Maandag 27 April 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 10 – Fanie Viljoen

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 10 – Hoofstuk 63 – Nagebeure (bladsy 276–309)

Vraag 1  Inhoudsvrae

Beantwoord die volgende vrae hieronder kortliks.

Greg het die bose Baker en sy metgesel Valkyrie al voorheen gesien, maar dit nie besef nie.

1.1  Waar het hy Sebastian Stadler die eerste keer ontmoet? (1)
1.2  Waar het hy Stadler 'n tweede keer gesien, en nie besef dit was hy nie? (1)
1.3  Waar het hy die eerste keer die naam 'Valkyrie' teëgekom? (1)
1.4  Greg het 'n foto van Valkyrie gesien. Waar was dié foto geneem? (1)
1.5  Waar het hy Valkyrie die eerste keer in lewende lywe gesien? (1)
1.6  Waar het hy Valkyrie die tweede keer gesien? (1)
1.7  Waar in Florence het hy Sebastian Stadler en Valkyrie saam gesien? (1)
1.8  Waar sien hy hulle die laaste keer saam? (1)

Die bose Sebastian en Valkyrie was vir verskeie mense se dood verantwoordelik.

1.9  Hoe is Rian Trollip vermoor? (1)
1.10  Hoe is regter Gericke vermoor? (1)
1.11  Wat is met sy lyk gedoen? (1)
1.12  Waar is Tom se liggaam gelos? (1)
1.13  Waarmee is dok Pienaar vermoor? (1)
1.14  Hoe is Plank doodgemaak? (1)
1.15  Op watter manier is Greg amper vermoor? (1)
1.16  Hoe sterf die Baker? (1)

[16]

Vraag 2  Kontekstuele vrae
 

"Hoe was die begrafnis?" vra sy pa.
"Hartseer."
"Was Ma ook daar?"
"Almal wat vir Plank geken het, was daar. Nicole. Kwanele. TJ. Onnies van Lawson Kollege."
"Xander?"

[bladsy 308]

2.1  Wie het Greg se ma na die begrafnis toe vergesel? (1)
2.2  Wie het Lisa na die begrafnis toe vergesel? (1)
2.3  Hoe, dink jy, het Nicole vir Plank geken? (1)
2.4  Watter rol het Kwanele by Greg oorgeneem toe Greg Lawson Kollege verlaat het? (1)
2.5  Wie is TJ se oupa, en waar woon hy? (2)
2.6  Onderwysers van Lawson Kollege was ook by die begrafnis. Hoekom het Dok Pienaar, die vorige skoolhoof, nie die begrafnis bygewoon nie? (1)
2.7  Xander was nie by die begrafnis nie. Wanneer het Greg vir Xander en Ayla die laaste keer gesien? (1)
2.8  Na die begrafnis besoek Greg sy pa. Waar is sy pa? (1)

[9]

Vraag 3  Voltooi die volgende sinne kortliks.
 

3.1  Greg het die aanval op sy lewe oorleef deur betyds ...
3.2  Xander het die Baker met drie skote doodgeskiet, een ... en twee ...
3.3  Oom Dirk het amper in die Canale Grande verdrink omdat ...
3.4  Turret Media het verkeerdelik berig dat ...
[5]
Totaal: 30

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking