DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 3
Hoofstuk 14 - Hoofstuk 20 (bladsy 71–104)
Vraag 1 Meng en pas
Pas die name hieronder by die beskrywings, en skryf slegs die nommers en letters neer wat bymekaar hoort.
|
1.1 |
Mildred Fortuin |
A |
'n Reguit persoon met 'n diep stem |
|
1.2 |
Generaal Winters |
B |
'n Politikus met 'n honger oog |
|
1.3 |
Rebecca Lawson |
C |
Dié persoon het op 'n plaas grootgeword |
|
1.4 |
Joggie Dreyer |
D |
'n Skynbaar korrupte industriële tycoon |
|
1.5 |
Sebastian Stadler |
E |
So fake soos 'n freakin' plastiekpotplant |
[5]
Vraag 2 Paragraaf
Skryf 'n paragraaf van ongeveer 150 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
In jou paragraaf moet jy die volgende aspekte aanspreek:
2.1 Greg se ontmoeting en gesprek met Sebastian Stadler
>
Waar sit Greg en Sebastian Stadler en gesels? (1)
> Wat het Greg en Sebastian se vrou blykbaar gemeen? (1)
> Waar het Sebastian Stadler sy kinderjare deurgebring? (1)
> Wie was skynbaar die oorsaak van Stadler se moeilike kinderjare (1)
> Wat sê Sebastian vir Greg wanneer Greg wegry? (1)
OF
2.2 Greg se gesprek met Thomas Lawson in sy studeerkamer
>
Wat is Greg besig om te doen wanneer Thomas Lawson hom na sy studeer-kamer toe
ontbied? (1)
> Wanneer was die vorige keer dat Greg na Lawson se kantoor ontbied is? (1)
> Wat dink Thomas Lawson van Greg se studierigting? (1)
> Waarmee wil Thomas Lawson Greg help, volgens hom? (1)
> Wat dink Greg is die enigste rede dat Lawson hulp aanbied? (1)
[5]
Vraag 3 Kontekstuele vrae
|
Dis weer 'n Donderdagmiddag. My klasse vir die dag is verby. Ek is op pad na my woonstel, natgesweet na 'n gymsessie, toe ek hom sien. Nee, dis nie Xander nie. Ook nie die ou met die motorfiets nie. Dis 'n onverwagte skim uit die verlede. Tom. Die ou wat vir Xander gehelp het met sy social engineering-aanval. Ek gaan staan toe ek hom sien. Dit ís Tom. Hy herken my ook dadelik. |
[bladsy 83]
3.1 Hoe ken Greg en Tom mekaar? (1)
3.2 Wie was die slagoffers van
Xander en Tom se social engineering-aanval? (1)
3.3 Die laaste keer dat Greg vir Tom
gesien het, was in Clarens. Wat was Tom besig om te doen toe Greg hom die
vorige keer gesien het? (1)
3.4 Greg sien hoe Tom met sy hand
wink dat hy hom moet volg. Waarheen lei Tom hom? (1)
3.5 Xander het Tom gestuur om met
Greg te praat. Wat wil Xander weet? (1)
3.6 Greg is bereid om Xander te
betaal as hy hom help. Hoekom het Xander nie Greg se geld nodig nie, volgens
Tom? (1)
3.7 In watter opsig is Greg
dieselfde as sy pa, volgens Tom? (1)
3.8 Waarvoor sal Greg Xander vergewe
as Xander bereid is om hom te help? (1)
3.9 Hoe eindig Greg en Tom se
ontmoeting? (1)
3.10 Greg sien Tom weer die volgende
dag. Waar sien hy hom, en wat is die omstandighede? (2)
3.11 Hoe weet Greg dis Tom? (1)
3.12 Watter grusame ding vertel Dain as
hy en Greg daaroor praat? (1)
3.13 Wat dink Dain was dalk die rede
vir dié wreedheid? Gee twee moontlike redes. (2)
[15]
Vraag 4 Waar
4.1 hang 'n foto van Dok Pienaar en
ander mense van PlusUltraMed?
4.2 is meer as vyf honderd mense regop
begrawe?
4.3 doseer professor Kabi, die gasdosent,
voltyds?
4.4 het Dain gehoor wat met Tom gebeur
het?
4.5 was Greg se ma toe sy agtervolg en
afgeneem is?
[5]
Totaal: 30
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking