimte gebruik hulle hiervoor? (1)
B
|
Xander verduidelik sy plan asof dit 'n gedagtestroom is wat uit hom vloei. "Ons het die Baker se foto. Ons maak nog daarvan. Screenshots uit die video ... 'n paar uit alle hoeke. Die gesigherkenningsagteware sal dan makliker 'n match kan maak." |
[bladsy 273]
1.11 Tydens watter vertoning is
gesigherkenningtegnologie gebruik? (2)
1.12 Wat het die gehoor nie besef terwyl
hulle na die vertoning gaan kyk het nie? (1)
1.13 Hoekom is hierdie tegniek tydens
die vertoning gebruik? (1)
1.14 Watter tegniek gebruik die Chinese
deesdae om mense te identifiseer? (1)
1.15 Hoekom besluit Xander om nie
gesigherkenningsagteware by Amazon te koop nie? (1)
1.16 Wie is die eerste persoon op wie
Xander die gesigherkenningsagteware uittoets? (1)
[20]
Vraag 2 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?
2.1 Xander het vir Nicole in Jeffreysbaai gesoen.
(1)
2.2 Greg en Ayla soen mekaar passievol
op die Rialto-brug. (1)
2.3 Greg dink dat Ayla se pa dalk die
Baker kan wees. (1)
2.4 Die Baker het op 'n plaas
grootgeword. (1)
2.5 Die Baker se metgesel is waarskynlik
Engelssprekend. (1)
[5]
Vraag 3 Waar woon ...
3.1 Plank in Stellenbosch? (1)
3.2 André Symington? (1)
3.3 Gli? (1)
3.4 Greg-hulle in Florence? (1)
3.5 Greg-hulle in Venesië? (1)
[5]
Totaal: 30

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking