Maandag 02 Maart 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 2

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS 

Hoofstuk 6 - Hoofstuk 13 (bladsy 37–70) 

Vraag 1          Kontekstuele vrae

Greg vlieg vir die langnaweek Johannesburg toe. Hy is emosioneel uitgeput wanneer hy Sondagaand tuiskom.

Die Uber wag alreeds buite die OR Tambo-lughawegebou vir my toe ek uitstap. Dit is al laat toe ek uiteindelik voor ons huis stop. Uit my broeksak grawe ek my huissleutels, druk die afstandbeheer en stap met die oprit huis toe.

Daar brand lig in my ma-hulle se kamer, ook op die stoep. Dis waar ek uiteindelik my tas neersit, die deur oopsluit en die skok van my lewe kry.

By Kaapstad-lughawe kry ek my kar en ry Stellenbosch toe. Ek besef eers toe ek by die Spier-wynlandgoed verbyry dat ek nie weet hoe ek hier gekom het nie.

[bladsy 56, 67]

1.1     Watter groot verrassing/skok kry Greg wanneer hy by sy ouerhuis in Johannesburg aankom? (1)
1.2     Hoe reageer Greg wanneer André sy hand wil skud? (1)
1.3     Wat bedoel Greg as hy sê: "... ek het meer van hom gesien as wat ek graag sou wou"? (1)
1.4     Greg besoek sy pa op Goeie Vrydag.
1.4.1  Waar is sy pa? (2)
1.4.2  Wat sê sy pa op 'n stadium wat Greg laat opspring en wegstap? (1)
1.4.3  Hoe wil Greg sy pa help, volgens Greg? (1)
1.4.4  Hoe reageer Greg se pa wanneer Greg die naam "Valkyrie" noem? (1)
1.4.5  Waar kom Greg aan die naam "Valkyrie"? (1)
1.4.6  Vir wie sien Greg wanneer hy later vertrek? (1)
1.4.7  Met watter gesigsuitdrukking kyk dié persoon Greg aan? Kies jou antwoord uit die volgende:
A        blydskap
B        verbasing
C        skok
D        haat (1)
1.5      Wie wag in 'n rooi motor wanneer Greg by sy ouerhuis kom? (1)
1.6      Die persoon in die motor is nie alleen nie. Verduidelik. (1)
1.7      Wat het die persoon daar kom doen? (1)
1.8      Watter groot verrassing/skok kry Greg wanneer hy Sondagaand weer by sy woonstel in Stellenbosch aankom? (1)

[15]

Vraag 2          Die Trollips

Kies elke keer die regte stelling en skryf dit neer.

2.1  Greg dink Rian Trollip kan dalk die Baker wees.
2.1  Greg dink Rian Trollip kan dalk die Butcher wees.

2.2  Rian en Greg se pa was deel van 'n gemeenskapsprojek.
2.2  Rian en Greg se pa het saam gholf gespeel.

2.3  Rian Trollip en sy vrou kon baie mooi sing.
2.3  Rian Trollip en sy vrou kon baie mooi dans.

2.4  Trollip het Greg baie ongemaklik laat voel.
2.4  Trollip het Greg se broer John ongemaklik laat voel.

2.5  Rian wou weet of Greg na Lawson Kollege toe gaan.
2.5  Rian wou weet of Greg in Stellenbosch gaan studeer.

Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

2.6   Rian Trollip het homself blykbaar in sy tronksel opgehang.
2.7   Die Candlestick-maker het Rian Trollip se begrafnis bygewoon.
2.8   Rian Trollip se vrou is skynbaar aan dwelms verslaaf.
2.9   Rian Trolllip se foto was heel bo in PlusUltraMed se organogram.
2.10 Rian Trollip is op 'n stadium vir mensehandel gearresteer.

Kies telkens die regte opsie oor mevrou Trollip uit die volgende:

2.11   
A    Sy het maar man, Rian, die hele tyd ondersteun.
B    Sy het haar man aan die polisie rapporteer.
C    Sy het haar man vir 'n egskeiding gedagvaar.
D    Sy het 'n verhouding met 'n ander man begin.

2.12   
A    Sy was saam haar man by PlusUltraMed betrokke.
B    Sy erken dat Rian by Project Nursery Rhyme betrokke was.
C    Sy dink haar man het onskuldig in die tronk beland.
D    Sy en Rian se broer het Rian se boedel betwis.

2.13   
A    Die foon is beset wanneer Greg haar die eerste keer bel.
B    Greg sit op sy balkon wanneer sy hom terugskakel.
C    Greg vertel haar dat hy 'n mediese student is.
D    Sy wil Greg baie graag help, maar sy het gaste.

2.14   
A    Sy was baie hartseer op haar man se begrafnis.
B    Sy het moontlik 'n ernstige drankprobleem.
C    Sy en Rian het baie graag in Suid-Afrika rondgereis.
D    Sy kon nooit swanger raak en kinders hê nie.

2.15   
A    Sy druk die foon dood terwyl Greg nog praat.
B    Sy sê Greg moet haar nie weer skakel nie.
C    Sy vloek Greg wanneer hy haar weer skakel.
D    'n Vreemde stem antwoord as Greg weer skakel.

[15]
Totaal 30

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking