TUIMELTREIN HERSIENINGSTOETS 5 HOOFSTUK 8 & 9 (bl. 133–159)
Die tweede deel van hoofstuk 8 en die volledige hoofstuk 9 word hier getoets.
Vraag 1 Voltooi feite
Voltooi die sinne hieronder deur feite wat in die verhaal voorkom. Elke feit tel 1 punt.
Groot drama speel by die graf af wanneer die kis laat sak word.
Wanneer
die kis amper onder in die graf is, sak Henri-Etta 1.1 ..., roep Carolus se
naam en begin dan 1.2 ...
Scooby help Henri-Etta op en Jakkals staan nader om 1.3 ...
Kollenel spring uit Henri-Etta se arms en beland 1.4 ...
Iemand dink dis 'n teken van Bo, want 1.5 ...
'n Jong seun 1.6 ... en gee die hondjie vir 1.7 ... wat hom dan vir ouma Linah
gee.
Gelukkig onthou Henri-Etta om die 1.8 ... aan te skakel voordat haar vertoning
begin.
Sy sê vir Jakkals dat sy weet waar 1.9 ...
Henri-Etta kry seer wanneer Jakkals 1.10 ...
Henri-Etta sal sê waar die drie jongmense is as Jakkals 1.11 ...
Volgens Jakkals het die drie nie net vir Izzie vermoor nie, maar ook 1.12 ...
Wanneer Henri-Etta haar balans verloor, gryp sy 1.13 ... Terselfdertyd spuit sy
1.14 ...
Ouma Linah gebruik haar 1.15 ... om Jakkals 1.16 ..., en Jakkals beland in 1.17
...
Carolus se vrou 1.18 ... as sy sien wat gebeur.
Die drie hardloop weg. Gelukkig is die sleutel 1.19 ... en Jasper trek teen 'n
hoë spoed weg.
Net hierna kry Henri weer 'n 1.20 (hartaanval, angsaanval, beroerte,
skeelhoofpyn - kies die regte woord) ...
[20]
Vraag 2 Paragraaf
|
'Henri, wat doen jy?" vra Abby verward. "Ek los 'n final will and testament and movie for those that we leave behind." Hy hou die skerm na haar toe. "Praat. Jou laaste woorde." |
[bladsy 157]
Skryf 'n paragraaf van ongeveer 150 woorde oor wat die drie voortvlugtendes in hul "final will and testament" sê. Gebruik jou eie woorde wanneer jy hierdie paragraaf skryf.
Sorg dat jy die volgende aspekte in jou paragraaf aanspreek:
>
Hoekom dink Henri dis nodig om 'n 'final will and testament' op te neem? (2)
> Wat sê Henri vir sy pa? (1) en sy
ma? (1)
> Wat sê Abby vir haar ma? (1), haar
sussie? (1) en haar pa? (1)
> Wat sê Jasper vir sy ouers? (1)
> Wanneer sou Jasper dalk 'n beter
kind vir sy ouers gewees het? (1)
> Hoekom kry Henri dit nie reg om
vir Scooby ook 'n boodskap te stuur nie? (1)
[10]
Totaal: 30
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking