Maandag 06 April 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 7 – Fanie Viljoen

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS – Hoofstuk 46–Hoofstuk 47 (bladsy 204–215)

ANTWOORDE 

1.1  Hy plant dit in sy hand in. (1)
1.2  Sy moet 'n foto skep wat lyk of daar 'n transpondeerder in Greg se hand ingeplant is. (1)
1.3  Hy vernietig dit soos Xander hom beveel het. (1)
1.4  Hy gooi die foon in 'n asblik op die lughawe net voor hy vertrek. (1)
1.5  In die Basilica Cistern (1)
1.6  Hy gooi dit in die water van die Basilica Cistern. (1)
1.7  Hy trek sy hand oor 'n elektroniese paneel teen die muur. (1)
1.8  Hy trap dit stukkend onder sy voete. (1)
1.9  Hy leen sy selfoon vir Plank. (1)
1.10  Hy trap die skootrekenaars fyn en flenters op die sitkamervloer. (1)

2.1  Hulle gaan deur die solderkamer na die terras toe. (1) Dan klim hulle oor die muurtjie tot op 'n platform, en spring tot op kussings onder in die straat. (1)
2.2  Na Florence in Italië (1)
2.3  Eers het hy die transpondeerder in sy hand ingeplant, daarna het hy 'n oproep na Lisa toe gemaak, en inligting aan 'n plaaslike inwoner verskaf. (2) (enige 2)
2.4  Hy moet kies of hy saam met Xander-hulle gaan, (1) en of hy by Plank in Istanboel gaan agterbly. (1)
2.5  Leerder se eie siening, byvoorbeeld
Ja, hy het die regte keuse gemaak. As hy nie saam met Xander-hulle gaan nie, sal hy nooit die Baker kan vastrek nie.
Nee, hy moes by Plank gebly het. Hulle is beste vriende en hulle het mekaar belowe dat hulle altyd daar vir mekaar sal wees. (2)
2.6  Toe hulle saam in Lawson Kollege was (1)
2.7  By die Universiteit van Stellenbosch waar hulle albei studeer. (1)
2.8  Tom (1) - in die NG Moederkerk in Stellenbosch (1) Xander (1) - in die Basilica Cistern in Istanboel (1)

3
Xander besluit dat Plank nie mag saamgaan nie (1) omdat hy al soveel probleme veroorsaak het. Nou neem Plank en Greg afskeid in die straat agter Xander-hulle se huis. (1) Plank hou hom dapper en sê Greg moet gaan, hy sal oukei wees.(1) Hy wil eers vir Greg 'n Lawson-handdruk gee, maar trek hom dan nader en gee vir hom 'n drukkie. (1) Wanneer Greg in die taxi klim, sien hy dat Plank nie meer daar staan nie. (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking