Donderdag 19 Februarie 2026

TUIMELTREIN HERSIENINGSTOETS - René van Zyl

TUIMELTREIN Hoofstuk 3 en 4 - René van Zyl

VRAE

Vraag 1          Kontekstuele vrae

 

Abby klou om lewe en dood aan Jasper se lyf. Dit lyk egter of Jasper heeltemal in beheer van die motorfiets is.  Een of twee keer gil sy en Henri ewe hard wanneer dit lyk of die voertuig gaan kantel, maar dan is hy weer op sy wiele en jaag voort asof hy op 'n tuimeltein se ysterbaan gly.

[bladsy 54] 

1.1      Waarvandaan kom die drie jongmense nou net, en waarheen is hulle op pad? (2)
1.2      Hoekom sal hulle nuwe bestemming beter wees? Noem een ding. (1)
1.3      Hoekom weet Abby so baie van dié plek af? (1)
1.4      Die drie jongmense hoor later hoe Alet van Heerden oor hulle skinder.
1.4.1   Wat sê Alet van Abby se gedrag tydens 'n atletiekoefening? (1)
1.4.2   Wat sê sy van Henri? (1)
1.4.3   Watter voorbeeld gee sy van Jasper se aggressiewe optrede ? (1)
1.5      Waar word die klubhuis se sleutel gebêre, en hoe weet Abby dit? (2)
1.6      Hoekom bel die drie jongmense nie hul ouers wanneer hulle in die klubhuis kom nie? (1)

[10]

Vraag 2          Vrae aan Koos

Hier is vrae wat aan Koos gestel word. Beantwoord nou die vrae volgens die teks asof jy Koos is.

2.1  "Jy hou nie daarvan as mense jou 'n boemelaar noem nie. Wat verkies jy om jouself te noem?" (1)
2.2  "Jy noem die grot 'Mi casa'. Wat bedoel jy daarmee?" (1)
2.3  "Hoekom het jy Jasper aangeraai om die motorfiets in die grot te versteek?" (1)
2.4  "Watter vleiskos het jy vir die jongmense aangebied?" (1)
2.5  "Waar kry jy ander kos om te eet?" (2)
2.6  "Waar kry jy die klere wat jy hier in jou grot het?" (2)
2.7  "Henry het nie geld gehad om klere by jou te koop nie. Hoe het hy daarvoor betaal?" (1)
2.8  "Hoe het jy gevoel toe die jongmense weer vertrek het? (1)

[10]

Vraag 3          Paragraaf

Terwyl die drie jongmense in die klubhuis is, vind 'n fratsongeluk plaas.

Skryf 'n paragraaf van ongeveer 150 woorde waarin jy vertel wat alles hier gebeur totdat die drie die klubhuis verlaat.

Sorg dat jy die volgende aspekte in jou paragraaf aanspreek:

> Hoe kry die indringer dit reg om by die klubhuis in te kom? (1)
> Wat is die drie jongmense op daardie oomblik besig om te doen? (1)
> Wat doen die indringer as Jasper hom probeer slaan? (1)
> Wat het die indringer blykbaar in die klubhuis kom doen? Sê kortliks.(1)
> Hoekom doen hy so 'n drastiese ding? (1)
> Vertel kortliks wat gebeur wanneer die man op 'n stoel bo-op 'n tafel klim? (3)
> Hoekom is die drie jongmense magteloos om die fratsongeluk te voorkom? (1)
> Wanneer dink Abby sal die indringer se lyk ontdek word? (1)

[10]

Totaal: 30

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking