Maandag 06 April 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 7 – Fanie Viljoen

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS – Hoofstuk 46–Hoofstuk 47 (bladsy 204–215)

Vraag 1  Kortvrae

Tegnologie speel 'n belangrike rol in die boek.

1.1  Wat doen Plank met die transpondeerder wat Xander vir Greg stuur? (1)
1.2  Chloe gebruik tegnologie om 'n baie realistiese foto te genereer. Waarvan moet sy vir Greg 'n foto skep? (1)
1.3  Wat doen Greg met sy skootrekenaar voordat hy Stellenbosch verlaat? (1)
1.4  Wat doen hy met sy selfoon voordat hy Suid-Afrika verlaat? (1)
1.5  Waar gee Xander vir Greg 'n nuwe selfoon?
1.6  Wat doen Xander met die simkaart van Greg se ou foon? (1)
1.7  Wat doen Xander om hul woonplek se voordeur oop te maak? (1)
1.8  Wat doen Xander met Plank se selfoon? (1)
1.9  Wat doen Candon as Plank graag met Lisa wil praat?
1.10  Wat doen Xander met hul skootrekenaars voordat hulle Istanboel verlaat? (1)

[10]

Vraag 2  Kontekstuele vrae
A

Dis toe dat die klop aan die voordeur kom. Hard genoeg om deur die huis te donder. Dis asof die wêreld 'n oomblik lank huiwer, soos 'n YouTube-video wat vassteek. Dan kom die stemme wat buite die voordeur roep. Vuiste wat harder teen die houtdeur hamer.

Anderkant die huis hoor ek die voordeur breek. Hout kraak onheilspellend in die kosyn.

[bladsy 206, 207]

Greg-hulle verlaat Istanboel inderhaas.

2.1  Sê kortliks watter ontsnaproete hulle volg om hul agtervolgers te ontvlug. (2)
2.2  Waarheen gaan hulle vlug? (1)
2.3  Gee twee redes hoekom Xander besluit dat Plank nie mag saamgaan nie. (2)
2.4  Greg moet 'n baie belangrike keuse maak. Wat is die keuse? (2)
2.5  Dink jy Greg het die regte keuse gemaak? Hoekom dink jy so? Sê kortliks. (2)

B

Wat van ons vriendskap? Sal daar hierna nog so iets wees? Jy het hom op straat gelos en vir Xander gekies, Greg Owen. Hoe laag is dit? Wat het jy gedink? Jy's nes jou pa.

Ons laat vir Plank in Istanboel agter. Wie weet wanneer ek hom weer sal sien. Óf ek hom ooit weer sal sien.

[Bladsy 211, 214]

2.6  Waar het Greg en Plank se vriendskap begin? (1)
2.7  Waar het hulle na matriek weer hul vriendskap hervat? (1)
2.8  Greg dink: Jy's nes jou pa. Twee ander persone het Greg ook daarvan beskuldig dat hy net soos sy pa is. Wie het dit gesê, en waar? (4)

[15]

Vraag 3  Paragraaf

Skryf 'n kort paragraaf van 80–100 woorde oor die afskeid tussen Greg en Plank.
> Wie het besluit dat Plank nie saam met hulle mag gaan nie? (1)
> Waar neem Greg en Plank van mekaar afskeid? (1)
> Hoe reageer Plank wanneer Greg vir hom sê dat hy jammer is? (1)
> Plank wil eers Greg se hand skud. Wat doen hy egter in plaas daarvan? (1)
> Wat sien Greg as hy in die taxi klim en kyk na waar Plank gestaan het? (1)

[5]
Totaal: 30

Opdrag

Skryf 'n klasopstel van 250–350 woorde oor een van die volgende onderwerpe:

Die moeilikste keuse wat ek ooit moes maak / Die grootste besluit wat ek ooit moes neem

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking