DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 5 Hoofstuk 31 - Hoofstuk 38 (bladsy 138–172)
Vraag 1 Kontekstuele vrae
Lees die drie kort aanhalings hieronder en beantwoord dan
die vrae wat daarop gebaseer is.
|
"Oom, ek het aangejaag." In die loop van die dag vertel ek vir Xander van die res. My oproep na mevrou Trollip. Lisa se pa se waarskuwing. Die boodskap wat ek uit die aanhoudingselle gekry het. My agtervolger. Die laaste keer wat ek vir Tom gesien het. Maar ek vertel hom nie van ... (bl. 148) "Hoekom het jy ons nie daarvan vertel nie?" vra Xander. |
In die drie aanhalings hierbo maak Greg baie inligting bekend.
1.1 Met wie praat Greg in die eerste
aanhaling? (1)
1.2 Waar het Greg die gebrande boek
gekry? Sê kortliks. (1)
1.3 Vir wie het Greg in die tronk
besoek? (1)
1.4 Wie het Greg aanvanklik gedink
kon dokter Trollip moontlik wees? (1)
1.5 Hoekom was dit egter 'n
doodloopstraat? (1)
1.6 Tydens die inbraak by Greg se
woonstel, is daar 'n boodskap met bloed op die glasdeur geskryf. Wat het die
boodskap gesê? (1)
1.7 Waar is Greg wanneer hy met
Xander in die tweede aanhaling praat? (1)
1.8 Watter boodskap het Greg in die
aanhoudingselle gekry? (1)
1.9 Ons lees hierbo van Greg se
agtervolger. Noem twee geleenthede waar Greg sy agtervolger gesien het. (2)
1.10 Waar het Greg Tom die laaste keer
lewend gesien? (1)
1.11 Waar het hy Tom gesien nadat hy
vermoor is? (1)
1.12 "Maar ek vertel hom nie van
..." Waarvan vertel Greg Xander nie? (1)
1.13 Hoe het Xander en Ayla egter wel
hiervan uitgevind? (1)
1.14 Hoe sal jy die toon van Xander
se woorde aan die einde van die derde aanhaling beskryf? Kies die antwoord wat
jy dink die beste is.
A nuuskierig
B dreigend
C sarkasties
D belangstellend (1)
[15]
Vraag 2 Meerkeusige vrae
Skryf elke keer die letter van die verkeerde antwoord neer.
2.1 Die Basilica Cistern
A Dit is 'n ondergrondse
reservoir.
B Daar swem visse in die water
rond.
C Greg moet Xander daar ontmoet.
D Xander gooi Greg se selfoon
daarin.
2.2 Die Balat-distrik
A Dis waar Xander en Ayla woon.
B Die huise is kleurvol geverf.
C Daar is nie veel misdaad nie.
D Dis 'n baie karaktervolle
woonbuurt.
2.3 Xander
A Hy en Greg vertrou mekaar nie.
B Hy erken dat sy pa 'n skelm was.
C Hy kry 'n onverwagse angsaanval.
D Hy het ook 'n transpondeerder in
sy hand.
2.4 Ayla
A Sy het in Suid-Afrika
skoolgegaan.
B Haar ouers is albei
Suid-Afrikaners.
C Sy glo aan tweede kanse.
D Sy gee die gebrande boek aan
Greg terug.
2.5 Plank ontmoet Candon
A Candon het sy Istanbulkart vir
Plank geleen.
B Hy verkoop groente en vrugte in
'n winkel.
C Hy was baie nuuskierig oor
Suid-Afrika.
D Xander dink Plank was
onverantwoordelik.
[5]
Vraag 3 Paragraaf
|
Ek gaan Xander seker nooit weer heeltemal kan vertrou nie. Nie eens met iets so simpel soos 'n glas limonade nie. (bl. 145) "Jy weet, Greg, ek het nog die heeltyd gewonder of ek jou kan vertrou. Nou wéét ek ek kan nie." (bl. 165) |
Alhoewel Greg en Xander mekaar nie vertrou nie, móét hulle saamwerk om die Baker vas te trek.
Skryf 'n paragraaf
van ongeveer 120–150 woorde oor die noodsaaklikheid van samewerking tussen die
twee. Verwys onder andere na die volgende:
> Wat het Xander by Lawson Kollege gedoen wat veroorsaak het dat Greg hom nie vertrou nie?
>
Watter leuen het Greg vertel waaroor Xander hom in die Basilica Cistern gekonfronteer
het?
> Watter inligting het Greg nie met Xander gedeel nie, waaroor Xander en
Ayla hom konfronteer?
> Hoekom is dit vir Greg noodsaaklik om die Baker te vind?
> Wat het Xander gesien wat hom laat besluit het om saam met Greg te werk om
die Baker vas te trek?
[10]
Totaal: 30
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking