DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 4 Hoofstuk 21 - Hoofstuk 30 (bladsy 105- 137)
Vraag 1 Paragraaf
Skryf 'n paragraaf van ongeveer 150 woorde waarin jy die
insident beskryf wat in die video plaasvind.
|
Oomblikke later kom die video. My kop is nou al so helder van Dain se
Ritalin, dat die beeld byna in my retinas vasbrand. |
[bladsy 109]
Noem onder andere die volgende in jou paragraaf:
>
Wat is die titel van die persoon wat hier teruggestel word? (1)
> Waar, en gedurende watter tyd van die dag, vind die teregstelling plaas?
(2)
> Wie is een van die "vier ander ouens" in die aanhaling? (1)
> Wat is dié persoon se funksie tydens die teregstelling? (1)
> Wie is die kind van wie die man hier praat? (1)
> Beskryf kortliks hoe die slagoffer tereggestel word. (4)
[10]
Vraag 2 Kontekstuele vrae
|
"Chloe, doen asseblief net hierdie een gunsie vir my. En later help
ek jou met jou kunsprojek. Oukei?" |
[bladsy 119]
2.1 Wat is die "rysgedoente"
waarvan Chloe praat? (1)
2.2 Wat wil Greg hê moet Chloe doen
om Xander te mislei? Sê kortliks. (2)
2.3 Wat is hy bereid om vir Chloe te
doen in ruil daarvoor? (1)
2.4 Waarvoor het Greg 'n
gemanipuleerde foto van sy hand nodig? (1)
2.5 Waar beland die rysgedoente
uiteindelik? (1)
2.6 Hoe affekteer dit (jou antwoord
in 2.5) Greg se besoek aan Istanboel? (1)
2.7 Wat doen Xander in Istanboel om
seker te maak dat Greg wel die rysgedoente in sy hand ingeplant het? Sê
kortliks. (2)
2.8 Hoe reageer Xander as hy besef
dat Greg vir hom gejok het? (1)
[10]
Vraag 3 Kortvrae
Greg kry verskillende opdragte van Xander. Beantwoord die volgende vrae asof jy Greg is:
3.1 Wat moes jy met die transpondeerder doen wat Xander gestuur het? (1)3.2 Hoe moes jy aan Xander bewys dat jy dit gedoen het? (1)
3.3 Wat het egter skeefgeloop met die transpondeerder? (1)
3.4 Wat moes jy met jou skootrekenaar doen? (1)
3.5 Waar het jy uiteindelik van jou selfoon ontslae geraak? (1)
3.6 Hoe het jy dit gedoen? (1)
3.7 Hoe het jy jou vliegkaartjie in die hande kry? (1)
3.8 Waar moes jy vir 'n e-visum aansoek doen? (1)
3.9 Wat moes jy doen om van Istanboel lughawe tot in Sultanahmet te kom? (1)
3.10 Waar in Sultanahmet moes jy Xander ontmoet? (1)
Totaal 30
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking