Maandag 23 Februarie 2026

DONKER WEB HERSIENINGSTOETS – Fanie Viljoen

DONKER WEB - HERSIENINGSTOETS 1: Voorgebeure - Hoofstuk 5 (bladsy 7–36)

Vraag 1       Kontekstuele vrae

 

Môre is dit tyd vir 'n nuwe begin. Die een of ander tyd moet 'n mens voortgaan. Dis die lewe. By die deur staan die bokse, tasse en ander goed wat môre moet saamgaan.

Met 'n pet op die kop en gemaklike klere aan, dra ek die volgende oggend die eerste bokse na die kar in die oprit. 'n Nuwe BMW 118i-sportmodel. Die twee tasse volg. Dan 'n klomp losgoed, en natuurlik my laptop-rugsak. Alles pas lekker agter in die kar.

[bladsy 12, 17]

1.1     Môre is dit tyd vir 'n nuwe begin. Watter stad verlaat Greg, en in watter dorp gaan hy 'n nuwe begin maak? (1)
1.2     As 'n mens kyk na al die bagasie wat Greg gaan saamneem, is dit duidelik dat hy vir 'n lang tyd weggaan. Verduidelik hierdie stelling kortliks. (1)
1.3     Hoe kon Greg dit bekostig om 'n splinternuwe sportmotor te koop? (1)
1.4     As Greg nie kan slaap nie, gaan hy na John se kamer toe. Hoekom is John nie in sy kamer nie? Sê kortliks. (2)
1.5     Greg en John het baie waaghalsige dinge saam gedoen. Noem twee hoë plekke waarvan hy en John saam afgespring het. (2)
1.6     Die Meksikane glo elke mens sterf drie dode. Voltooi die sinne:
1.6.1  Die eerste dood is ... (1)
1.6.2  Die tweede dood is ... (1)
1.6.3  Die derde dood is die dag wanneer niemand jou meer onthou nie. Wat doen Greg net voor sy vertrek om die derde dood te besweer? (1)

[10]

Vraag 2       Paragrawe

Kies enige twee van die onderstaande ontmoetings en skryf 'n kort paragraaf van ongeveer 120 woorde oor elk. Sorg dat jy die volgende aspekte in jou paragrawe aanspreek:

2.1   Greg se ontmoeting met die vrou in die B&B in Beaufort-Wes.
>      Waar het die vrou Greg al voorheen gesien?
>      Watter kriminele ding het Greg se pa gedoen, volgens die vrou?
>      Hoekom is sy baie bly dat Greg se pa-hulle gevang is?
>      Wat gebeur met die stoel wanneer Greg woedend opspring?
>      Wat wil sy weet wanneer Greg by die eetkamer uitstorm?

2.2   Greg se ontmoeting met Chloe en haar vriendinne
>      Waar is Greg wanneer hy Chloe-hulle die eerste keer ontmoet?
>      Waar woon Chloe?
>      Wat sê Chloe as sy hoor dat Greg nie 'n meisie het nie?
>      Hoe reageer Greg as Chloe hom vir koffie nooi?
>      Hoekom dink jy is Greg nie gretig om vriende met Chloe te wees nie?

2.3   Greg se ontmoeting met die dronk student tydens die straatfees
>      Wat gebeur dat Greg sê: "Kyk wat jy doen, ou!"
>      Waarvan beskuldig die student Greg in sy dronk toestand?
>      Waar het hy al voorheen foto's van Greg gesien?
>      Wat doen Greg as die man hom van verraad teenoor sy eie pa beskuldig?
>      Hoe reageer die omstanders as hulle besef wie Greg is?

[2 x 5 = 10]

Vraag 3       Meerkeusige vrae

Kies elke keer die korrekte antwoord uit die volgende moontlikhede.

3.1   Wat gaan Greg se ma doen as hy weg is?
A     Sy wil 'n oorsese reis onderneem.
B     Sy sal aangaan met haar lewe.
C     Sy sal binnekort ook Kaap toe trek.
D     Sy sal elke dag in John se kamer sit.

3.2   Wat het Greg se ma soms gedoen as sy vasgekeer in die huis gevoel het?
A     Sy het buite onder die bome in die tuin gaan sit.
B     Sy het na John se kamer toe gegaan en gehuil.
C     Sy het die vensters toegemaak en begin skree.
D     Sy het 'n vriendin gebel en oor die foon gepraat.

3.3   Greg dink aan sy matriekjaar by Lawson Kollege. Wie was aanvanklik die skoolhoof?
A     Alec Pienaar
B     Joan Gibbs
C     Thomas Lawson
D     Chris Owen

3.4   Hoe het Kwanele reageer toe Greg die skool die laaste keer besoek het?
A     Hy het Greg geïgnoreer.
B     Hy het Greg omhels en gehuil.
C     Hy het nie geweet Greg was by die skool nie.
D     Hy het Greg se hand geskud.

3.5   Waar gaan Greg bly terwyl hy op universiteit is?
A     in 'n koshuis
B     in 'n B&B
C     in 'n enkelwoonstel
D     in 'n hotel

Kies elke keer die verkeerde antwoord uit die volgende moontlikhede.

3.6   Greg se nuwe woonplek
A     Dis op die grondvloer.
B     Dis nuut uitgeverf.
C     Dis ten volle gemeubeleer
D     Dit het Wi-Fi.

3.7   Vensters
A     Greg help om die dekor vir die opvoering te verf.
B     Greg oefen hard saam met die res van die groep.
C     Greg help om die doek teen die verhoog op te hys.
D     Greg neem entoesiasties aan die vertoning deel.

3.8   Greg studeer Sportwetenskap.
A     Dit is 'n driejaarkursus
B     Sy pa was bly dat hy hierdie studierigting gekies het.
C     Sportervaring is 'n verpligte deel van die kursus.
D     Greg kies om rugby te speel.

3.9   Lisa
A     Sy het swart hare en blou oë.
B     Sy studeer vir 'n BCom-graad.
C     Plank het haar in 'n kroeg ontmoet.
D     Sy woon by haar ouers.

3.10 Lisa se pa
A     Hy veroorsaak 'n verkeersknoop.
B     Hy ry 'n deftige Mercedes Benz.
C     Hy vergeet nooit 'n gesig nie.
D     Hy rig 'n waarskuwing aan Greg.

 [10]

Totaal: 30

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking