Donderdag 19 Maart 2026

TUIMELTREIN HERSIENINGSTOETS 6 – René van Zyl

TUIMELTREIN HERSIENINGSTOETS 6 HOOFSTUK 10 & 11 (bl. 160–188)

Vraag 1  Meng en pas

Baie dramatiese gebeure vind by Danny's Scrapyard & Easy Shred plaas.

Pas die persone by die feite hieronder en skryf slegs die nommer en letter neer wat bymekaar pas.

1.1

Skiet Jakkals in sy skouer

A

Abby se ma

1.2

Arriveer met die lykswa

B

Jasper se ouers

1.3

Staan by die wrak en huil

C

Jakkals

1.4

Gryp Abby voordat sy val

D

Henri en Jasper

1.5

Pluk Abby aan haar enkel weg

E

Jasper se pa

1.6

Druk die skakelaar wat die bek laat oopskuif

F

Henri se ma

1.7

Probeer desperaat uit die motorwrak kom

G

Scooby

1.8

Druk die rooi knop net betyds

H

Abby se pa

1.9

Vou koel hande om Abby se wange

I

Henri se pa

1.10

Koop vir ouma Linah 'n nuwe motortjie

J

Abby

[10]

Vraag 2  Kontekstuele vrae

"Jasper? En Henri? Is hulle oukei?" Hulle moet net oukei wees.

"Ja, danksy jou. Hulle lê ook hier in die Mediclinic. Henri se gesig is oukei. As jy wou weet." Haar pa glimlag. "Dit was sy grootste vrees."

'n Verligting sug deur haar lyf. Venus, Aarde en Mars gaan oukei wees.

[bladsy 170, 171]

2.1  "Jasper? En Henri? Is hulle oukei?"
       "Ja, danksy jou."
       Wat het Abby gedoen dat Jasper en Henri oukei is? Sê kortliks. (2)
2.2  "Henri se gesig is oukei. As jy wou weet." Hoekom is dit vir Henri so belangrik dat sy gesig oukei moet wees? (1)
2.3  Waar was Henri se pa tydens die eerste vier-en-twintig uur na die ongeluk? (1)
2.4  Abby is erger beseer as die twee seuns. Hoekom? (1)
2.5  Hoe lank was Abby bewusteloos? (1)
2.6  Hoekom is Henri in 'n rolstoel wanneer hy 'n rukkie later by Abby se kamer inkom? (1)
2.7  Noem enige twee beserings wat Jasper tydens die ongeluk opgedoen het. (2)
2.8  Venus, Aarde en Mars gaan oukei wees. Wie is Mars in hierdie metafoor? (1)

[10]

Vraag 3  Kortvrae
 

Saterdagoggend is Abby, Jasper, Henri en Scooby vroeg by die skool se atletiekveld waar die Lentefees se bedrywighede aan die gang is. Abby se oë gly oor die vrolike pretpark met 'n groot mallemeulewiel, 'n tuimeltrein, elektroniese swaaie en 'n aantal karnavaltente.

[bladsy 180]

3.1      Verskillende persone het verskillende funksies by die Lentefees.
3.1.1   Waarmee help die drie jonges se ouers? Noem een ding. (1)
3.1.2   Wat doen Abby en Jasper by die tent se ingang? (1)
3.1.3   Wat doen Henri en Scooby by die tent se ingang? (1)
3.2      Wat is die naam van die film wat vertoon gaan word? (1)
3.3      Wie het die kamerawerk vir die film gedoen? (1)
3.4      Waar het Scooby geleer om redigering te doen? (1)
3.5      Hoekom sukkel Henri om uit sy stoel uit op te staan? (1)
3.6      Tydens watter tonele in die film raak Abby baie emosioneel? (1)
3.7      Hoe reageer die gehoor aan die einde van die film? (1)
3.8      Wat doen Jasper en Abby aan die einde voor al die mense? (1)

 [10]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking